Saterdag 15 Maart 2014 - Greyton Kerkbasaar en Honda Tygerberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Oom Foe-rie

Race Dog
Joined
Jan 15, 2008
Messages
4,847
Reaction score
1
Location
Worcester
Bike
Yamaha Super Tenere
Die NG Kerk Greyton nooi alle motorfietsryers uit om op Saterdag 15 MAART 2014 om 09H30 saam met hulle te kom basaar hou. Dit beloof om n pure plaas basaar te wees met allerhande lekkernye en snuisterye beskikbaar soos wat net deur n boeregemeenskap aangebied kan word.
Honda Tygerberg stal ook uit. Elke motorfiets wat die oggend kom aanmeld by Honda stalletjie kry n gratis looitjie om in aanmerking te kom vir n spesiale geskenk geborg deur GREYTON LODGE. Dit behels 1 nag akkommodasie vir 2 persone met ontbyt ingesluit ter waarde van R1400. Ekstra looitjies sal ook beskikbaar wees @ R50 elk om n beter kans te staan vir die prys. Die prys sal middagete getrek word en dalk is u die gelukkige wenner van Lekker bederf by Greyton Lodge.

Almal wat belangstel kan ook die oggend van 15 Maart 2014 om 07H30 by Honda Tygerberg bymekaar kom en om dan as n groep na Greyton te vertrek.

Kom kry n voorsmakie om saam met ons te kuier met die oog op Honda Tygerberg/Eikebos Fun Ride wat aangebied word 11 Oktober 2014 wat weereens vol uitdagings gaan wees met heerlike roetes vir die dag, hope pret en pryse.

 
Top