2018 National 1150/1100 Bash

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,511
Reaction score
159
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
Laasjaar kon nie ek of Robin die 1150 Bash bywoon nie omdat dit op redelike kort kennisgewing gereël is en my reisprogram by die werk redelik intens is gedurende die laaste gedeelte van die jaar.

Vroeg hierdie jaar het ons die vraag gevra oor hoe waar en wanneer en Brian aka daPeeg het gesê ons hou sommer 'n Weskaap ene die jaar. Abrahamskraal het dadelik by my opgekom as 'n geskikte venue aangesien dit ongeveer 400km uit Slaapstad is en net af van die hoofroete wat die Noorde en die Suide met mekaar verbind. 'n Feeskommitee is saamgestel en goukyk is 'n datum vasgemaak en name het so stelselmatig begin invloei.

Intussen het die jaarlikse Soetes & Sop ook op Abrahamskraal plaasgevind en van die manne wat hulle hande in die lug gesit het om die Bash by te woon was so nuuskierig dat hulle 'n nuwe bakkie in Worcester gekoop het, en dit as verskoning gebruik het om af te vlieg Kaap toe, die bakkie op te tel en te kom inloer op Abrahamskraal net om te sien hoe lyk dit!!

a3c19434ab2ce0ed0e25ce565ca045ff.jpg


Agter die skerms het baie beplanning en heen en weer plaasgevind om dit 'n memorable bash te maak vir almal en om te sorg soveel as moontlik mense kan dit bywoon.

Die aanloop het begin, Whatsapp groep is gestig en stelselmatig het die opgewondenheid begin groei soos die datum nadergekruip het. Die vraag is ge-opper oor t-hemde en plakker vir die Bash en daar het in 'n oogwink 'n paar van die IT manne op die verskillende hobbels in die pad konsentreer en kort voor lank was die hemde-en-plakker probleem iets van die verlede. Tussen Jay en die 2 Brian's laat hulle goed sommer gou gebeur.
cb4d664342ad534201b125ebf3b801c8.jpg
f4151d1811cdb3d217d475c514151a8e.jpg
42d60771a17936c011917177244eff44.jpg


My foon het ook begin lui oor manne wat vrae het oor die roetes na die plaas, die venue self asook wat hulle kan verwag en moet saambring etc. Die manne wat die luukse akkommodasie verkies het is ingedeel in kamers en die DORM manne het stelselmatig die  saaltjie volgemaak terwyl 'n groot gedeelte manne besluit het hulle gaan kamp. Gelukkig verleen die weer hom meestal die tyd van die jaar na 'n lekker kamp ervaring en lekker sonskyn weer.

Die manne uit die Noorde moet ongelukkig bietjie verder ry en het dus al bietjie vroeër weggespring as ons manne in en om Slaapstad. Planne is gemaak en daar is boekgehou van die manne se vordering so van regoor die land. ALL roads leads to Abrahamskraal!

So bietjie geskiedenis oor die plaas wat ek sommer van die internet afgelaai het:

History of the Farm
Abrahamskraal offers a fascinating history. In the early 1900’s a little bit of gold was discovered on a nearby farm. Mr. Struben, a British citizen, who was involved in gold mining at Pilgrims Rest bought Abrahamskraal in the hope that this area will become the next profitable goldfield.

Unfortunately, this dream never came true. He then employed William van der Bijl and his wife Debora to manage the farm for him. The beautiful gabled Cape Dutch farmhouse, which functions as a luxurious guest house today, was designed and built in 1912 by William. William and his wife Debora developed an interest in their respective fields, paleontology, and botany during their stay on the farm. Both of them made an important contribution towards research in these fields.

In 1945 Dirk van Vuuren bought Abrahamskraal for sheep farming and since then it still belongs to the same family. In the year 2002, Johan and Hestie started renovating the old farmhouse after it was not in use for 30 years. Since then the farmhouse, as well as the farm cottage, serves as guesthouses. An old school building on the farm has also been transformed into a very popular wedding and function venue.

Today the Damara sheep still graze on the healthy Karoo vegetation while many travelers come here to enjoy the serenity of the farm.

