Ek sien jy het darem ook n paar koffie 'seremonies' gedoen!
Weetnie of hulle vir jou ook popcorn aangebied het so saam die koffie nie - klein koppies!
Hulle verstaan nie ons boere vat groot koppie nie!
Ek het vir my van daai keteltjies saam huistoe gebring, dink hul roep hom Jabana of so iets.
Naderhand het ek so gewoond geraak aan hulle tradisionele injera suur pannekoek en tips dat ek dit begin geniet het.
Moet se my ervaring van Ethiopia was baie aangenaam, baie meer as Suid Sudan.
Noord Sudan in die Arabierse area is die mense baie vriendelik, maar die Dinkas in die Suide was vir my die ongemaklikste ondervinding ooit in Afrika hoewel ek tog weer deur Juba eendag sal wil gaan, al is dit net om te sien hoe die nuwe hoofstad dan nou daarna uitsien.
Ek was daar die tyd voor die verdeling, toe die UN nog onderhandel het om die land te split in twee.
Suid Sudan kort nog n John Gurang voor dit weer goed met hul sal gaan dink ek....dis asof die Dinkas netnie weer rigting kon kry na sy omstrede skielike dood nie
As jy in Khartoum kom, gaan kyk daar is n brug oor die NYL, en dis waar die Blou en die Wit Nyl bymekaar kom. Mens kan dit duidelik sien Schalk, en ek dink dis nogal besonders.
Wees net versigtiger in Sudan met fotos neem, vernaam as daar uniform naby is. Hulle is baie paranoies en ek weet van 2 Suid Afrikaneers wat gearristeer was agv fotos neem van n mooi brug.
Mooi reis Schalk!!
Ons hoor graag meer van jou!!