Skaapkop ete (bring en braai) op Kasteelberg 16 JUNE 2013 VADERSDAG

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Okay dis laaaaang naweek die wat nerens het om te gaan die lang naweek nie of wat by die huis moet bly weens werk julle kan Sondag kom saam kuier dan maak ons skaapkop gaar en die ander weder helftes wat nie saam eet nie, kan ons met ander vleisies op die kole onthaal! Ek dink net nie die vegatarieers gaan so welkom voel hier nie  :imaposer:
Dis mos Vadersdag so die gesin kan jou bederf met iets spesiaal :thumleft:
Indien die weer goed lyk gaan eet ons bo-op Riebeek se berg  :thumleft: Ete met 'n uitsig en die kinders kan lekker speel!

Elkeen bring sy eie drank en as hy nie kop eet nie sy eie vleisies. Vir die wat skaapkop eet betaal my op die dag R75.00 per kop
Ek sal my vrou se arm draai vir roosterbrood en slaai! NATUURLIK SAL DAAR TUISGEMAAKTE KONFYT WEES! (dis al wat ek in die huis het)
Elkeen bring sy eie eet gerei saam ek sal sorg vir koffie/suiker en melk vir die wat die gal wil afsluk!
Ons kom 10H00 by my huis bymekaar en dan vertrek ons 10H30 na die braai area.

Gooi daai name:
Riebeeker + gesin (2 x kop - 4 x vleis)
Moosehead+Mrs Moosehead+2plattetjies(kids) = 2 x kop + 1 x vleis
4Feathers + 8Feathers + 2 plattetjies = 2 x kop + 2 x tjop
 

Latest posts

Top