Dankie [member=11918]skydiver[/member] :thumleft:
Mens sê dikwels dat mens 'n spesifieke fiets vir 'n lang tyd gaan hou, net om hom binnekort weer te smous. Maar ek kan eerlik sê dat ek glo die AT is my houfiets. Ek geniet hom bitter baie. Hy lyk mooi, ry vir my baie lekker, pas my soos 'n handskoen en doen als wat ek van hom vra. Plus natuurlik, dis 'n Honda :biggrin: Betroubaar, redelik eenvoudig, en ek het 'n goeie Honda handelaar in Honda Wing op George gekry wat baie goeie diens lewer. Ek "gel" sommer met Kerman en Marius en die mense daar.
Jy kan gerus vir jou een saam jou CRF koop. Ek en jy het nou al omtrent 100% dieselfde fietse oor die jare gehad. Ek glo jy sal hom net soveel soos ek geniet.