Kyk, 'n groot dam!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dis darem lekker om Oom weer terug op die forum te hê. Hier was 'n groot leemte gewees in oom se "afwesigheid" . Ons geniet die stories en die foto's baie.

Eendag as ek groot is wil ek ook die Vrystaat se vlaktes bietjie gaan verken.

Moet asb nie skaam wees om al oom se "avonture" en omgewing met ons aan te hou deel nie. ;)
 
Ons voorvaders persoonlik en regering het van damme , kanale en besproeiingsstelsels bou gehou. Onlangs kom ek af op n dam in NAM met geen naam. Op sy dag was dit die grootste dam in privaat besit in die suidelike halfrond. Die dam is gebou deur die Voight familie wat die grootste karakoel plaas in die wêreld gehad het. Ongelukkig behoort die grond nou aan die staat en die dam staan vol en niks word onder hom besproei meer nie. ☹️ 😬 :cry:
Die dam kan maklik gesien word op GE tussen Maltahohe en Mariental net noord van die pad.

 
Dis vir my baie hartseer om al die verlate plase en ou opstalle te sien. Ons het so twee jaar terug vir 'n lang naweek op 'n plaas so 80km buite Calvinia gaan bly. My vrou het nog nooit Ouberg Pas en Gannaga Pas gery nie, so die Saterdag het ons die bakkie en piekniek mandjie gepak en so sirkel roete gery Ouberg Pas op en Gannaga Pas af net om die natuur en die stilte so bietjie in ons are te kan ervaar. Ons het seker verby 2 of 3 verlate plase en vervalde opstalle gery. Ek wonder dan altyd by myself watse stories daai ou vervalle geboue kan verval.

Ek praat daai naweek met die Oom op wie se plaas on gebly het en hy sê die droogte het hulle maar hard geslaan en hy het genoem van hoeveel boere in die distrik hulle plase basies net opgegee en verlaat het. Hy sê as dit nie vir sy 2 seuns was wat op daai statuim in Amerika geboer het en gereeld geld huis toe gestuur het nie en vir 'n vrugbare boorgat wat konstant skoon water gelewer het nie, was hy seker ook een van daai boere gewees wat moes opgee.

Ek dink meeste mense verstaan nie waardeer baie van ons boere gaan nie... dis nou 'n beroep waarvoor ek baie respek het.

Wat is dan nou lekkerder as 'n koppie boeretroos, rus en vrede en 'n asemrowende uitsig......
Ouberg Pass.jpg
 
Baie dankie vir die rit rapport. Ek het baie geniet om dit in afrikaans te lees.

Ek was al bevoorreg gewees om oor die dam wal te ry, dit is ongelooflik indrukwekkend.
Daai deel van die land is regtig spesiaal.
 
Toe ek by die vulstasie stilhou, toe wys daar nog net een strepie op die brandstofmeter. Toe ek volgooi, neem hy maar 4.14 liter. MAW hy het nog 3.66 liter oorgehad. Daarop kon ek teoreties nog 128 km gery het. Ek is nogal beïndruk.

View attachment 913964
Ek sien dié brandstofverbruik is heel verkeerd. Rede is ek het op die plaas volgegooi uit 'n jerry kan uit toe neuk dit daai verbruik syfers heel op.
 
I don’t think there is better Afrikaans reading than something that you’ve typed.

Thoroughly enjoying the short story, thank you.
Ai, thanks @Mr D . Afrikaans is such an expressive language. I am always in awe of good writers and poets, wordsmiths who can build an image in one's mind that can never be rivalled by a movie or computer graphics. I find books vastly superior to movies in every respect. It is sad that the literacy level globally is in such a sad state. A quick glance through the web or generally any written material these days leaves one aghast at how poor people's command of their language – whatever it may be – truly is.