My eie geskiedenis met Abrahamskraal kom ook al 'n mooi klompie jare aan. Voor daar enigsins krag op die plaas was en water nog buite op 'n donkie warmgemaak is het ek al my jongman spore hier op die plaas kom los. In "hindsight", op 38-jarige ouderdom is dit juis hierdie ervarings wat my die mens gemaak het wat ek vandag is. Ek probeer ook hierdie ervarings vir my dogtertjie oordra en probeer ook ander mense bekendstel aan dit. Vergun my die geleentheid om so bietjie dieper te raak. Ek het die spesifieke quote al in een van my vorige blogs gebruik maar dit is elke keer nog steeds vir my treffend:

9be79bef37a3514dcba8ed8f50ed59af.jpg


My groot droom is om eendag my eie stukkie grond te hê. Hoef nie groot te wees nie, maar dit moet wees waar ek kan teruggaan na die basiese en die natuur en kan gaan mens raak. Om "HAPPY" te wees het vir elke persoon 'n ander betekenis. Sommige soek 'n stewige bankbalans, vinnige karre, 'n mooi man/vrou, kinders of watookal.

Appel se nuwe liedjie Jagter kom nou so onwillekeurig by my op:

Los vir my daar, daar doer in die bosveld,

Want die lewe begin, waar die teerpad eindig

Onder die ou Moepanie

Voel dit Heilig

Los vir my daar, want daar is ek veilig

Ek wil die oggend begin, met 'n blik vol koffie

En in die aand gaan bad, onder die hitte van 'n donkie

Ek is jagter, ek het my siel in die bos verloor, en in die vol maan opgespoor

Tussen die guarrie bos, waar die Kudu spook en 'n jakkals tjank soos 'n geweerskoot

Ek is jagter Vat my bosveld toe

Ek is jagter Vat my bosveld toe

Waar 'n bosveld is, daar lê my hart,

Langs 'n rooi grondpad en hakkiesdraad

By die ou plaashek, dis waar ek sal wag,

Dis waar die manne bymekaar kom, so begin die jag

Want dis hier waar jy, my kan neer lê,

waar ek lang geprekke met die Oubaas het.

As daar, soos in my geval, so bietjie boere-bloed deur jou are druis, dan raak jy mens as jy in die veld is, met 'n trop skaap trek na die buurplaas, springbokke voorsit op die jagveld of 'n witkruis-arend dophou waar hy geruisloos neerswiep om 'n niksvermoedende dassie in sy kloue te gryp.

Voordat ek te ver afdwaal laat ons terugkom na die Bash. Soos gewoonlik met 'n klomp bikers wat so saamkom het die geskerts begin. Ek het hier en daar al van die manne ontmoet en van die manne se stories al êrens op 'n forum raakgelees. Van fietse wat in die middernagtelike ure "gepolish" word en die volgende dag rooi uitdraai manne wat trailers bou vir hul skoeters sodat mamma darem kan saamry en daar nie probleem is met spasie nie, tot manne wat so graag 'n side-car wou hê dat die enigste manier wat hy dit verby SWAMBO gaan kry is om by die berg in Sani-pas af te ry.

Met die aanloop het Allan so bietjie dieper gaan dink en dit goedgedink om iemand in te kry om bietjie oor First Aid met hom, myself en Robin te kom gesels. Ons almal weet die risikos van op 'n motorfiets klim maar tog doen ons dit. Some say it makes you feel alive. FREE. Soos Vin Diesel in Fast & Furious sê: "I live my life a quartermile at a time. For that 10 seconds or less, I'm free." Met die first-aid sessie agter die rug was dit tyd om die skoeters te begin pak.

6c6837dda1fbeb0804903c5bb606f08f.jpg
 
[size=12pt]Met die Eerstehulp sessie vars in my geheue het ek die verantwoordelike ding gedoen en eerste die noodhulp kissie ingepak. Chantelle het hier op nommer 99 besluit sy en Fiela kort ook 'n breuk en hulle gaan saam met die backup bakkie deurkom plaas toe. Dit het darem gehelp dat ek so lig kan pak en 'n slag ander goed saamry as die normale tools en klere.

Ander mense se prioriteit was reg en het die nodige skietgoed ingepak wat ek nie kon inpas nie.

31d21ba182ac8c15d1af4fbae2e563b5.jpg
d76752805c553d47803ecbba2e9d3559.jpg
b7f1ad115b69ef34945a74ef53b1120f.jpg


Ek dink daar is nie 'n website wat nie geraadpleeg is oor die weer vir die naweek nie. Al die weervoorspellings was dit eens: Ons kierangkies gaan braai. En dit was toe ook so. Voorspellings het gewissel tussen 37grade en 43grade met nagtemperature wat in die 20's draai. Ek het met my val in Januarie my body armour so effe beskadig en het intussen vir my 'n ander een gekoop. Myne het ek aangegee na Kanarie en daar is begin met navorsing vir 'n MX top aangesien dit baie koeler is as 'n volledige baadjie. Met die MX top gekoop was ek semi reg vir hierdie storie.

