Agterremme kaput

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karin A

Pack Dog
Joined
Jul 30, 2012
Messages
315
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
AJS (all models)
Ek het die naweek wat verby is gemerk dat my bike se agterremskoene klaar is, die bike het nou 4100km op, die ergsre is dat die drom blouerig vertoon en dat dit lyk asof hy aan hoeé hitte blootgestel was, het gister nuwe remskoene opgesit en 'n draai gaan ry, het toe 'n paar keer rem getrap om te kyk of ek my werk darem goed gedoen het, wel ek het

By die huis voel ek toe dat my drom vuurwarm is so warm dat ek bykans nie aan hom kan vat nie, my vriende se ek ry met my boot op die rem, wel dit kon wees, maar ek het gister spesifiek seker gemaak dat dit nie die geval was nie

Ek het ook seker gemaak dat as die bike staan dat sy agterwiel vrylik beweeg as die rem nie getrap word nie

My vraag, hoekom word daai drom so warm, is dit normaal, en wat kan die oorsaak wees?
 
Top