WC - Kasteelberg bring & braai / Skaapkop-eet (Pad foto's Bl 3)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ons kom almal by mekaar by ED's Dinner en om 10H00 vertrek ons dan na die braai area wat teen die berg op privaat grond is. Die roete is nie pillion vriendelik nie en daarom het ek gereel dat daar van-af die plaaswerf 'n trekker met waentjies beskikbaar is vir die mense wat nie kans sien om met die bikes op te ry nie asook vir die pillions. Die op is niks, maar die af kan daar dalk probleme wees ONTHOU brandewyn hettie brieke nie!  :deal:

Elkeen bring sy eie vleis en dop saam asook sy eie eetgerei en bord.
Onthou om vir jou 'n hoofdeksel saam te bring die son kan die van ons wat bles is dalk kou!

Kostes:
R20.00pp

By die braai area is daar water en 'n spoel-toilet.
Ek sal sorg vir genoeg ys / roosters en kole.

Vir die persone wat belangstel om 'n SKAAPKOP te eet.
Kostes is R80.00 en daarvoor kry jy 'n gaar skaapkop en vars gebakte brood met botter. (Die R80.00 sluit die R20.00 toegang in)

DATUM: 20 OKTOBER 2012 / 27 OKTOBER 2012

Volgens die aantal stemme sal dit dan die 27ste Oktober 2012 wees!

Hier is die uitsig van die braai area af.

 

Attachments

  • uitsig1.jpg
    uitsig1.jpg
    99.8 KB
  • uitsig2.jpg
    uitsig2.jpg
    167.2 KB
  • uitsig3.jpg
    uitsig3.jpg
    174.9 KB
Top