846458461b2dcb4a031498079d188b0c.jpg
3807cb486f11e6159f426b30496ef11d.jpg


Fotos van Varkies wat regstaan vir die groot trek het die rondte begin doen. Die manne van anderkant die Boereworsgordyn het begin fotos stuur.


37961c2522a09419d2565a5a6ecee6b6.jpg
48dd42f6cf398cbb74547b374ba1e80c.jpg
2e9aa859421eaf7e196752fc9fcb74e1.jpg
3288ad9f8bd1e10967a2586e37de374b.jpg
722af31e3f166c3eef9cd3e5478e3c25.jpg


Einste nuwe bakkie waarna ek verwys het bietjie vroeër.

Ons gewone mense moes nog eers die Donderdag deurswoeg en van die manne die Vrydag ook. Ek en hele paar ander manne het die Vrydag verlof ingesit sodat ons ongehinderd die pad kan aandurf Abrahamskraal toe. Hierdie naweek het alle paaie Abrahamskraal toe gelei.
ee025f73d4c564cf4b74ca06c8245afb.jpg
0f5bf9e1bed870951ef9dc2621e0847c.jpg
1f903b1898b8bd333012d4b9538acf32.jpg
9d6462995af13be5846fb4798b94c9d6.jpg
2f8820bebdd27a4a3eb028c06bb5b9f0.jpg
[/size]
 
[size=12pt]Bymekaarkoms was oorspronklik by Wynland Engen. Ek was die enigste daar aangesien van die ander manne nog die "school run" moes doen. Ek het op die groep laat weet ek kry die manne almal in Wellington by The Bell Inn en Robbies het laat weet hy is reeds daar. Met Silwer Surfer wat petrol lek soos 'n gewonde koedoebul het ek besluit om die pad aan te durf. In Wellington aangekom het Robbies vir my gewag en daar het nog 'n onbekende 1150 net mooi uitgery toe ek inry. Ek het die ryer nie herken nie en die ou het omgedraai. Dit was toe Ricky wat gou kom totsiens sê het. Die man se hart was seer aangesien hy die naweek moes werk en veel eerder sy nuwe aankoop bietjie wou laat langpad proe het.

Draad se seun, Jason of Kleindraad soos ek hom gedoop het, het by ons op sy 800GS aangesluit. Jacques het gevra of hulle kan bywoon aangesien hy kort voor die Bash sy 1150 verkoop het en dit 'n gulde geleentheid is vir pa en seun om bietjie tyd saam te spandeer. Draad het die stuk vanaf Natal aangepak en Kleindraad saam met ons vanuit die Kaap.
e005b08bf84cbfcad0b1b997aa1df47d.jpg
ab68fd7e06566c5f769fc1da815f25cb.jpg
c4c2140ce6468d6e30cfb47bbfefa4b0.jpg
dacb15f961876c7fd6bfe80ecf16408e.jpg


Allan en Sean het hulle by ons aangesluit en MellowJo het 'n vinnige draai gegooi om hallo te sê. Hy het 'n redelike dag voor hom gehad aangesien hy nog deur Ouberg moes gaan na Sutherland, Merweville en vandaar Abrahamskraal toe. Op Ceres het ons gou volgemaak en die backpacks vol ys gestop.

79e74bba558a03a9e02c6fd80b0c5c0e.jpg
01bf842b7c11c717f793ffefe57d9efd.jpg
4765cc40f7db6f5c589d174bf5cc9246.jpg


Die hitte het begin rondspeel en ons het geweet die Tankwa is nie jou speelmaat nie. Ek het nog nooit die pad by Inverdoorn verby gery nie en het vroeër die jaar lekker verdwaal in Gatsrivier omgewing so net deur Karoopoort het ons gou gestop om te regroup en van daar het Allan voor gevat en ek het die agterhoede gedek. Die paaie hierlangs is mooi en loop lekker! by 'n koeltekolletjie naby 'n plaas het ons laer getrek en 'n koue biertjie het tevoorskyn gekom uit Kanarie se koelboks. Met die innerlike so effe voller het die pad oop gelê voor ons en die manne het die ore gedraai. Na die tyd het ek gehoor van 'n motorhek of 2 wat amper vir konsternasie gesorg het maar almal het dit veilig gemaak tot op die N1 by Matjiesfontein. Ek het nog steeds die agterhoede gedek, Kanarie het op 'n kol die oor WYD oopgedraai (dink sy maag het begin gesels) en toe volg ons maar die voorbeeld tot in Laingsburg. Teen die tyd het die hitte ons geroer op die pad en die Wimpy se koeldranke en milkshakes het welkome verligting gebied.

