Kyk, 'n groot dam!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek moet darem bieg, daar is myns insiens min mense wat so puik tweetalig kan skryf soos Dorsland...
Hy gebruik Shakespeare woorde in sy ingels ek moet kortkort gaan soek na die woord se betekenis. Is daai tyd wat hy onder tussen die 1852 britse setlaars spandeer het wat hom so brits gemaak het. 😜

Shakespeare: “Let it be known to the birth-giver that mine stomach consists of emptiness! Shakespeare’s Mom: “Oh for Heaven’s sake, Shakespeare! Just say, “Mum I’m hungry!”
 
Dis vir my baie hartseer om al die verlate plase en ou opstalle te sien. Ons het so twee jaar terug vir 'n lang naweek op 'n plaas so 80km buite Calvinia gaan bly. My vrou het nog nooit Ouberg Pas en Gannaga Pas gery nie, so die Saterdag het ons die bakkie en piekniek mandjie gepak en so sirkel roete gery Ouberg Pas op en Gannaga Pas af net om die natuur en die stilte so bietjie in ons are te kan ervaar. Ons het seker verby 2 of 3 verlate plase en vervalde opstalle gery. Ek wonder dan altyd by myself watse stories daai ou vervalle geboue kan verval.

Ek praat daai naweek met die Oom op wie se plaas on gebly het en hy sê die droogte het hulle maar hard geslaan en hy het genoem van hoeveel boere in die distrik hulle plase basies net opgegee en verlaat het. Hy sê as dit nie vir sy 2 seuns was wat op daai statuim in Amerika geboer het en gereeld geld huis toe gestuur het nie en vir 'n vrugbare boorgat wat konstant skoon water gelewer het nie, was hy seker ook een van daai boere gewees wat moes opgee.

Ek dink meeste mense verstaan nie waardeer baie van ons boere gaan nie... dis nou 'n beroep waarvoor ek baie respek het.

Wat is dan nou lekkerder as 'n koppie boeretroos, rus en vrede en 'n asemrowende uitsig......
View attachment 914084
Dis 'n baie mooi en betekenisvolle kiekie daai: pragtige uitsig, keteltjie oppie bakkie se klap, droë wors, die wind wat so kerm om die hoek van die bakkie, stilte, oopte, vryheid. Ja, die manne wat in daai geweste boer, mag maar.
 
Ek moet darem bieg, daar is myns insiens min mense wat so puik tweetalig kan skryf soos Dorsland...
Ek moet my darem in die donker teen wie ookal kan verdedig Jan. :cool::p

Hy gebruik Shakespeare woorde in sy ingels ek moet kortkort gaan soek na die woord se betekenis. Is daai tyd wat hy onder tussen die 1852 britse setlaars spandeer het wat hom so brits gemaak het. 😜

Shakespeare: “Let it be known to the birth-giver that mine stomach consists of emptiness! Shakespeare’s Mom: “Oh for Heaven’s sake, Shakespeare! Just say, “Mum I’m hungry!”

Ek wens ek kon Zoeloe of Xhosa of Tswana vlot praat. Ek het al baie by my verskeie werksmense dat hulle my help om dit te leer maar hulle is – om verstaanbare redes – nie baie gewillig nie.
 
Ek moet my darem in die donker teen wie ookal kan verdedig Jan. :cool::p

Ek wens ek kon Zoeloe of Xhosa of Tswana vlot praat. Ek het al baie by my verskeie werksmense dat hulle my help om dit te leer maar hulle is – om verstaanbare redes – nie baie gewillig nie.
Dis nogal jammer daar is nie n soort boere fanakalo, dan kan almal op die plase hom leer en almal landswyd praat dieselfde taal soos in die myne. Sal my nie veel help want in my geweste sal ek moet Malawies aan leer.
 
Dis 'n baie mooi en betekenisvolle kiekie daai: pragtige uitsig, keteltjie oppie bakkie se klap, droë wors, die wind wat so kerm om die hoek van die bakkie, stilte, oopte, vryheid. Ja, die manne wat in daai geweste boer, mag maar.
Daai keteltjie kom van my pa se jong dae af. Hy was 'n bosbouer van beroep ( soos my vrou sê... 'n kersfeesboom boer) en het baie in die veld en berge spandeer. Ek dit oorgeneem toe hulle huis opgepak het en ek probeer maar die tradiesie voortbou. Die keteltjie is seker al hier rondom 50 jaar oud en werk nog al die pad. Daai foto op Ouberg pas het ek die spirits vergeet, maar gelukkig was daar hand sanitizer in die bakkie gewees na die Koevert-19 tydperk wat ten minste 'n beter doel gedien het het as om jou hande mee te saniteer.

