Dag 4
Soos genoem was dag 3 een van die rofste dae van my en ook seker my spanmaat se lewens. Die slaap was ook min as gevolg hiervan en ek was baie dankbaar vir die slaappil wat my spanmaat by [member=4807]Losper[/member] kon kry. Die nag se wind was weer genadeloos en Team Rumbux het op ‘n tent besluit... Elke nou en dan met ‘n rukwind het dit gevoel of iemand ‘n emmer sand bo by die tent ingooi – gelukkig weet [member=22614]PhantomCupcake[/member] nie veel hiervan nie
[member=3864]Rickus[/member] het ook kraakvars gelyk, en [member=22711]Hollywood[/member] het dubbel seker gemaak sy maat oorleef en het hom ‘n inspuiting gegee. Of dit Terramycin of Vit. B was is ek nie seker nie, maar dit was Hollywood se eerste ervaring aan die beter kant van ‘n spuitnaald...ek sal die video probeer laai...
Dag 4 was sekerlik een van die mooiste dae wat ry aanbetref – met mooi bedoel ek die roete was ongelooflik, met net genoeg moeilike stukkies tussen in om my wakker te hou, maar die omgewing was asemrowend – die enigste bult in Bultfontein is waar die Welkom pad bo-oor die Wesselsbron pad loop met ‘n brug. Hierdie wêreld het ek nog nooit gesien nie en dis verseker ‘n plek wat ek nog vir die huismense wil gaan wys.
Ons het weggetrek met ‘n stukkie teerpad met ‘n donderbui in die agtergrond. In die pas (Spektakelpas) het ek besef gister se dinge sit nog in Team Rumbux se tande vas. Of is dit in ons speke? Ek en Jodan was beide oorversigtig en skrikkerig en het die ritme van die konvooi (wat nou geloop het soos ‘n muis met slippers) bietjie deurmekaargekrap – ek omdat ek moeg was en nie ‘n glips wou hê nie, en hy omdat hy, soos ek, aan vertraagde reaksies ly en deur die nag iewers eers besef het hoe lelik sy abseil storie kon uitdraai.
Nou altwee van ons is ROOI. Dit beteken kortliks ons is nie noodwendig van die lekkerste mense nie, en dit het ons huwelik bietjie getoets. Ek noem dit huwelik, want die dag se gesprekke het omtrent so iets geloop:
Ek: “Tjomma, is jy okay?”
Jodan: “Ja”
Ek (in my kop): “Kak man, as jy okay is, is my naam Chuck Norris” en dan hardop: “great! Hoe voel jou been?”
Jodan: “Hy is seer maar eks reg”
Ek: “Hoe is die ryery?”
Jodan: “Dit gaan oraait”
Ek: (weer in my kop): “jy is nie by die huis nie, ontspan, gee die ou sy ruimte” en dan weer hardop: “nou kap hom flou maat, lekker ry!”
Nou op die Quest is almal onder druk – dalk meer druk as wat baie mense kan hanteer, maar die verskil is hier is nie ‘n keuse nie – almal is saam hier in en almal moet saam hier uit. En tyd in die helmet is baie waardevol – jy het genoeg tyd om te kan introspeksie doen en agter te kom dat almal nie soos jy is nie, en ook genoeg tyd om te besef watter seëning dit vir die wêreld is :biggrin:. Ons het ook tyd gemaak om krapperighede uit te gesels, soms met die hulp van die amptelike Quest huweliksberader, [member=61]Kamanya[/member] . Sy Lumina profiele het vir my baie beteken – ek kon in die tyd van min slaap bietjie loer na my en my spanmaat se verskille en bietjie mooi nadink hoe ek hom kan help eerder as frustreer as ek dink hy trek swaar. En vice versa.
Die roete het min tegniese dele gehad en Team Rumbux het, ahoewel nie op ons snykant nie, ‘n redelike goeie dag gehad en nie te veel crashbar toetse gedoen nie. Die eerste deel deur die privaat grond was van die mooiste en lekkerste ry wat ek nog gedoen het. Eintlik die heel dag – ek wonder gewoonlik of die mense wat daar bly dit ook nog so kan waardeer?
Vandag was my rusdag – ek was moeg en sou verseker foute gemaak het op tegniese terrein – ek was selfs dankbaar toe ons mekaar moes deur die rivierloop help – ‘n stukkie wat op enige ander dag nie noodwendig eers ‘n fotograaf sou gehad het nie
eepwall:
Vandag was ‘n goeie dag – die wêreld was beeldskoon, my kop was amper skoon en ek het van iewers af die wysheid gekry dat dit okay is as iemand sy dinge op sy eie manier uitwerk. En hy het – ek het aan die einde van dag 4 gesien dat hierdie jong spanmaat van my ‘n baie groter yster is as meeste ouens van dubbel sy ouderdom. Die man se kop was sterk. Baie sterk. (En redelik gepak met inligting soos Encyclopedia Brittanica – hy sal nie weet wat dit is nie, so in sy taal: Wikipedia). En hy kon daai Africa Twin ry. Bike 11 het sy naam op gehad...