Nuwe selfoon en Headset comms sukkel om te pair

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Ek gebruik jare lank al die Sena 10S stelsel.
Die afgelope maand het ek 'n nuwe selfoon gekry en het baie gesukkel om dit met die Sena te pair.
Die foon pair maklik met allerhande ander goed, maar wou die Sena eenvoudig nie raaksien nie.

Vanoggend het ek die Sena 10S ge-factory reset en daar pair hy dadelik met die nuwe selfoon.

Die rede is waarskynlik:
My vorige twee selfone het goed gewerk saam met die Sena en was steeds in die foon se brein.
Ek lees dat die Sena 10S met maks 2 Bluetooth devices kan pair.
Nou is my teorie dat die Sena die nuwe foon geblok het omdat daar reeds twee fone in sy kop is.
Die factory reset het die twee ouer fone uitgevee, nou is daar plek vir die nuwe selfoon.

Maar dit het my ook laat dink aan die Group Pair funksie, of iets soortgelyk dalk ook in Group Pair kan gebeur.
Ons het al heelwat in Group-Pairing gery, dus is daar 'n klomp ander Headsets in sy geheue (meestal Senas, maar die soort is nie ter sprake)
Ek het al 'n keer of wat ervaar dat een of meer headsets sukkel om in die Group te pair.
In die geval van die Sena 10S geld hierdie reël:
"Last come, First Served" Dit beteken die jongste gepairde 'Friend' sit bo-aan die lys en die oudste word afgegooi sodra die maksimum bereik word.
(nota: die Sena 10S kan maks 3ander headsets hanteer. Gelukkig was ons nog nooit meer as 4 in die Group nie)

In die praktyk beteken dit dat, indien ons 'n groep van 5 is (ekself plus 4 ander), kan ek met die 10S nie almal akkommodeer nie. Die eerste van die vier maats val van my 10S af sodra die vierde headset pair.
Dit lyk my ons sal dan eerder moet kyk wie se headset kan meer as 3 headsets hanteer, dan pair die groep na hom toe.
 
Top