Daar is niks beter as om langs die pad te stop en 'n tydjie te vat om die mooi, rustigheid, varslig en saligheid van die natuur te sit en in neem nie.

Hier doen die ketel'tjie weer sy ding in die Baviaanskloof oppad na 'n jag sessie buite Pearston in 2020. Daai ketel kook vinniger water as die manne met hulle nuwe "fancy" kompakte gas branders ;)

Baviaans.jpg
Baviaans_1.jpg
 
Dis darem lekker om Oom weer terug op die forum te hê. Hier was 'n groot leemte gewees in oom se "afwesigheid" . Ons geniet die stories en die foto's baie.

Eendag as ek groot is wil ek ook die Vrystaat se vlaktes bietjie gaan verken.

Moet asb nie skaam wees om al oom se "avonture" en omgewing met ons aan te hou deel nie. ;)
Baie dankie @Black_Hawk , ek is ook bly as julle dit geniet. Maar jy hoef nie te wag nie om die Vrystaat te kom verken nie, dis nie so vêr van die Kaap af nie. Maak net seker jy het jou paspoort byderhand. 😁
 
Ek en die vrou wil Desember so paar dae afvat en weer plekke gaan verken waar ons nog nie was nie. Zebra het 'n draad geskep waar hy raad vra van mede brakke in Kimberley en toe kry ek 'n verskriklike brein-poep..... ek krap toe gister so bietjie rond op Googlelethu-maps en sien toe dat dit nie so ver is om die groot gat te gaan sien en so paar onbekende klein dorpies ook te gaan verken nie.

'n Hele paar jaar terug (rondom 2008 of dalk 2009) was ek met 'n projek in Bloemfontein besig gewees.... daai was die dae toe Bloemfoentein se lughawe nog soos 'n ou verlate sink stoor gelyk het. Ons het 'n naweek af gehad en ek en my kollega het to besluit om vir Mavis (ons Avis kar) vir 'n spin te vat van Bloemfontein na KImberley om die allerbekende groot gat te gaan sien.

Behalwe vir my vlugtige werk besoek aan Bloemfontein en ons dag rit na Kimberley en terug ken ek glad nie die Vrystaat nie. My vrou was ook nog nie daar gewees ie so dalk moet ek kyk om Desember plan te sien en so bietjie die onbekende (vir ons) te gaan verken. Ek weet dit gaan heel moontlik baie warm daai tyd van die jaar wees.

Hier is so na klankie van my brein-poep, ek sal die plan aan my huisdier'tjie voorlê en dan in meer diepte navorsing doen en roetes beplan.

** Ek is allergies vir enige paaie vat met 'n N begin.

Jammer vir die high-jack van die draad

1726135194807.png
 
Boegoeberg se dam ook. Baie interessante stories daaroor.
Kanoneiland was SA se eerste grondeis besetting.

Die vestiging van blanke boere dateer uit die jare 1927 tot 1932. Ontbossing is begin en op 5 Maart 1928 het 52 grondhonger setlaars wederregtelik Kanoneiland beset. Aangesien dit staatseiendom was, staan die staat die “plakkery” teen en stuur sers. A. Coetzee van Louisvale om die landdiewe te verwilder. Coetzee ondersteun egter die setlaars. Hulle vlyt en deursettingsvermoë beïndruk die regering so dat die boere toegelaat word om die besette stukke grond te koop.
 
Mooi, lekker storie!
Jy kan maar!
Snaaks dat ek het ook die mense daar by die OK gaaf gevind. Ek het langs dit buite by so restaurant kafee plekkie ge-eet en dit was baie lekker en billik!
As dit nie vir die politiek was nie, het ek dalk daar by Norvalspont gebly! Was jy al daai kant? Laas wat ek gehoor het staan die vistelery daar nog doodstil. Dept Landbou het my jare terug soontoe gevat omdat hulle dit weer wou aan die gang kry.
Ek hou daarvan om op die brug aan die bokant te stop en net te kyk na die groot stuk water en wat ons nasie daar vermag het! Vêr voorruit gedink en gedoen!
As jy weer daar gaan draai, ry in aan die oorkant by die begrafplaas van die konsentrasiekamp, vat net groot pak snesies saam vir die stof. Ek raak so stil binne my as ek sien wat ons voorvaders opgeoffer het vir ons land!
Dankie vir die deel!
 
Ek en die vrou wil Desember so paar dae afvat en weer plekke gaan verken waar ons nog nie was nie. Zebra het 'n draad geskep waar hy raad vra van mede brakke in Kimberley en toe kry ek 'n verskriklike brein-poep..... ek krap toe gister so bietjie rond op Googlelethu-maps en sien toe dat dit nie so ver is om die groot gat te gaan sien en so paar onbekende klein dorpies ook te gaan verken nie.

