Dit was weer tyd vir die CTCT (Cape Town Cycle Tour, voorheen die "Argus")
Baie nat in die oggend, maar dit het later opgeklaar. Die BMWMCCC het weer 'n klomp MotoMarshals aan diens gehad.
Een voordeel van die bokser enjin . . . jy kan jou handskoene droog bak
Die roete is sekerlik een van die mooiste in die land
Die groot strand by Noordhoek
Misty Cliffs naby Scarborough
Aan die begin van die lang klim teen Chapmans Peak se pas
Vir diegene wat in geologie belangstel:
Mooi uitsig aan die begin van Chapmanspeak Drive, maar let op die rotsformasies.
Baie interessant van hierdie pas is dat dit die geologiese ouderdom van die aarde goed illustreer.
Die pas is gebou al langs die skeidingslyn waar die ou stollingsgesteentes (onder) en die jonger sedimentere rotslae (bo) teenmekaar lê.
Die vet ronde rotse onderkant die pad is stollingsgesteentes (E. Ignious rocks), dit is rotse wat diep ondergronds gevorm is deur gestolde lawa en wat mettertyd na die oppervlak beweeg soos wat die tektoniese plate beweeg.
Bokant die pad is sagter Sedimentere rotse wat gevorm word deurdat verskillende sediment (stof, sand, modder, lawa, rookpartikels ens) van bo af op 'n oppervlak gaan lê.
Deur die millenia word verskillende lae sediment gevorm soos wat die toestande verander - oudste lae sediment onder, jongste sediment heel bo.
Ongelooflik om daaraan te dink - hier waar die pad nou loop, was lank lank gelede diep onder die aarde se oppervlak. En alles regs van die pas het deur die miljoene jare laag op laag gevorm. Elkeen van die lae was eens op 'n tyd die oppervlak van die aarde.
Ou rotse en jonger lae sedimenrotse is ook duidelik sigbaar bokant Llundudno