Prins Alfred pass, Baviaans and Antoniesberg pass, one long COLD day!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir die goeie woorde, bly as mense my verslag geniet, is tog waarvoor mens hom skryf.

Hans Ambulans said:
That Antoniesberg pass is not your mate....especially not when its wet. I was reading your post now.....en ek dink by myself. Op so n dag gaan jy SEKERLIK omdraai by Patensie. Om daarna nog die pas te doen in daardie weer...RESPEK.

Ja, as ek dalk minder gesukkel het om die bike op te tel sou ek gehou het by besluit om om te draai...maar toe sukkel ek my oor die negatiwiteit sommer!!
Ek dink dit sou n ander storie gewees het as ek een of ander lae kilo pristine bike gery het, want hoe banger jy is vir val hoe meer val jy. Dan sou ek dalk dit anders benader het. Maar nou getuig die bike van meer ervaring as die gemiddelde GS daar buite so wie is ek nou om die stories te laat op droog :)
 
Nee kyk , daardie paaie is nie vir sissies as dit so nat is nie.

Dankie vir die deel ... ek het die RR geniet.
 
Inderdaad pragtig,ek en modder is nou nie juis boesemvriende nie,het daai roete in sonskyn gedoen,dankie tog.
 
Ons is die Sondag oor Antoniesbergpas, en meeste van die snotterigheid was droog.  Vir my was dit net die twee afdraendes voor die pas wat effens moeilik was met die erosie en rotse.  Daardie modderplas het een van ons pelle ook uitgevang.  As Antoniesberg droog is, behoort dit n relatief lekker roete te wees om te ry.

Nice pics en RR!
 
Molten,
Ons was die ouens wat soos vrot velle oor die pad gesaai gele het. Op daai foto van jou kan jy my 1200 sien en net na jy weg is het die ktm, gsa en klr in 'n streep teen daai snotterige bult op gele. Na ons daar op is het dit darem aansienlik makliker geraak. Bly jy het veilig aan die ander kant uit gekom! Ons het daai aand donker in die baviaans aangekom, nat en moeg maar baie gelukkig. Dit was 'n great dag!
 
Goeie werk! Ons het gewonder hoe Antonies jou verder sou hanteer na ons daar in die modder rond gerol het. Bly om te hoor jyt dit gemaak. Klink vir my baie makliker as wat ons daar deur is!
 
Nice RR thanks for the share.  :ricky:
 
Johan10 said:
Molten,
Ons was die ouens wat soos vrot velle oor die pad gesaai gele het. Op daai foto van jou kan jy my 1200 sien en net na jy weg is het die ktm, gsa en klr in 'n streep teen daai snotterige bult op gele. Na ons daar op is het dit darem aansienlik makliker geraak. Bly jy het veilig aan die ander kant uit gekom! Ons het daai aand donker in die baviaans aangekom, nat en moeg maar baie gelukkig. Dit was 'n great dag!
Foxkid said:
Goeie werk! Ons het gewonder hoe Antonies jou verder sou hanteer na ons daar in die modder rond gerol het. Bly om te hoor jyt dit gemaak. Klink vir my baie makliker as wat ons daar deur is!

Ek moes regtig julle voorbeeld daar gevat het en ook reenjasse aangetrek het!
Moet se, toe ek nog mense daar kry dit my regtig baie moed gegee, my vrek baie gehelp om verder deur te druk! Was lekker om te ontmoet en miskien vang ons weer mekaar in die middel van nerens!

Verder, dankie vir die mooi woorde oor my report honde
 
Goeie werk.  Modder en reen bring 'n nuwe ervaring op enige pad.  Dit is waar die adventure tekkie die pad slaat.  Net daar.  Hou aan met die reports en die aksie.  lekker om daarin te kan deel.
 
m0lt3n said:
First picture shows a very interesting rock formation, maybe some geologists can give the fancy name?

in the pictures you can see how the weather steadily turned from nice riding weather, clear and cool, then awesome riding weather where it was slightly overcast before it got unpleasant, cold and raining.

Also had to do the obligatory selfie!!!

Weet jy, as ek reg onthou het ek ook my bakkie by daai presiese kol afgeneem. Sal moet gaan soek.
 
Namakwalander said:

Haha lekker Willie.

Baviaans was nou slegter as wat ek onthou, maar hoe lank het jy met bakkie gevat om deur baviaans te gaan? (was jy deur hele Baviaans?)
Ek onthou hoe ek daar nog gedink het dit moet n ewigheid vat om daar deur te ry met n 4wiel voertuig.
 
Ek was nie regdeur nie. Ek was ook glad nie gepla oor tyd op daardie dag nie. So kan nie jou vraag antwoord nie.
 
Top