45b6b3aa7c79d3f729bfceac29ad6a36.jpg


Ons het sommer ietsie gekou terwyl ons daar was. Hierdie is Panda se Wimpy. Ek het nie vir my 'n hoed ingepak nie en die backup-bakkie was 'n redelike ent agter ons. OK het gesorg vir Coke vir daai eerste Kaptein en ek moes so 10min wag vir die Kooperasie om na lunch oop te maak. Intussen het Kanarie agtergekom sy Varkie het beplan om op 'n dieet te gaan en sy topbox êrens langs die pad af te skud. Varkie se planne is in die wiele gery en daar het 'n oormaat straps uitgedop om te sorg dat die Varkie se gewig konstant bly en hy markgereed is.

Met die Varke vol Cream Soda en my nuwe Rogue hoed vasgetrek het Abrahamskraal geroep. Ons het 'n lekker ritme gevang en later het ek my voete op die crashbars laat rus om lug in my broek in te forseer. Dit het darem so effe gehelp. Daar het 3 fietse van agter aangekom. Eerste een 'n Harley, 2de wat verbykom was 'n maer ryer, fyn meisietjie maar sy laat waai op daai 1200GS. Nommerplaat was Askoek FS en ek moes lag toe ek dit sien. laaste man ook op 'n Harley en hulle draai die krane oop!!

Die laaste stukkie Abrahamskraal toe het vlot verloop en ek het sommer met die aankoms naby die Skoolsaaltjie gaan stop waar ons vir die naweek sou slaap.

6aabda3185bda14685106874291b95d8.jpg
[/size]
 
Ek het sommer van agter deur die kombuis gestap en vir tannie Hestie daar gekry en gou gegroet. Eerste prioriteit was om uit die warm klere te kom. Met my kortbroek aan het ek koersgekies na waar van die manne besig was om tent op te slaan. Hier het ek in  bekende gesigte vasgeloop. Brian Coxwain, Rudi Gabrowski. Hy besit 'n maatskappy met die naam Tourite en Witvos se topbox gebou. Needless  to say het hy vir Silwer Surfer ook 'n topbox gebou en is besig met die pannier frames en panniers. Ek het so op 'n streep nuwe manne ontmoet, the infamous daPeeg, Bliknêrs, Draad, André Gouws, Philip Zoeler, Charles, Frank. Almal het lekker op die gras onder die bome uitgespan.
078a0fb016946372f7d57100a83a4c63.jpg
c2bf6b2785e0429bcc07b704f82c5fda.jpg


Ek kan my altyd verkyk aan hoe mense tent opslaan. Draad en Kleindraad was 'n treat om dop te hou. So drupsgewys het die manne arriveer, Dewalt en Ruhan, Gerrard, MellowJo. Die backup bakkie het ook teen sononder daar aangekom en Fiela was natuurlik in haar element om op die plaas te kan wees.

Ons het die manne so stelselmatig bymekaar getrek vir aand-ete en daar was 'n lekker ontspanne luim op die plaas. Soos gewoonlik het tannie Hestie, oom Johan en hulle span ons maagsappe wakker gemaak met die lekker reuke uit die kombuis. Aandete was lekker lamskerrie bredie, plaasbrood, slaaie en die manne het omtrent weggelê!
7418b0efc40271cc2c36228e2fb051fa.jpg


André Gouws was die oudste man op die Bash en het vir ons die tafelgebede die naweek behartig. Meer oor hom later.

Die aan het darem bietjie afgekoel en ons het lekker daar in die quad sit en kuier en gesels en mekaar beter leer ken. Woody1 se seun het 'n kitaar uitgepluk en wat kan dan nou lekkerder wees as om so onder die mooi Karoo sterrehemel te sit met 'n vuur wat brand, kitaar in die agtergrond en nuwe vriendskapsbande wat gesmee word.

Soos Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse terreg sê in hulle liedjie:

saam sal ons lag en saam sal ons huil

bring die boskitaar, want 'n man moet sing, Ja 'n man moet sing

Manne dis 'n voorreg, om 'n hardekool te deel

al die bloedbroers bymekaar, waar die vlamme vriendskap seël,

Manne dis 'n voorreg, om hier vanaand te wees

Onder die bosveld maan, praat die hardekole saam

Een ding kan ek onomwonde sê: Sulke byeenkomste bring mense bymekaar. Met meeste van die mense het ek al erens skouers geskuur of oor 'n telefoon mee gepraat. Van die ouens bly sommer 'n klipgooi van my af. Ek geniet dit altyd om 'n gesig by die naam te kan sit en dan is mens net meer maklik en gemaklik met mekaar.  Ons het die middernag olie gebrand en van die manne het maar laat in die bed gekom. Met die hitte wat ons redelik laat bontstaan het en 'n paar manne wat treinspoor sleepers deurgesaag het, het Saterdag oggend aangebreek.

