Suide van Namibie met n bakkie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Sandban(g)k

Race Dog
Joined
Aug 10, 2010
Messages
4,477
Reaction score
2,033
Location
Bultfontein
Bike
BMW R1200GS
Nadat Kamanya my onder hande geneem het het die wete dat die lewe te kort is om uit te stel my beetgekry.

Ek en paar vriende beplan om Maart vakansie so 10 dae weg te glip Namibie toe, maar ongelukkig met bakkies en sleepwaentjies.  Ek het bitter min ervaring van Namibie, en ons plan is nie om ons voertuie te breek nie.

As ek so vinnig na n padkaart loer lyk die volgende sinvol:

Dag 1 - ry tot by Augrabies of daar naby 600km omtrent
Dag 2 - van Augrabies tot Vioolsdrif
Dag 3 - vioolsdrif tot Rosh Pinah ek weet dis naby maar dan kan mens rustig deur die Richtersveld ry
Dag 4 - tot in Luderitz. Slaap daar vir 2 aande en verken maar die area bv Kolmanskop.
Dag 6 - ry tot Ais Ais en slaap 2 aande daar. Loer bietjie na die Visrivier canyon
Dag 8 - ry Ais Ais tot Upington via Karasburg
Dag 9 - upington tot by die huis

Ons het nie regtig meer as 10 dae nie, en wil dit rustig vat om nie die vroue kwaad te maak as ons heeldag ry nie. Die idee is om vroeg kamp op te slaan, te kuier en nie die volg nde dag te vroeg hoef op te spring nie.

Ons behoort kampwaens te huur vir die trip.

Enige voorstelle is baie welkom! Ons behoort so 4 of 5 bakkies te wees op die ou end. Nie almal het 4x4s nie, maar die meeste het.
 
Top