Where has your bike taken you today?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek en my vrou het die plaas Bankfontein, tussen Philippolis en Luckhoff, besoek vir so paar dae. Dit was haar eerste "ver ry" trip op die honda crf250l.
20240925_102601.jpg

Oppad soontoe.
20240925_134451.jpg

By die plaas aangekom was die laaste stukkie pad tot by die kampterrein vir my vrou 'n goeie vuurdoop om rowwer paaie te ry, maar sy het haar goed van die taak gekwyt.
20240926_115422.jpg

Donderdag ry ons vir die oggend Orania toe. Oppad terug stop ons by die Vanderkloof dam. Ons al 2 op die klr.
20240926_165837.jpg

Terug op die plaas ry ons tot by die dam. Daar was vir ons gesê ons sal nie tot by die dam kan ry met die motorfietse nie dis slegs vir 4x4 voertuie. Uit nuuskierigheid dog ek toe laat ons gaan kyk en as dit te rof is draai ons om. So ry ek toe met 'n pillion 'n 250 op 'n 4x4 paadjie. Dit was toe glad nie so rof as wat daar gesê is nie, maar dit was behoorlik pret om met die 250 met my vrou agterop tot daar te ry.
Die Suid-Vrystaat is darem 'n mooi omgewing om te besoek.
 
Top