DJLSteenkamp
Pack Dog
m0lt3n said:ChrisL - DUSTRIDERS said:Molt wanneer jy klaar is met RR gooi asb vir ons syfers van wat so n trippie vir vier mense kos. OK nou nie helemal vier mense nie!!
Ons het die naweek nogal daaroor gepraat. Dit was so net onder die R40 000. My vrou doen die budget vir ons vakansies so sy betaal amper als. (ek kan nie budget nie, alle aftrekkings gaan by my af en watookal oor bly kan ek op bikes spandeer )
ons het so 5000km gery, en teen die 8 na 8.5kmpl wat ek gekry het is dit so R9000 net daar aan petrol al klaar. Die 3 nagte in Swakop was so 800 elk en die kamp plekke was seker as gemiddeld so R500 n nag. Dit was 15 nagte so daai is dan rofweg nog so R10k op verblyf.
Omtrent alle besienswaardighede is so R80 per person en soms ekstra vir die kar ook, dan is die kos ook maar duur oor die algemeen. Die duine ry was R800. So kom n mens dan maklik uit by die R1000 n dag spending money, dan prober ons redlik matig wees en nie te veel uit eet en so nie.
[size=12pt]Ja mens kan netsowel oorsee gaan[/size].
Verder my tyres was opgesit vir die trip, die vorige stel was te sag, dit was R11k tweedehands daai Roofrack en drawer system nog R11k (tweedehands) en die tent nog R5k. Ek weet die goed is een keer gekoop klaar gekoop maar die geld moes uitgehaal word nogsteeds.
Nou is dit maar weer n jaar spaar vir die volgende vakansie.
Sal maar nie vir my vrou die wys nie