My Pa het so 'n ruk gelde vir my hierdie email gestuur van 'n motorfiets wat 'n Vriend van hom gerestoureer het.
Hierdie is 'n 150cc Francis Barnett uit die jare 20/30.Die vorige eienaar
het hom nuut gekoop en binne 'n paar dae ná aankoop op die
treinspoor-oorgang erens in Kimberley met die ding geval.Genoemde ding is
aan bloudraad aan die garagebalke opgehang tot die dag sowat 20 jaar gelede
wat ou Connie hom gekoop en gerestoureer het .Die kettings en bande is nog
oorspronklik.SPECS!! :
149cc
2 ratte
2 uitlaatpype(fishtails) hoogmode gewees daai tyd
ratwisseling links op tenk
spoed : .....'n Passola ry kringe om hom (as jy kan sien om uit die rookwolk te
kom),dis nou die Passola se ruiter!
Definitief iets om op enige seun se wenslys te hê........