Saterdag more het die manne vroeg tougestaan vir koffie en ons wou die fietse almal bymekaar trek aangesien MellowJo weer moes koers kies om sy toer. Die manne is ge-summons en die fietse het drupsgewys hulle pad gevind na die oop gedeelte langs die saaltjie.
6d84fd13cc5740f95a0d9b44ed122d19.jpg
c9bced1c88d3484142ea920f60f9222c.jpg
d0bfd6bce69f2e0329bb085bafd40997.jpg
76323c7e1dbace74a649095ef9a70b87.jpg
93a6cd00f4b9a61c6323c2a03612919d.jpg
ececca60862fda9017f7651664e65cfc.jpg
786ae910d68292e3bb15efa8eba195d7.jpg
a8280b9d942bbc342c96c0ef26530e45.jpg
1fd1b46a0fae287d84385b10d2da2be9.jpg


Hemde is uitgedeel, kameras het geclick en drones is opgestart om die prag-fietse uit alle hoeke af te neem. Dis sulke egte hoendervleis oomblikke om al die fietse so bymekaar te sien staan. Ek kan met eerlikheid sê daar was nie een fiets wat dieselfde was nie. Elke ryer het iets unieks aan sy fiets. En so leer mens ook waar jou eie fiets kan verbeter of waar jy iets kan verander.
87fea796465effde99cbe75109df1888.jpg
11ef2f5fe9ab994564ff70d0f4c3f2ff.jpg
5f245b4ac61ef0fb887184f2b17eaeef.jpg
3cd1a7a6f11f64dacd9cc76f43f92f4c.jpg
9ff000eec874f561a09c9335ba6a472b.jpg
276c5d292dea4664ddbf640a63a138ca.jpg
b5653f351e12b2e71a85f2f40f908ffe.jpg
c65c6c5ed2a7d58efdcc2831f4cd104f.jpg
864b36daac48dcb995ec40267fe8c4ee.jpg


Na die foto-sessies is daar koffie gedrink en 'n paar brawe siele het besluit om Gamkaskloof oof beter bekend as Die Hel aan te durf. Soms staan ek verwonderd oor hoe kort mens se geheue is. Ek het heeltemal vergeet hoe lank mens eintlik ry tot in die Kloof. Die pad was maar uitgery en die son het genadeloos neergebak op moeder Aarde. Ek het later die rol van Sweeper vervul en Jay het voorgevat. By elk waterdriffie is daar eers gestop en afgekoel.
be0d5be3baa569783aa0e6ffc0cb334c.jpg
50767cdb2f08a1555d4e8db2e53c3b3a.jpg
82784ca33ba5eedf37781b9f7d2e946b.jpg
40b169ae4611ee49b885c0473224658a.jpg
62279b132315ce36f51bb1418eaa6598.jpg
821219436ea100460b6c434dc37ee3da.jpg
 
Die trippie in was darem nie te eventful nie.  Frank se fiets het op 'n draai effe steeks geraak en sy kop teruggedraai huis toe terwyl Frank nog in die teenoorgestelde rigting oppad was. Gelukkig geen erge skade nie. Meer gekrenkte ego. Met die Varkie se neus weer in die regte rigting het ons gery tot op die laaste punt voor mens begin sak. Die driver's briefing was wel. Brief. Haak eerste en laat die engine jou fiets rem tot onder. Daar is sommer dwarsdeur gery tot by die winkel en met my aankoms het die manne al uitgespan op die gras, koue bier in hand. Ek het reg by hulle verbygestap en myself halflyf in die swembad loop versuip. Die koelte was hemels. Die bakkie het arriveer en ek moes 'n pakkie vir Pieter van Kevin afgee en het 'n lekker yskoue bier gekry vir die moeite.

