4 Dae in Malawi.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Het ek al gesê dat Stoffies mal was oor Malawi, veral by die meer?  Check die uit!!
 

Attachments

  • 41.JPG
    41.JPG
    173.1 KB
  • 44.JPG
    44.JPG
    188.8 KB
  • 46.JPG
    46.JPG
    255.7 KB
  • 49.JPG
    49.JPG
    193.5 KB
Ek sal maklik ook daar gaan bly, maar met 'n vrou wat so wil rondhang heeldag sal ek dit moet heroorweeg, anders gaan ek alles self moet doen!! ???

Die terugry na die teerpad toe van die lodge af, was sonder voorvalle, of omvalle, maar Stoffies en Karien het die tyd benut om mooi fotos van die mense daar te neem terwyl hulle gestap het.

Van daar is ons na nog 'n naby lodge om te sien wat hulle aanbied.  Dit was die Chipoka Lake View lodge.  Die kroegie sê alles!!

Ons het egter 'n paar koues daar geniet voor ons weer die pad gevat het na Senga Bay toe.
 

Attachments

  • 50.JPG
    50.JPG
    271.1 KB
  • 52.JPG
    52.JPG
    275.7 KB
  • 53.JPG
    53.JPG
    255.8 KB
  • 56.JPG
    56.JPG
    182.8 KB
  • 57.JPG
    57.JPG
    196.1 KB
  • 59.JPG
    59.JPG
    185.7 KB
  • 68.JPG
    68.JPG
    287.8 KB
  • 71.JPG
    71.JPG
    216.1 KB
  • 73.JPG
    73.JPG
    198.7 KB
  • 75.JPG
    75.JPG
    231 KB
In Senga, of Salima, soos hulle dit noem, het ons geld getrek.  Sonja het gou 'n taxi nader geroep en so 'n vinnige spin saam die drywer geneem.

'n Jong mannetjie het ons kom kos aanbied!!  Eish, lyk soos mossies of so wat oor die kole gebraai is.  Ons was nie baie honger nie!!!  Maar net voor die hotel se ingang het ons gou 'n paar mooi tamaties vir aandete gekoop.  Onthou ons gaan vanaand by Steps slaap.  Omdat dit alweer op middagete was, het ons besluit om ete te bestel, lekker te ontspan en dan kampplek toe te ry en tent te gaan opslaan.

Middagete was heerlik en ons het ook vir Nick en sy vrou ontmoet wat van Engeland af kom, maar in Lilongwe werk.  Hy is 'n direkteur van 'n skool daar en sy kontrak verstryk oor 3 jaar.  Dan gaan hy en sy met die 1200GS van Malawi af terug Engeland toe ry.  Ek weet nie wat sy nog doen nie, maar sy vrou ry elke oggend perd.  (Nee, ek kon dit nie van haar bene aflei nie!  Sy het self so gesê!)

Ons het na ete gou gaan betaal vir die kampplek en toe aangesuiker Steps toe.  Dis net langsaan die hotel, maar toe ons daar aankom, lyk dit soos Margate se strand, die dag net voor Kersfees.  Die kamp is oop vir dagbesoekers, en dis Sondag.  Dit het gewemel van mense, oorverdowende (nie Afrikaanse) musiek en braaivleis rook.

Daar was nie 'n spot oop om ons tente op te slaan nie.  Die hekwag het gesê ons moet net chill, die mense moet 17:00 uit wees, dan kan ons tente opsit.  En dit was nou eers 15:00.  Haaaallllooooo!!!  Hierdie kite gaan nie vlieg nie! :dousing:

Ons was redelik omgekrap oor die situasie, want die prentjie was nie aan ons geskilder toe ons betaal het nie.  As ek reg onthou is aan ons gesê dat Steps die beste kampplek in Malawi is.  Huh??  Miskien in die week, ja!

Ons het gou beraadslaag, die besluit gemaak om net 'n klein ent terug te ry en 'n ander kampterrein te gaan verken.  Ek en Johan is na een toe, maar toe ons sien "Day visitors", net omgedraai en vir Willie gaan wag.  Hy het na 'n ander een gaan kyk.

Daai was blykbaar 'n opsie en Sonja was baie chaffed.  Ons het egter reeds betaal by die hotel en dadelik vir Willie afgevaardig om te gaan onderhandel om ons geld terug te kry.  Wat hy toe reggekry het.
 

Attachments

  • 82.JPG
    82.JPG
    272.2 KB
  • 84.JPG
    84.JPG
    244 KB
  • 87.JPG
    87.JPG
    269.4 KB
  • 88.JPG
    88.JPG
    201.9 KB
  • 90.JPG
    90.JPG
    95 KB
  • 92.JPG
    92.JPG
    291.6 KB
  • 95.JPG
    95.JPG
    247.8 KB
  • 99.JPG
    99.JPG
    265.4 KB
  • 101.JPG
    101.JPG
    284.4 KB
  • 102.JPG
    102.JPG
    293 KB
Ons slaapplek was die Safari Beach lodge.  Die eienaar het ons sy private strand area aangebied om ons tente op te slaan.  Wat 'n prentjie.  Die enigste nadeel was dat ons alles teen 'n baie steil trappies moes afdra, want die paadjie van bo af vir die bikes was vir my net te steil en riskant.  Willie wou nog waag, maar ons het toe eerder alles gedra.  Die besluit om na 'n ander kamp te gaan soek ,was weereens 'n baie goeie een.

