BAie dankie dat jy julle avontuur met ons gedeel het. Pragtige foto's en baie mooi geskruif
As jy ooit weer Loeries se rigting ry laat weet my. Dalk ry ek saam. Brakkie se Veldkombuis het die mooiste kampterrein, lekker ablusie geriewe en een van daardie moet sien bestemmings. Ek is nuwe jaar nie baie ver van daardie cutting waarvan jy praat nie, hoeka op die plaas.Ek het altyd gewonder hoe kom die Sishen-Saldanha spoorlyn bo-op die Boesmanlandse plato as Vanrhynspas dan so steil is. Om te sien hoe is een van die redes van hierdie tog. In die Suid-Afrika waarin ons vandag leef is dit moeilik om te glo dat ons regering destyds ‘n infrastruktuurprojek van hierdie omvang aangepak het en suksesvol uitgevoer het. Oral waar ‘n rivier moontlik sal kan word (almal is nou droog), is ‘n ordentlike brug met betonkolomme en staalspanne gebou. Van 250m bo seevlak klim ons geleidelik tot 450m, sonder dat jy dit eintlik agterkom, en glip tussen die berge deur.
View attachment 865906
By die Kliprand-Loeriesfontein “grootpad” draai ons oos, weg van die spoorlyn, wat met ‘n enorme snyding deur ‘n berg gaan. Ek knoop ‘n lint om my vinger: ek moet nog eendag deur daardie poort.
Die son begin laag hang agter ons en belig die vlakte voor ons. Ek ry voor en ‘n paar springbokkies steek die pad, wat geen grensdrade het nie, oor en pronk dan windmakerig soos net húlle kan. Is ons nou al in die Boesmanland? “As jy vir my kan sê...” Die wuivende grasplate tussen die bossies suggereer wel so.
View attachment 865909
Dankie RuffianAnd BTW, I suspect that the host of your gashuis in Loerriesfontein , when referring to her husband as boer and motorcyclist, is referring to none other than @Hinksding on this forum - doyen of Boesmansland-riders…