Met die innerlike effe koeler het Jay sommer met kit en al in die swembad gespring en vandaar skoeter gevat en koers gekies berg-uit. Ek het so 2de laaste gery en sy entjie teen die pas op kon ek terugkyk en het 'n fiets sien lê op een van die draaie. Ek het dadelik omgedraai en so gou as kan teruggery om te kyk dat die ryer OK is. Ruhan het die een draai effe wyd gevat en die fiets het so bietjie afdraend gelê. Die ou was moeg gespook toe ek by hom aankom. Om 250kg op te tel 3 keer is nie grappies nie. Ek het hom gehelp en goukyk was hy weer aan die klim teen die pas uit. Die bakkie was nerens in sig nie wat nogal snaaks was maar dit was warm en ons het maar aangestoot. Elke driffie was 'n afkoel stop.
934a69f0ef72f4fc8c51d3811f24fe28.jpg
2ee0e45e13321e0abab960475212b3b8.jpg
1cdaee4a880bded1059706b4d2ff45a8.jpg
525327dc5f774e5a04d1e002910eb2d4.jpg
7a7ba1fdfc9348f8b5c0b14a23cb5b02.jpg
4ed8857fad563b1235e8411690b404e3.jpg
fbf99b2bc5d417a792fa89884b95533e.jpg


Ons het die pad terug so rus-rus aangedurf en uiteindelik het die dorp voor ons opgeduik. Ek het sommer direk drankwinkel toe gery om seker te maak hoe laat hulle toemaak. Vandaar terug bank toe om geld te trek en daar het ek vir Robbies, daPeeg en Johan gekry met die bakkie. Die bakkie se batterykoppe was nie lekker vas nie en die bracket wat die battery vashou was ook los. Gelukkig kon hulle dit semi uitsort en het die dorp gehaal. Ons almal was redelik dun om die middel en die Bushpub was die aangewese plek om die ergste honger te stil. Die manne het omtrent monster burgers bestel en ek het 'n slapchippie gehap. Ons het maar bietjie rugby gekyk en die Varkies vol Creamsoda gemaak. Ek het die laaste ys by BP gekoop en in die bakkie gelaai. André het ook by ons aangesluit en dit het uitgekom dat hy +-700km vir die dag gery het! G'n wonder sy fiets het reeds 345000km op!!! Net weer 'n bewys van die ongelooflike fietse se betroubaarheid.

Nou kyk, in my lewe het ek al BITTER warm gekry. Ek weet nou hoe voel hitte uitputting en kan eerlik sê lekker is dit nie. Oppad uit plaas toe het ek letterlik gevoel hoe my vel begin brand in my klere. Ek weet dis net 34km en het die onverantwoordelike ding gedoen en Silwer Surfer se oor gedraai. Later 140km/h op die grondpad het die klippers onder die swart wiele verbygesing.  Die verhoogde lugvloei het nie veel gehelp nie en tot my boots se sole het begin losgaan as gevolg van die hitte. Ek het die plaas net-net gehaal en is direk na die kombuis want ek het geweet daar het 'n aircon geloop. Chantelle sê ek was doodsbleek. Ek het dadelik van my kit ontslae geraak, 'n yskoue dop gegooi en 2 hoofpynpille gedrink terwyl ek onder die aircon afgekoel het. Halfuur later het ek weer begin mens voel en na buite beweeg waar die manne lekker in die plaasdam met 'n paar koues die son se vertrek gade geslaan het.  André Diener en 2 vriende het ook by ons aangesluit en sommer gou was hulle geholpe met slaapplek.  Rudi se rug het effe gepla en hy het gevra of hy dalk van die tent kan oorslaan na 'n kamer. 'n vinnige stap deur die plaashuis het hy 'n kamer gehad. Nou vir die ouer garde wat weet wat 'n woer-woer is, my pa het vir my toe ek kleiner was een gemaak en ek het ure se plesier met hom gehad. Ons kinders van vandag is so vasgenael voor tablette en selfone ek reken nie een van hulle weet wat 'n woer-woer is nie. Mind you, baie grootmense sal ook nie weet nie. Nou Rudi is 'n Duitser en hy en Phillip het so lekker met mekaar sit en gesels ek leer sommer duits. Die mooiste was toe Rudi uit die gastehuis kom en vir my vra, hoe sit mens die woer-woer aan? Ek het dadelik geclick dis die dakwaaier. Met die dakwaaier aan het ons na buite gegaan en verder André Gouws se fiets staan en bewonder. Daardie tyd 345000km op die klok!!
939d82eaf8ed5967741f23bf21c5270f.jpg
fb0b1d8e1c7b90256bf01364e389826a.jpg
ddc9ad298bbb42a4891db1bca281e44c.jpg
b5a155169e72830fa8bb3fca89f4d9fe.jpg
1f4bebdb29fbc4a77fa474c4eb64dfaf.jpg


