Kaap-Baviaans-Grootrivier-die Hel-Kaap grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

user 13475

Race Dog
Joined
Aug 12, 2012
Messages
1,437
Reaction score
34
Ok, ek wou al laasjaar die trip doen maar ander dinge het voorgeval.  Hierdie jaar is dit aan.

Die basiese roete is maksimum grondpad en so ongeveer 1900km in 4 dae.  Ek hou van RY en die wereld sien baie meer as om in pubs te kuier.  >:D

27 Des. Kaapstad tot De Rust via Malgas (587km)
28 Des. De Rust tot Steytlerville via Patensie (368km)
29 Des. Steytlerville tot die Hel via Willowmore (440km) (Genoeg tyd om tent op te slaan en dan tot by punt te ry.)
30 Des. die Hel tot Kaapstad (514km)

Ek het nie al die teer gedeeltes opgetel maar dit behoort minder as 300km te wees.  Ons mag dalk 'n gesluite hek tussen Botrivier en Malgas kry.

Slaap plek is vir kampeer gereel en ons sal elke oggend 7:00vm op pad wees.  Dit sal ons oor as genoeg tyd vir 3 foto stoppe per dag  >:D  gee en nogsteeds vroeg by die kampplek aankom. (ek doen die video ding sommer so in die ry met 'n hand 'actioncam')

Op die oomblik is ons 3 fietse en moontlik nog 3 wat op pad gaan bykom.  Julle kan ook hier lees wat 'n paar van my pelle beleef het wat die langnaweek ook deur Baviaans/Grootrivier was:

https://www.bmwmotorcycleclubcape.co.za/carpe-die-naweek


As daar nog manne (en manninne) is wat kans sien na hulle die tripreport hierbo gelees het wil saamry laat maar weet. (al is dit net deur die twee passe en Die Hel)

(roete is in ZIP)

Adie

Laat ons Stof Maak


 

Attachments

  • Baviaans 2014.JPG
    Baviaans 2014.JPG
    332.9 KB
  • Baviaans 2014.zip
    290.3 KB

Latest posts

Top