Reccie trip 8&9 June!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ek wil die roete wat ek in gedagte het vir die nag trip gaan verken!  :deal:
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=121718.0

Op die trip sal daar geen "back-up" voertuig saam gaan nie so van die laaste brandstof tot die volgende brandstof sal dit so 320km wees! Indien jou bike dit nie kan maak nie sal jy moet brandstof saam neem! Ons gaan nie jaag nie sodat ons die kilo's kan rek op die tenk.

Elkeen sorg vir homself vir etes en drinkgoed!
Daar is slaap plek vir 9 mense elk moet net 'n slaapsak saam neem!
Hout, roosters, toilet en stort geriewe is beskikbaar!

Die plan is om die Saterdag oggend (4 Mei)8 Junie vanaf Riebeek Kasteel te vertrek nie later as 09H00 nie. Ons kan stop op Ceres vir vooraad en dan moet ons druk om Op-Die-Berg se petrol oop te kry voor hulle toe maak. Ons volgende stop na Katbakkies sal dan die Tankwa padstal wees en van daar vat ons die 50km plaas toe! Ons kan hier besluit of ons die reccie die middag gaan doen of die volgende oggend!

Dit het lekker gereen in die karoo so daar sal nie stof wees nie, maar wel dalk 'n paar gladde modder plekke! Hulle voorspel net 2mm reen vir Saterdag in die tankwa en niks vir Sondag nie so dit behoort lekker te wees in die karoo.

Volgende naweek is dit 'n lang naweek en die Sondag is Vadersdag so dan is dit uit en die naweek daar na is die nag trip!



 
Top