Sekere mense is net meesters met kameras en angles etc. Hier volg 'n paar van André Diener se fotos.
73068dcaf653dde194bb11573be0fa69.jpg
0ce06371223288c15405bcfcc290c7e9.jpg
3c7724b96ea66aec1f7d397e56af2646.jpg
c3bc45380b590c5cb8db1c11e46f995c.jpg
28f71b894685d8c14e11ec745d8ad2d1.jpg
3b122a68b3b150fa6f3caead25d64f94.jpg
4f6dc4af6d996c55e5a80932458895e4.jpg
8c13c3f81ff126ce89fa45bbbda0399b.jpg
4e27a329fbfa13a243d6d71ca9624ca9.jpg

e5a7c37499ca1180c072b471b19b6bc4.jpg
df302c7dfb7fee2519bf5f2b6914d01a.jpg
0fbe7915b735707499955ebb942a6921.jpg
9cad55548f00c45bd5690f9d5c17e443.jpg
c99467c55790b4c878f847ed0e62997e.jpg
 
Elke area het sy eie bekoring as dit kom by sonsondergange. Ek dink sommer so aan die Laeveld, die Weskus, Namibië, Namakwaland. Die wat my blogs lees weet die Karoo en die Namakwaland lê my baie na aan die hart. Chris het hierdie fotos geneem en geen woorde kan hierdie prentjie beter verduidelik nie.

Met die rugby vergete het die geure van gebraaide skaapvleis die lug gevul. Oom Johan en my pa het die lekkerste Karoo skaaptjoppies en boerewors gebraai. Ons het weggelê aan die vleis, slaaie en bakbrood. Soos die spreekwoord sê "Magies vol ogies toe." Dit was 'n lang dag en die hitte het nie gehelp nie.  Daar was wel 'n paar bittereinders. Gerrard, Woody en sy seun, Charles, ek, Robbies, en Kleindraad het nog tot laat sit en gesels en Woody se seun het lekker sit en kitaar speel. Ek het met 'n smile aan die slaap geraak.

Sondag more vroeg het ek wakker geraak met die dreun van 'n fiets wat die plaas verlaat. Rudi het die vorige aand al gegroet aangesien hy vroeg al wou koers kies terug PE toe. Ek het opgestaan, koffiewater aan die gang gesit en die manne het so stelselmatig hulle neuse gevolg in die rigting van die kombuis.
329de818e9531658d59564b2b1fff8ee.jpg


Met my eerste beker koffie net in kom iemand ingehardloop. Waar is die bakkie en trailer, Rudi het 'n koedoe getref so 15min se ry van die plaas af. Ek en Robin het dadelik uitgehardloop en in die bakkie gespring en laat waai in die rigting van Prins Albert.  Gelukkig het Rudi net 'n paar skrapies opgedoen. Die geel 1150 was egter nie so gelukkig nie. Gelukkig het die koedoe die fiets op die gatkant getref wat hom toe laat val het. Geluk by die ongeluk. Ek en Kanarie het die fiets gou gelaai en stadig die rit terug plaas toe aangepak. Terug op die plaas het ons die skade beloer.

1cd53b1edbef14bf11be8cbf5f3a8b6d.jpg


Rudi het 'n vriend gebel om hom te kom haal. Ek het gesê hy moet sommer die fiets op die trailer los want ek sal weer 'n geleentheid vir die trailer terug kan kry uit PE uit.

Die manne het aangesit vir 'n monster-ontbyt. Tannie Hestie en haar span mag maar. Ek het vooraf vir die manne gesê, as jy honger lei hierdie naweek is dit jou eie skuld. Met die laaste reëlings getref het my bakkie sommer vir Rudi en die trailer tot in die dorp gevat waar hy vir sy vriend sou wag. Ons almal het gegroet en die manne het almal hulle onderskeie rigtings begin inslaan. Dit sou 'n warm dag in die saal wees. Voorspellings was rondom 40 grade. Robbies het 2 kanne yswater ontdek. Ons het gegroet en dankie gesê en die 2 kanne yswater oor ons uitgekeer.
d2aadf8c8b0776945173ed1a8e1822ee.jpg


Die pad tot in Laingsburg was warm. Ons het maar redelik oor gedraai om so gou as moontlik daar te wees. In Laingsburg aangekom het ons die Wimpy ingewals en sommer dadelik gevra vir lekker yskoue koeldranke. Die backup bakkie was kort na ons daar en toe loop ons familie raak. Alwyn en Rae Myburgh boer buite Laingsburg in die Moordenaarskaroo en Rae het 'n baie mooi gastehuis genaamd Brinksfontein.

