BMWfan
Pack Dog
Die finaliste vir die tweede Motorfiets van die Jaar-kompetisie, aangebied deur Pirelli, is pas aangekondig.
“Die sestien beoordeelaars is gekies uit die room van die Suid-Afrikaanse motorfietsmedia,” sê Harry Fisher van The Bike Show (met ’n ernstige uitdrukking op sy gesig).
Mat Durrans en Harry Fisher, wat The Bike Show op IgnitionTV aanbied, is die sameroepers van die kompetisie wat deur Pirelli geborg word.
“Elkeen moes sy top-agt fietse kies uit ’n lys van 27 potensiële fietse van al die groot vervaardigers. Die fietse moet ‘nuut-vir-2014’ wees – óf splinternuwe ontwerpe of wesenlike veranderinge en opdaterings. ’n Nuwe kleurskakering of blink nuwe wiele is nie genoeg nie,” verduidelik Harry.
Maar daar was ’n groot verrassing vir die sameroepers. Omdat twee van die fietse dieselfde hoeveelheid stemme gekry het, is daar nou nege finaliste – nie net agt nie.
Die nege finaliste, in alfabetiese volgorde, is:
1. BMW R1200 GS Adventure
2. BMW S1000 R
3. Ducati 899 Panigale
4. Ducati Monster 1200
5. Kawasaki Z1000
6. KTM 1290 Super Duke R
7. Suzuki V-Strom 1000
8. Yamaha MT-07
9. Yamaha MT-09
Vir die volgende stap in die kompetisie sal die beoordeelaars die nege fietse toets in die Sabie/Hazyview-omgewing. Die pad soontoe is natuurlik redelike vervelige snelweg, maar nader aan die Laeveld raak die paaie meer opwindend en die verskeidenheid roetes sluit ook grondpad in – vir die dubbeldoelfietse.
Die invoerders is gevra om twee fietse van elke model te verskaf sodat die beoordeelaars genoeg tyd sal kry om elke fiets te kan beoordeel.
Na afloop van die twee dae se toetse, moet die beoordeelaars stem oor die fietse en punte word as volg toegeken:
Eerste plek – 10 punte
Tweede plek – 8 punte
Derde plek – 6 punte
Vierde plek – 4 punte
Vyfde plek – 2 punte
Sesde plek – 1 punt
Die wenner sal op die eerste dag van die AMiD-motorfietsskou – 8 Augustus – aangekondig word tydens ’n ontbytgeleentheid vir die bedryf, media en afgevaardigdes. Die wenner sal ook elke dag van die skou aan die publiek bekend gestel word, waar die finaliste ook vertoon sal word.

Attachments
-
01 1200 GSA.jpg39.7 KB · Views: 1,037
-
02 S1000 R.jpg161.4 KB · Views: 1,047
-
03 899 Panigale.jpg80.4 KB · Views: 1,016
-
04 Monster 1200.jpg119.7 KB · Views: 1,001
-
05 Kawa z1000.jpg94.2 KB · Views: 1,006
-
06 KTM 1290 SDR.JPG143.9 KB · Views: 1,016
-
07 V-Strom.JPG140.9 KB · Views: 1,033
-
08 MT-07.JPG137 KB · Views: 1,026
-
09 MT-09.jpg107.6 KB · Views: 993