4 Dae in Malawi.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Awesome julle!!!

Al die foteos so op n vradag oggend wil my net laat gaan gatskuur!!!

Dankie vir die deel!!!  :thumright:

:ricky: :ricky: :ricky:
 
Jis verlang ek nou Malawi toe julle.......... :thumleft: Ons was al verskeie kere daar maar nooit met die bikes, dis nog n MOET doen op my lysie..... ;)

Malawi is seker die veiligste, vriendelikste land in Afrika maar ook brandarm ongelukkig. Die pols van Afrika loop sterk daar en mens wil net daar bly, dink nogals ons gaan erens eendag daar dalk aftree nog..........

Duster jy is reg, volgende keer ry die "Tete corridor" en gaan in by Mwanza, lekker pad en grenspos is nie so besig. In Mutare kan mens slaap by een van die vele kerke se sale, ons gebruik gewoonlik die NCMI kerk se saal want daar is matrasse en lekker showers met n mooi tuin :thumleft: Nog n deel van Malawi wat spectacular is is die koffie/tee gebied rondom Mulanje :thumleft:

Dankie vir n lekkr lees ride report, great om sulke vriende te hê wat dit met mens kan deel!
 
Baie dankie vir die deel.  Dit was 'n voorreg om saam met julle te toer.   :thumleft:   :deal:

So 'n toer is lekker as die pillion nice is, die ander mense in die groep nice is en as die plekke waar jy bly nice is.

Julle het dit alles in een pakket gehad  :deal:  ;D  Wat 'n ondervinding.
 
Roxtar said:

Jys reg, Malawi is baie arm, maar die mense daar weet jy is hulle inkomste, en dra jou dus op die hande.  Maar baie veilig!  Ons gaan beslis weer en dan wil ons daai Tete corridor gaan doen.  Dankie vir die kerk saal info, dit sal baie help.  Is daar kontal info as mens met hulle wil kontak maak?
 
JMOL said:
Baie dankie vir die deel.  Dit was 'n voorreg om saam met julle te toer.   :thumleft:   :deal:

So 'n toer is lekker as die pillion nice is, die ander mense in die groep nice is en as die plekke waar jy bly nice is.

Julle het dit alles in een pakket gehad   :deal:   ;D  Wat 'n ondervinding.
JMOL, ons het als in ons pakkie gehad.  Ek en Stoffies ry altyd alleen, en hierdie was vir ons 'n eerste om so 'n groep saam te vat, maar dit is baie great vriende en ons verstaan mekaar en het mekaar spasie gegee.  Dis belangrik.  Wat my pillion aan betref, kan ek vir geen beter gevra het nie, sy is awesome en ken my al so goed dat ek nie eens soms haar iets moet sê nie, dan doen sy dit al klaar.  Ons 2 gaan nog jare en baie kms saam ry.
 
Ek stem saam met Duster jou pillion wat saam met jou ry is so belangrik. Nie net met die vertrou in jou as bestuurder nie maar ook sy wat agter opsit maak dit of maklik of baie moeilik en daar kan ek ook sê dat Karien n ongelooflike pillion is. Sy neem meeste van die tyd foto's terwyl ons ry en ek kan nie eenkeer sê dat ek ongemaklik was met haar agter op nie.

Wat die groep aanbetref was ek maar die stil een want met die gesukkel in die begin met die brandstof pomp het my half omkant betrap. Ek sal enige tyd weer saam ons groep ry want ons het mekaar aangevul waar dit nodig was en daar was nooit enige struweling gewees nie, behalwe nou met die mozzies.

dankie Duster vir die ongelooflike RR ek het als weer van vooraf beleef.

Aan die ander wat die rut wil aanpak, doen dit dit is die moeite werd verseker.

Wat Yatar sê oor die Visa kaarte  vat maar beide saam as back up en genoeg ekstra geld vir waar daar nie banke is wat werk nie.
 
`n Mens lees altyd lekker aan `n ritverslag as jy jou daarmee kan vereenselwig. Ek het hierdie een baie geniet, dit is `n roete wat ek self nog graag saam met my vrou sal wil doen. Baie dankie daarvoor!
 
cruizaman said:

:thumleft: Gaan doen dit gerus, baie veilig gevoel en gewees, en julle sal Malawi geniet.  Ons gaan beslis weer eendag!
 
Puik. Ek sit hier in die Wimpy op my I-pad en lees, en ek kry trane in my oge. Wat meer kan 'n mens vra van die lewe?
 
Jors Troelie said:
Puik. Ek sit hier in die Wimpy op my I-pad en lees, en ek kry trane in my oge. Wat meer kan 'n mens vra van die lewe?
As jy besluit om te gaan, kontak my, ons ry saam, dis al wat ek meer kan vra!  :ricky:
 
Lanklaas 'n hele RR op 'n slag deurgelees, well done, Malawi ook op my bucket list, maar ek wil fiets op trein laai van Slaapstad..
 
weskus said:
Lanklaas 'n hele RR op 'n slag deurgelees, well done, Malawi ook op my bucket list, maar ek wil fiets op trein laai van Slaapstad..
Ek hoor dis nie so baie duur om fiets op die trein te laai nie.  Het vriende wat 'n ruk terug van Jhn na Slaapstad op die trein met hul bike gery het en hy sê die prys was billik gewees.

Van waar sal jy wil ry as jy met die trein opkom?
 
Nouja, daar het ek nou my slaap lekker opgeneuk. Oor 5h55min moet ek opstaan, maar ja, dit was n lekker rr om deur te lees. Dankie vir die deel.

Bucket list, ek gaan jou een vd dae n lekker dropkick gee.

Jammer julle 2, maar baie bly julle het dit gelees.  Jammr julle moet nou so vroeg uit die vere en sterkte vir vandag se werkery ;)
 
Top