Met die innerlike effe koeler het ons gou die Varkies vol Creamsoda gemaak. Ons het rondgevra vir 'n gieter en ek en Kanarie het mekaar waternat gegooi met die gieters. Die mense in die voertuie langsaan kon hulle oë nie glo nie. Helmet op, AIRCON AAN het Touwsrivier geroep. By Touwsrivier het ons by die Total ingetrek en daar was nog 'n paar ouens of motorfietse. Die petroljoggie kom aangestap en vra of hy moet volmaak? Ek antwoord: "Die sous is reg, maar die aircon kort 'n "regas"." Die kyk op sy gesig was PRICELESS.  Die ou op die fiets langsaan het my weird aangekyk. Kanarie  het omgestap, die gieter gegryp en bo-oor my uitgegooi. Ek het dieselfde met hom gedoen. Die ou op die Scrambler het net sy kop geskud en die petroljoggie het geruk soos hy lag. Ons het maar redelik vinnig beweeg en soos ons die Engen by De Doorns nader kon ek sien Kanarie was in tweestryd. Moet ek aftrek? moet ek nie? Moet ek aftrek? Moet ek nie? Op nommer 99 het die flikkerliggie aangegaan en ons het ingedraai by Engen. Ek was baie bly Kanarie het ingedraai. Ek weet presies hoe ver 35km kan raak in 40grade+ hitte.

Op Worcester aangekom was die bakkie so te sê afgepak. Chantelle moes die bakkie afsit by Spykerkuif. Ek en Kanarie het het die tuinslang beetgekry en sopnat het ons die laaste stukkie Kaapfontein toe aangepak. Ons het ons gebruiklike stop bo-op Du Toitskloof gemaak en sommer die naweek so bietjie deur ons breins laat speel.
eb6d408a9345d2403bbc9085e6f6f55b.jpg


Ons het gegroet en ek het die laaste stukkie huis toe in stilte gery. Van die pas af huis toe is altyd my nabetragtingstyd. Wat 'n AMAZING naweek was dit nie. Nuwe vriendskapsbande is rondom Karoo-vure en hierdie pragmasjiene waarop ons tyd spandeer gesmee. Verseker een van my hoogtepunte op my 2018 kalender.

As ek so bietjie data bymekaar sit:
Gemiddelde kilos tussen die 1150's gery: 121043km.
Hoogte kilos: André Gouws - 345000km
Gemiddelde Ouderdom - 49.46 jaar

Nogmaals dankie aan almal wat dit bygewoon het en van ver gery het. Weerens 'n geslaagde naweek met almal wat veilig en relatief heel by hul eindbestemmings uitgekom het. Soos altyd was oom Johan en tannie Hestie en hul span se gasvryheid eersteklas.  Dit voel regtig al soos 'n my 2de huis en ek weet die manne sal weer daar aandoen as hulle in die omgewing is.

Matewis uit
 
Thanks vir die lekker kuier. Vir die wat nog nie weet nie, Rudi het intussen weer ander Geelkameel gekry wat hy by Lem gekoop het. Prag van 'n fiets en hy is heel in sy noppies.
 
Gérrard said:
Thanks vir die lekker kuier. Vir die wat nog nie weet nie, Rudi het intussen weer ander Geelkameel gekry wat hy by Lem gekoop het. Prag van 'n fiets en hy is heel in sy noppies.

Hy moet ophou die fiets staan en bewonder en ons panniers klaar bou!

[member=12971]woody1[/member]  dit was lekker om jou te ontmoet! jy het 'n mooi seun grootgemaak met goeie maniere! Well done!!
 
Dankie,  en dankie dat ons kon inval om OU vriende weer te kan sien.

Kobus :thumleft:
 
One of the best bashes I've been to......looking forward to next year 1150 bash  :thumleft:
 
If I ever had to buy a BMW it will only be a black and yellow 1150 ADV  :drif:
 
That was a lekker bash!
Abrahamskraal will see me again soon.

Oh and this photo of my bike is great
0ce06371223288c15405bcfcc290c7e9.jpg
 
Bliknêrs said:
That was a lekker bash!
Abrahamskraal will see me again soon.

Oh and this photo of my bike is great
0ce06371223288c15405bcfcc290c7e9.jpg

Chris daardie foto is 'n poster in jou bar werd.
 
Mooi fotos  . . . wow !
RyNet (1150 ADV)  staan nou al frikken 6 maande met een of ander elektriese problem dis nou soos loop, dan staan, dan loop, dan staan . .  .eish
Dankie vir die inspirasie om RyNet weer 100% te kry !
 
This years is in Botswana, nice and close for us. 👍😎
 

Latest posts

Top