F650 twin Suspensie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Johan10

Puppy
Joined
May 9, 2012
Messages
39
Reaction score
0
Location
Queensland
Bike
Husqvarna (all models)
More Honde,

Die naweek was ek en Pom17 so bietjie op 'n pel se plaas en daar was 'n lekker grondpad (met losserige poeier bo op soos die lorries hom trap) wat ons en 'n oom op sy F800 die een dag aangevat het.

Die twee 800's was myle voor my en het my elke keer in die stof laat byt. Ek kon nie verstaan hoe die manne dit regkry nie.

Die probleem was dat my 650 so stabiel soos 'n plaaswerker op 'n saterdag aand was. Ek het sopas nuwe K60's opgesit en 'n helse verskil verwag van die Tourance's af. Sodra ek oor 80km/h gekom het het die voorwiel begin rondseil en ek het nooit gevoel die fiets is geplant en reg om te doen wat ek wil he nie, sit of staan het ook nie verskil gemaak nie.

Ek het toe gaan lees oor redes vir dit. (Die search funksie op die forum ook gebruik.) Die een ding wat ek op afgekom het was dat die suspensie nie reg gestel is nie. Ek is 1.84 en 90kg met ATGATT.
Enige van julle wyser manne dalk 'n paar idees waar ek kan begin om te verstel? Ek besef dat die 650 se suspensie kak is op 'n goeie dag, maar dit kan nie so aangaan nie.
 
Top