Namibia Trip..??help???

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

jangys

Race Dog
Joined
Apr 8, 2008
Messages
1,061
Reaction score
2
Location
Mbombela
Bike
BMW R1200GS Adventure
Friend en ek het uitnodiging gekry om die volgende "adventure" te doen..Ek is op die Versys en vriend op 'n Tiger. Dink julle ouens ons sal dit kan doen met ons fietse? of sal ons eerder iets ander moet kry vir die trip??


Ons wil ry Donderdag die 19de Augustus 12uur die aand, dan is ons so 7uur op Koeroeman en dan kort daarna is dit deur die Riefontein grenspos Namibie in. Dit is op die kop 1020km in die eerste dag. Dan slaap ons oor die aand net deur die grens, dan volgende dag is ons op pad na die Visrivier Canoyon toe om te gaan sien hoe dit daar lyk, van daar af is ons op na Luderiz toe. Dan gaan ons Brukaros gaan sien (uitgebrande vilkaan so 300km suid van Windhoek). Van Brukaros op Windkhoek toe. Windhoek na Swakopmund en teen die Skedelkus noord op tot by Ruacana teen die Angola grens, dan draai ons Wes en ons gaan Van Zyls Pas doen, dit is 11km van die moeilikste en mooiste bergpas in die wereld, 2 dae om 11km te doen oor die pas, maar ons slaap een aand op die pas in die berge teen die angola grens tussen die berge en watervalle dan terug tot by Ruacana. Ruacana oos teen die angola grens af deur die Okovango Delta tot by Oshkati.  Dan verder oos tot ons oor die Botswana grens gaan waar ons die Soutpanne deurgaan op die ou Kalahai pad reguit af terug tot in Suid-Afrika weer.


Van 19de Aug en kom terug op die 3rde Sept. Ons laat so twee dae toe vir as iemand homself in die helfde deur val of ons het meganiese probleme. Ons is sover 4 ouens, twee metro polismanne en ek en n’ ander besigheidsman van Heidelberg. Johan het die trip al meer as 10 keer gaan doen so hy is die groep lyer, maar ons gaan gaan om te sien hoe mooi dit is, hoe rof dit is, te lag en n’ moerse jolt e he ... 


Gaan google die plekke wat ek bo vir jou genome het, veral die visrivier canyon, brukaros, en van zyls pas net om n’ idée te kry. Dit gaan die moeilikste trip wees wat ons ooit sal doen, maar die adventure of a lifetime. Elke ou moet R5000 saamvan vir petrol ens. En dan natuurlik jou bike te kit ens ens ...
 
Top