schalk vd merwe
Race Dog
Dankie my maat vir die foto's en raad. Ja nee ek is dors hier nog net een bier in twee weke gehad. Ek gaan een van die dae 'n bietjie my dors les.ktmkobus said:Jislaaik Schalk daar is min mense wat so 'n avontuur lewe. Ek het baie respek vir jou en ry lekker saam.
Ek het so jaar lank gewerk daar waar jy nou begin rondry. Weet nie of jy teen die Rooi see opry nie, maar kyk uit vir 'n plek genaamd Soma Bay so 60km voor Hurghada. Ons het hom gebou in 2001 - het nogal 'n Gary Player designed gholfbaan.
As jy in Hurghada draai, stop by die 'Spur' - selfde Spur teken as hier by ons. Baie lekker Australiese rib eye steak en selfs bobotie.
El Gouna museum ook 'n nice plek om boots uit te skop en keel nat te maak. Pasop net vir die Sakara - maak seker jy drink die 4%, daai 7% een maak jou gat vinnig stamp.
Ry veilig en geniet dit.