Newbie Mzungu

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

mzungu

Puppy
Joined
Sep 8, 2009
Messages
22
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS Adventure
Raait, heir gaan ons! Ek het my 1st bike in 1999 gekoop, n 650 Dakar swart en wit. Het op my eie gery vir n jaar. Bike te klein geraak en n 1150 Gs gekry. By Oom Jan Staal gaan gaan leer in 2000. Wat n naweek, was die 1ste en laaste keer wat ek sand soos n pro kon ry vir 20m in die put. Daarna moes ek maar op die harde manier leer. Het 50 000km vir die jaar op die Gs gesit en hom vervang met n 2004 GSA. Wat n bike todat ons Moz toe is. Nie meer n bike maar n Tank in die sand. Dit vat 1 sekond om 3 locals van swart na wit te verander nadat hulle gehelp stoot het aan die tank, kon nie eens stop vir die beloning nie, moes maar gooi en hoop hulle vang. n 1200Gs het die Tank vervang en vir baie pret gesorg. Wou nog altyd n Hp2 probeer en het 1 gekry. My lekerste speelding, heeltyd speeltyd. Ons gly maar val nie. Kom nou net terug van n Malawi trip op die Hp. Wou ook weet hoe ry n Gt op die oop pad en 1 gekry om na die Buff te gaan. Op die Malawi trip baie tyd in die saal en besluit die Gt moet gaan en weer plek maak vir n 1200 GSA. Het hom vandag gekry, nou soek die Gt n baas. Dit was die groot bike storie, daar is ook n plastiek storie vir n ander dag.

Ek werk in Uganda vir n paar jaar en geniet julle forum. Kan darem van trips en bike lees as ek nie kan ry. Het al baie saam met n paar Dog's gery. Sien julle weer iewers op n kruis pad as die stof gaan le.
 
Top