Namiddag uitry

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,351
Reaction score
915
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Die winter is erg die jaar
Te min tyd vir motorfiets ry, ek is 'n fair weather biker, of so geword
Die Overberg is nat en koud en water oral oor
Die canola is mooi en die water het seker bygedra tot dit
Die De bosdam loop steed oor en jammer die ekstra water kon nie gestoor word nie
Die staalbrug oor Botrivier lyk voltooi te wees alhoewel daar steeds padtekens is wat sê die pad is toe



























 
Ek en skoonseun het vanoggend ook 'n draai deur die canolalande gery.
Teerpad tot by Dassiesfontein waar ons suid gedraai het opgrondpad tot by Tesselaarsdal.
Ons het in ligte reen weggetrek uit Helderberg, maar in die Overberg het die son darem hier en daar deur die wolke geskyn sodat die canola sy goudgeel glorie kan wys.
20240817_091602.jpg


Ons het 'n lekker brekfis by Die Poskantoor in Tesselaarsdal geniet.
20240817_094124.jpg

Die gebou dateer 1891 en is 10 jaar gelede gerestoureer.
Die binnekant is besonder interessant, met al die ou meubels en rondstaan-goed.
20240817_094611.jpg


En die kos was besonder aantreklik voorgesit en die smaak was puik.
20240817_102034.jpg

Ons gaan beslis weer daar 'n draai maak

Canola roete.JPG
 
Top