96 DR650 storie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Berty77

Race Dog
Joined
Aug 13, 2010
Messages
2,809
Reaction score
73
Location
Kuilsrivier
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ekt so paar maande terug n baie oorspronklike DR by Jurgen gekry. Mooi lae kms met geen aftermarket parte nie, nie eers n bash plate of carrier rack nie. Dit is asof tyd stil gestaan het vir die eksemplaar met geen liefdevolle eienaar wat hom wou opkikker met n stelletjie Mikuni jets of selfs n nie OEM lug filter nie. Die Japanees geinstalleerde filter was gaar so ekt hom n nat nuwe Twinair ingesit en n Oem Mikuni 145/45 jet stelletjie. Sy ou miervreterjie snorkel is nog in plek en die Suzuki uitlaat pritprit nog baie mooi.
Die vacuum petcock het sy agterent gesien so ekt dit maar vervang met n Droomers Yamaha 660 raptor aan-af item.
Nou op die lys is dit tyd om die 27jarige ou olie uit die voor en agter vere vry te laat en vars goud in te sit. Ekt n bargain stel vere vir die vurke by Super Mike gekry, maar is nog opsoek na n harde agter veer vir my dikgat. Weet julle waar ek kan kry? My gewone kontakte het bogerol.
Nuwe tekkies is ook by Tracmac laat opsit met n D606 agter en n Gibson Tech 8.1 voor.

Die outjie is nou amper waar ek hom wil hê, ek gaan hom nie ADV nie. Net n lekker gesorte trail DR wat my 120kg liggaam kan gelukkig maak.
 
Top