Tankwa karoo (5 & 6 Mei)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Die weer voorspelling se dit gaan mooiweer wees die naweek so hoekom gaan ontspan ons nie in die Tankwa en kuier lekker saam nie?

Hier is die plan: Ons ontmoet mekaar by die Tankwa Padstal en terwyl ons vir die ander wag ondersteun ons vir Hein. (Hy het nou 'n drank lisensie) Elkeen werk sy eie roete en tyd uit tot by die Padstal! Daar braai ons 'n worsie vir middag ete en dan vertrek ons vandaar om 14H00 na ons oornag plek wat so 50km van daar is. Die Sondag vertrek ons terug en die wat wil kan saam met my die Onder-wadrif pad terug ry.

Verblyf is gratis! Geen krag, geen badgeriewe, 1 spoel-toilet.
Wat elkeen moet saam bring: Tent, slaapsak, drank, kos, OBS vir die koue! Flits vir as jy nie goed kan sien in die maanlig nie.

Ons behoort so 15H00 daar te wees dan kan elkeen sy tent staan maak en dan gaan haal ons hout in die rivier wat so 1km van die opstal is. Elkeen moet darem sy bydrae maak om sy kos gaar te maak en vir die kampvuur.

Onthou asseblief alles wat jy saam neem en nie gebruik nie bring jy self saam terug so as jy nie jou bierblik opeet nie sorg dat daar plek is om dit saam terug te bring!

Ek sal die lys probeer byhou wie saam gaan!
1. Riebeeker
2. Riebeeker se suster se seun JC (nie WD nie)
3. Committed
4. Dusty Rusty
5. Nismark (met bakkie)
6. Horsepower
7. Rascal
 
Top