'n Hele paar jaar terug (rondom 2008 of dalk 2009) was ek met 'n projek in Bloemfontein besig gewees.... daai was die dae toe Bloemfoentein se lughawe nog soos 'n ou verlate sink stoor gelyk het. Ons het 'n naweek af gehad en ek en my kollega het to besluit om vir Mavis (ons Avis kar) vir 'n spin te vat van Bloemfontein na KImberley om die allerbekende groot gat te gaan sien.

Behalwe vir my vlugtige werk besoek aan Bloemfontein en ons dag rit na Kimberley en terug ken ek glad nie die Vrystaat nie. My vrou was ook nog nie daar gewees ie so dalk moet ek kyk om Desember plan te sien en so bietjie die onbekende (vir ons) te gaan verken. Ek weet dit gaan heel moontlik baie warm daai tyd van die jaar wees.

Hier is so na klankie van my brein-poep, ek sal die plan aan my huisdier'tjie voorlê en dan in meer diepte navorsing doen en roetes beplan.

** Ek is allergies vir enige paaie vat met 'n N begin.

Jammer vir die high-jack van die draad

View attachment 914262

... oorweeg die grondpaaie ... baie meer sports en dinge om te beleef in daardie wereld ... jy moet ten minste eenkeer in jou lewe deur Putsonderwater ry ... lyk of jy gaan
 
Gelukkig verkies ek die grondpaaie. Grondpaai en die rustigheid en mooi natuurskoon stap mos saam soos boude. Maak nie saak of ek met die bakkie of die motorfiets ry nie, dis nie lank na ek uit die Kaap uit is voor ek 'n strof streep in my tru-spiëels sien nie. En Putsonderwater is op my tentatiewe beplande roete ;)
 
Baie dankie @Black_Hawk , ek is ook bly as julle dit geniet. Maar jy hoef nie te wag nie om die Vrystaat te kom verken nie, dis nie so vêr van die Kaap af nie. Maak net seker jy het jou paspoort byderhand. 😁
Jy moet "lekker" wees, een van die dae bel ek jou uit die drop en vra vir jou plaas se GPS Ligging dat ek lan kom bokke kyk en boeretroos drink
 
@Dorsland "Sal jy glo die dam se kuslyn is omtrent 430km."

If you add together the coastlines of the Vaal Dam and the Gariep Dam, the Free State has a longer coastline than Natal.
.....and that's even when you exclude the coastline of Vanderkloof Dam....just up the road from Gariep.... the second-largest dam in South Africa (in volume), having the highest dam wall in the country at 108 metres (354 ft).......
 
Ek en die vrou wil Desember so paar dae afvat en weer plekke gaan verken waar ons nog nie was nie. Zebra het 'n draad geskep waar hy raad vra van mede brakke in Kimberley en toe kry ek 'n verskriklike brein-poep..... ek krap toe gister so bietjie rond op Googlelethu-maps en sien toe dat dit nie so ver is om die groot gat te gaan sien en so paar onbekende klein dorpies ook te gaan verken nie.

'n Hele paar jaar terug (rondom 2008 of dalk 2009) was ek met 'n projek in Bloemfontein besig gewees.... daai was die dae toe Bloemfoentein se lughawe nog soos 'n ou verlate sink stoor gelyk het. Ons het 'n naweek af gehad en ek en my kollega het to besluit om vir Mavis (ons Avis kar) vir 'n spin te vat van Bloemfontein na KImberley om die allerbekende groot gat te gaan sien.

Behalwe vir my vlugtige werk besoek aan Bloemfontein en ons dag rit na Kimberley en terug ken ek glad nie die Vrystaat nie. My vrou was ook nog nie daar gewees ie so dalk moet ek kyk om Desember plan te sien en so bietjie die onbekende (vir ons) te gaan verken. Ek weet dit gaan heel moontlik baie warm daai tyd van die jaar wees.

Hier is so na klankie van my brein-poep, ek sal die plan aan my huisdier'tjie voorlê en dan in meer diepte navorsing doen en roetes beplan.

** Ek is allergies vir enige paaie vat met 'n N begin.

Jammer vir die high-jack van die draad

View attachment 914262
Op daai roete gaan jy die Vrystaat heel mis ry, ter danke aan die Britte. Daai spikkelstreep nét oos van Kimberley is waar die Britte daai tyd sommer luukrak 'n streep getrek het om Kimberely by die Kaap provinsie in te sluit sodat hulle die diamantvelde daar vir hulle kween kon eis. Jy sal moet verder oos om die fraaie Vrystaat te verken.

Buitendien, jy gaan dalk by Prieska met 'n splinternuwe strykyster van @ETS uitry. Dan kontak hy mens aanhoudend oor die verlengde strykyster waarborg wat hy wil smous. :cool:😁
 
  • Love
Reactions: ETS
Top