Itchy Boots - New Season

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
I would love to visit Türkiye and Iran. Countries extremely rich in history and culture. I believe very friendly people too.
Jy sal Iran geniet! Ongelooflike geskiedenis - basies die bakermat van wat die Westerse kultuur en wêreldsiening geskoei het. Kyk hierdie prentjies. Ek dink daaraan as 'n Kodak moment van so 3000 jaar gelede (Persepolis). My bek het omtrent oopgehang om all daai manjifieke kuns te aanskou.
1730443997486.jpeg

1730444026736.jpeg
 
Jy sal Iran geniet! Ongelooflike geskiedenis - basies die bakermat van wat die Westerse kultuur en wêreldsiening geskoei het. Kyk hierdie prentjies. Ek dink daaraan as 'n Kodak moment van so 3000 jaar gelede (Persepolis). My bek het omtrent oopgehang om all daai manjifieke kuns te aanskou.
View attachment 923578
View attachment 923579
Dis waar die boere hul bees/skaap/bok "pose" vandaan kry. Daar is mos 'n manier om 'n plaasdier te laat staan vir 'n foto. Die Oosterlinge het al 3000 jaar gelede geweet hoe 'n dier moet staan🤠
 
Jy sal Iran geniet! Ongelooflike geskiedenis - basies die bakermat van wat die Westerse kultuur en wêreldsiening geskoei het. Kyk hierdie prentjies. Ek dink daaraan as 'n Kodak moment van so 3000 jaar gelede (Persepolis). My bek het omtrent oopgehang om all daai manjifieke kuns te aanskou.
View attachment 923578
View attachment 923579
Sonder om nou té vêr van die onderwerp af te dwaal maar ek sal waaragtig dit geniet om soëntoe te reis en daai lande te ervaar. Ek dink die media het mense al so mislei oor die Midde-Ooste en hulle mense en kultuur dat meeste mense daai lande sommer as die setel van die Hel vanself beskou. Ek ontken nie hulle radikalisme en geloof wat 100% teenstrydig met die Christen geloof is nie maar die kultuur, geskiedenis en gewone mens is vir my baie interessant. Ek onthou my Pa was hier in die '70s in Türkiye gewees en kon net vertel hoe hoflik en vriendelik die mense was.

Die Weste is vir my net té op té veel vlakke. Maar dis 'n heel ander bespreking.

Jy is bevoorreg om daar en al die ander plekke wat jy al was, te kon besoek. Soek jy nie iemand om volgende keer jou koffer uit die huurmotor na die hotelkamer toe te dra nie?
 
Baie baie waar Johan.
En ja, heel toevallig was Israel LOShande die kakste plek wat ons kon gehoop het om in te wees.
NOOIT weer nie.
Ek sou nogal like om Rusland te sien, en dan die ou Oos Blok lande.
Vietnam ook.
 
Ek weet ook nie van Indie nie, pass. Die midde Ooste is net baie warm. Jy loop letterlik van die een kafee na die volgende net om water in die hande te kry.
 
Ek onthou my Pa was hier in die '70s in Türkiye gewees

My pa en suster het Turkye vir ses weke plat geloop in 1991. Hyt gesê een van die mooiste lande wat hy ooit beleef het veral teen die kus. Al wat hy nie van gehou het was hul heeldag se tee suipery!! ( hy was nie n tee drinker)
 
My pa het altyd vertel van 'n tannie wat vir hom en 'n paar vriende 'n koppie tee aangebied het toe kap die een "'n koppie tee sal darem nou swaar in 'n sondaar se keel afgaan";)
 
Ek onthou my Pa was hier in die '70s in Türkiye gewees

My pa en suster het Turkye vir ses weke plat geloop in 1991. Hyt gesê een van die mooiste lande wat hy ooit beleef het veral teen die kus. Al wat hy nie van gehou het was hul heeldag se tee suipery!! ( hy was nie n tee drinker)
Jis ou
Dis AL wat hulle doen.
Tee suip en bubbly rook.
As jy by n shoppie ook instap, kry jy tee.
Maar moer nice okes.
 
En moenie n man se eerste prys sommer wil betaal nie!!! Die man is dadelik in die gesig gevat en jy ontneem hom van n arm draaiery. Hulle wil tee suip en onderhandel kibbel oor prys al kry hulle minder. Of dalk wat hulle anyway wou gehad het.
 
Baie baie waar Johan.
En ja, heel toevallig was Israel LOShande die kakste plek wat ons kon gehoop het om in te wees.
NOOIT weer nie.
Ek sou nogal like om Rusland te sien, en dan die ou Oos Blok lande.
Vietnam ook.
Stem oor die Oos Blok lande, Rusland ook. Daai 'Stans, ook Mongolia se Ulaanbatar gebied. Daai moerse groot groen vlaktes met die groot berge so in die agtergrond. :love: As ek die taal kon praat het ek sommer daar gaan woon. Dis vir my loshande die land wat op die beste pad is. En dan Argentinië en Chile, veral Terra del Fuego. Nee hel, ek weet as ek eers begin dan sal my jeukvoete nooit ophou nie. Ek bly maar net hier. Gelukkig het ek hulle nogal baie in my jong dae gekrap.

Wes-Europa, die VSA, Kanada het ek geen begeerte om weer te besoek nie. Ek het in die afgelope jare 'n afgryse in hulle kultuur gekry. Asiese lande soos Sjina, Maleisië, Taiwan, Hong Kong, Indië ens en Australië en NZ kan ook maar verbyhou.
 
Jis ou
Dis AL wat hulle doen.
Tee suip en bubbly rook.
As jy by n shoppie ook instap, kry jy tee.
Maar moer nice okes.
Solank dit Vyf Rose Earl Grey is, kan hulle maaar skink. 06h00, 10h00, 13h00 en 18h00. :cool::coffee::love: En moenie met daai klein vingerhoedtjies kom nie. Ek soek 'n beker tee. 2 suikers.
 
Australië

Ek praat nie australies nie,maar ek sal kan verdwyn in daai land. Menigte klein dorpies met min mense in die Outback. My neef is bestuurder op n druiwe plaas daar. Nog 3 jaar dan kom hy huistoe. Hy mag nie langer werk as 64. Massiewe wyndruiwe en uitvoer druiwe set up. Al die bestuurders is SAFFERS. Eienaar en sy twee seuns is stunning mense. My neef se vrou werk net pak tyd in die pakstoor en buite oes tyd verf sy die plaas geboue. Kry stink klomp geld vir die werwery dus kan sy elke jaar kom kuier.
 
Top