The story of SAS Willehond MkII

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
weskus said:
DikZol said:
Driaan said:
Baie maklik gegaan. sy dryf net n bietjie diep met 990 op. Ek dink met GS 1200 lc gaan dit sukkel. Met twee man aan elke kant heel stabiel.

Dit laat my worry!!!  My 1150GSA moet binnekort daar oor!
As hy nog so 300mm 0f meer sak sal dit sukkel, en jy gaan dan ook nog nie kan deur ry nie..
Smaak my ek moet maar weer 'n snorkel op sit!
 
Dankie Weskus vir die terugvoering
As dit nou nie n adventure is nie dan weet ek nie die betekenis van die woord nie.
Julle was sowaar die eerste klomp wat die ervaring trotseer het
Kan nie wag om weer  daar n draai te gaan maak nie
 
Dankie, was n great adventure.
sal defnitief weer die rivier met die willehond aandurf.
cheers
 
BLIKSEM!!! ::)

Een of ander dooie donner het nou waarskynlik, die hele ding opgef@k!!!

Iewers oor laas naweek, nadat Weskus se span die Pont gebuik het, het daar n' wetter by die rivier aangekom en sommer die slot stukkend  geslaan!  Waarskynlik die SAS Willehond gebruik om oor die rivier te kom en die die pont aan die verkeerde kant gelos en soos n' sleg hond weggesluip!
JY,!! is besig om al ons goeie werk op te  f@k!! Al wat jy moes doen is om vir Lillie te gaan groet n' paar rand betaal! En almal na jou kan nog altyd die pont gebruik het.
Lillie het vir William gebel, en sy was baie ontstoke, sy is nie meer bereid om na die pont om te sien nie want die mense wat sulke goed doen maak die wereld vir haar baie moeilik!

Asseblief mense, doen tog net die regte ding en hou die pad oop vir jou maatjies wat na jou daar wil verby kom!
 
waarskynlik iemand wat nie op die forum is en/of bewus was van die reëlings nie.

Is daar 'n teken/nota op wat vir mense sê wat om te doen?

nog steeds laakbaar
 
Hopelik gaan ons die naweek van die 1ste November daar verby en ek gaan borde laat maak wat ons dan weerskante van die rivier wil opsit om die ouns wat nie weet nie in te lig, ek hoop  net hulle gaan hulle daaraan steur. ???
 
Ai Antoon lyk my ek moet jou kom help met daai storie .Fok dis amper kersfees
Oom Fourie het al belangstelling verloor :imaposer: :peepwall:
 
My liewe donner Stofvreeter ..................... jou bike se naam is "SWERWER" en nie "SWEMMER" nie .................... :ricky:
En dan het jy nog n maatjie wat saam ry en as jy moeilikheid optel sit hy soos sy naamgenoot op n klip en koggel vir jou ................. eish ......  :eek: Verban hom tot brandwagdiens by SAS Willehond MkII vir die volle tydperk wat die Doringrivier water in het ..............  :lol8:
 
Oom Foe-rie said:
My liewe donner Stofvreeter ..................... jou bike se naam is "SWERWER" en nie "SWEMMER" nie .................... :ricky:
En dan het jy nog n maatjie wat saam ry en as jy moeilikheid optel sit hy soos sy naamgenoot op n klip en koggel vir jou ................. eish ......  :eek: Verban hom tot brandwagdiens by SAS Willehond MkII vir die volle tydperk wat die Doringrivier water in het ..............  :lol8:

:lol8: :imaposer:
 
:ricky:
 

Attachments

  • IMG_8542(1).JPG
    IMG_8542(1).JPG
    391.5 KB · Views: 412
Net n update van Lilly se kant af.  Soos vroeer hier genoem het sy William gekontak en gese sy sit die SAS Willehond nou vry. 
So neem asb kennis, as jy by die rivier kom en jy kan nie oor nie, bedank diegene wat die vlot oop gebreek het.  Hulle ondervind nou baie donderweer en sou die rivier afkom as gevolg daarvan dan is die SAS Willehond n 2de Titanic.

En Dragonfly, jou opmerking oor "die boerin Lilly se inkomste en lyk nie welgesteld nie" is ongevraagd. Sal JY op jou onkoste vir ander rondry en op jou onkoste jou werksmense uit hulle werk haal om vreemdes te help?  NEE ek dink nie so nie. So please dont judge a book by iets cover.

Julle moet net verstaan:  Daar is nie meer n Manus met sy brutalee krag om die mense deur te help nie,  Manus is die 17de Junie 2014 onverwags oorlede.  So as iemand hulp nodig het moet Lilly haar mense uit hulle werk haal om te help. Lilly was en is nog altyd bereid om te help, soos sy ook vandag weer n biker gehelp het om oor die rivier te gaan.  Gee haar asb die respek wat haar toekom, asook haar eiendom.
 
Nie geweet van Manus nie  :'(
 
DirtRebell said:
Mienkie, ek dink jy moet dalk net weer Dragonfly se opmerking gaan lees.

Mienkie - Dragonfly is opmerking is juis niet neerhalend nie... en juis komplimenterend ... lees maar weer
 
Dragonfly-XC said:
:sip: Fyftig rand is nie teveel nie, wat is 'n boerin soos Lilly se inkomste uit die plaas werklik, ek dink die mense is nie baie welgesteld nie.
Goeie mense wat altyd bereid is om te help. 'n Salaris man, met 'n vaste inkomste sien dit nie altyd raak nie. :3some:

Soos ek altyd maar oor die goed dink en sê: Getikte woorde dra geen emosie. Dit wat Dragonfly gesê en bedoel het is niks teen oor die mense se welstand bedoel nie, maar oor die bereidwilligheid om ander eerder te help. Die etter wat hier uitgekak en aangevat moet word is die een wat die slot en die pad vir ander moeilik gemaak het. Dankie vir die Lilly's in die wereld.


Nou my ander vraag.
As ons van die Tankwa se kant af kom hoe gemaak. Moes al eenkeer omdraai daar. Dit was 'n wyle terug en kan nie lekker die setup onthou nie. Hoe ver is die plaashuis van die rivier.  As mens deurstap en die sleutel moet gaan haal.
 
Stofvreter waar is die res van die storie .Lyk my dit het gesink erens langs die pad
:imaposer: :peepwall:
 
Eissshh, ou Kees man, gaan bietjie hecktick die kant met die Whale Bash en als, sal weer een van die dae iets opsit, wees my maar n' bietjie genadig!

Sent from my GT-P5200 using Tapatalk
 
Top