I appreciate your comment and glad you enjoyed reading it. (y)
 
Ons voorvaders was nie skaam vir damme bou nie!! 💪 👏
Die dam wat my die meeste verbaas elke keer as ek daar was agv sy ligging is die Naute dam 50kms vanaf Keetmanshoop. Sy water kom van baie ver uit die Karasberge en rondom hom is net dor wêreld en onderkant hom is nou wingerd en dadels. Kom ons hoop die nuwe naby geleë Neckartal dam sal ook so lyk onderkant hom een van die dae,want dit neuk maar om daai tweede sooi te spit na die dam voltooi is. 😬
Waaragtig Chris! Daai damme en hul soort het veroorsaak dat daar 'n totale ommekeer in groot dele van die lande was. Groot voorspoed vir hulle bevolkings gebring. Dis bitter hartseer om te sien hoe ons waterbronne so vieslik besoedel word.
 
Waaragtig Chris! Daai damme en hul soort het veroorsaak dat daar 'n totale ommekeer in groot dele van die lande was. Groot voorspoed vir hulle bevolkings gebring. Dis bitter hartseer om te sien hoe ons waterbronne so vieslik besoedel word.
Rhodesië se manne het net so baie damme gebou veral op plase. As ek op n GE toer gaan oor ZIM is ek verstom hoeveel damme daar is. 💪 👏
Baie van ons damme en veral kanale was met pik en graaf en donkie skrop gebou. Vaalharts projek was een van daai pik en graaf projekte.
 
Baie dankie vir die rit rapport. Ek het baie geniet om dit in afrikaans te lees.

Ek was al bevoorreg gewees om oor die dam wal te ry, dit is ongelooflik indrukwekkend.
Daai deel van die land is regtig spesiaal.
Ons het ook daar gestop 30 Januarie 2022, oppad Mosselbaai toe
Dit was die moete werd om vanaf die N1 af te draai dam toe
1726044802252.jpeg

1726044939067.jpeg
 
My skoonpa was van Philippolis Johan.
Seilskip van Rensburg.
Groot pelle met Oom Andre Kolver gewees,Oom Kolbe se seun, van Kafferfontein (MOERSE stuk grond).
Hy was Hoof van die Verwoerddam Skooltjie toe destyds gebou was, meestal Franse kids.
Sy ma, ouma Johanna, het hom alleen grootgemaak, Oupa Vieks is jonk dood in n gymkhana ongeluk.
Dis baie interessant Petri, hy kan seker 'n paar stories van daai dae vertel.
 
Waar hulle nie weet hoe lekker 'n uittand Hotnot kan lag

As jy wil rêrig lekker lag dan luister jy net n span draadspanners of skeerders, hul sêgoed sal jou laat maagpyn kry van die lag!! :ROFLMAO: 👏

Dankie vir die rondry in jou geooste Dorsland. 👏
Plesier Chris, nou weet jy ook bietjie van hier waar ek woon. Janee kyk, daai manne moet mens soms net 'n ent wegstap voor jy hardop aan't lag gaan oor hulle vertelgoed. Mens kan lekker daarna luister.
 
Ek is dankbaar vir jou stories so in egte Afrikaans, nou is dit verewig op die internet en nageslagte kan 'n blik gooi op hoe dinge was toe dit nog eg was.

Dankie vir die deel, dit verhelder altyd mens se gemoed.
Dankie @OomD , ek wonder of mens voorentoe nog oor bruin mense sal kan praat soos hulle van hulself praat. Dalk moet ek dié stories uitdruk en in die kluis bêre. Bly jy geniet dit.
 
Rhodesië se manne het net so baie damme gebou veral op plase. As ek op n GE toer gaan oor ZIM is ek verstom hoeveel damme daar is. 💪 👏
Baie van ons damme en veral kanale was met pik en graaf en donkie skrop gebou. Vaalharts projek was een van daai pik en graaf projekte.
Boegoeberg se dam ook. Baie interessante stories daaroor.
 
Hier sit ek in n uber oppad lughawe toe, en ek ry rond in die suid-Vrystaat. Hoe lekker! Dankie vir die lekker vertel Mnr Dorsland!
Dan is jy mos in die verkeerde Uber, jy gaan laat wees vir jou vlug! :cool: Groot plesier!
 
Dankie vir die saamry.
Ek ken glad nie daai wereld nie.
Het tussen plantasies en suiker riet lande grootgeword in Natal.

Sit nou in die verre Noorde.
DIs ook maar lekker droog hier die laaste tyd met veldbrande die wereld vol.

Ons bly darem in n mooi land!

Dankie
Dis 'n groot skuif wat jy gemaak het!
 
Top