Na ons kamp opgeslaan het, het ons bietjie in die water gaan afkoel en die aand met worsbraai en ander bykosse om die kampvuur afgesluit.  Vanaand het ons ook 'n Pinto Tinto oopgemaak wat Johan vir ons saamgery het.  Die botteltjie was amper leeg toe ons gaan slaap het.  Dankie mater, daai rumpie het goed afgegaan.
 

Attachments

  • 105b.JPG
    105b.JPG
    209.5 KB
  • 112.JPG
    112.JPG
    217.5 KB
  • 116.JPG
    116.JPG
    206.5 KB
  • 122.JPG
    122.JPG
    311 KB
  • 125.JPG
    125.JPG
    189.3 KB
  • 128.JPG
    128.JPG
    200.3 KB
  • 132.JPG
    132.JPG
    170.6 KB
  • 134.JPG
    134.JPG
    192.9 KB
  • 138.JPG
    138.JPG
    164.4 KB
Dag 9 was op die strand afgesluit.  Afstand vir die dag was ongeveer, en ek raai nou omdat ek nie boekgehou het nie, 140km??

Dag 10:  Roete: Senga Bay na Chipata toe.

Foto 1.  Dis wat ons gesien het toe ons wakker word.  Ek gaan dit mis!!!

Maar nie die apies nie.  Hulle is nogal lastig.  Een het Johan se gasbotteltjie gesteel en ek het met moeite hom gekry om dit te laat val.

Na ontbyt het ons met moeite alles weer opgedra bikes toe en in die pad geval Lilongwe toe.  Vandag moes ons weer totsiens sê vir Sonja wat sou terug vlieg Jhn toe.

Die fotos wys die goed wat die Malawiers op enige iets sal laai.  Onthou ek het vroeër geskryf dat ek nog vab dit sal wys.
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    143.4 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    193 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    236.7 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    200.3 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    213.9 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    216.6 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    211.1 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    201.5 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    217.7 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    232.1 KB
Die oggend het redelik vining gevlieg en ons was seker so 9:30 by die lughawe.  Sonja se vlug was eers naby 12:30, maar ons het besluit om nie te wag nie, maar aan te stoot sover ons kan.  My plan was om by Mama Rulas in Chipata te oornag, maar as ons verder kon stoot, het ons 'n kans om tyd op te maak sodat ons meer tyd by Vic Valle sou kon hê.  Nadat ons 'n vinnige brunch by die lughawe gehad het, het die swaar groet gekom.

(Ek kan nie dink dit was vir Willie lekker om te groet nie, en ek het my vriend rerig jammer gekry!)  Maar die lewe wag mos vir niemand nie, en loop soos hy loop.

'n Uur later was ons weer by Mwami grenspos en dit het sommer voor die wind gegaan.  Geen gelde om te betaal nie, want alle papiere is 30 - 90 dae geldig.  What a pleasure!  Tot ons temperatuur gemeet om te kyk of ons nie ebola het nie!  Hier het ons ook al ons Malawi geld terug geruil na Zambiese kwatchas.

As julle eendag in Malawi gaan kuier, onthou tog om die geld wat jy spandeer het, te onthou, want dis een van die strikvrae as jy uitgaan.  En jy moet iets insit, anders stempel hulle nie jou paspoort nie.
 

Attachments

  • 21.JPG
    21.JPG
    231.5 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    223.6 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    210.8 KB
  • 27.JPG
    27.JPG
    237.8 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    241.8 KB
  • 32.JPG
    32.JPG
    294.2 KB
Ons was heeltemal te vroeg in Chipata en het besluit om te stoot vir Petauke, waar ons ook met die gaan slag oorgeslaap het.  Ons het gou iets in die Spar gekoop om ons rantsoene en water aan te vul, voor ons in die pad geval het.  Die groter winkels in al die lande waar ons was, is baie goed gevoorraad, met alles wat ons nodig gehad het.

Ek het vertel van die kruisie wat ons by Kate se boom gaan vasslaan het.  Lodie en Katie het ook in 'n kerkie gaan sit op hul toer, en na die vrouens geluister terwyl hulle gesing het.  Dit was vir hom baie spesiaal, en het ook die kerk se gps vir my gegee.  Vandag het ons daar gstop en sommer net daar rondgestaan en gewonder hoe dit vir hulle daai tyd was.  Lodie, die fotos is vir jou en Kate.
 

Attachments

  • 34.JPG
    34.JPG
    85.4 KB
  • 36.JPG
    36.JPG
    314.1 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    181 KB
  • 41.JPG
    41.JPG
    158.6 KB
  • 45.JPG
    45.JPG
    284.9 KB
Van die kerkie af was dit nie te ver na Katete toe nie, en ons het daar op die stoepie van 'n winkel gesit en koeldrank drink.  Die verbygangers was soos ons nou al gewoont geraak het, baie geselserig en wou alles van ons weet.

Ons was so naby 16:00 op Petauke en het voor half 5 weer met 'n koue bier in die hand gesit.

Daardie aand reeds het ons oor Willie se kaart gebukkend gesit en soek vir 'n korter pad Malawi toe, want dis die moeite werd om weer te gaan.  Ek dink daai aand is die beplanning begin vir die volgende Malawi trip??? :3some:

Willie was daai aand weer alleen in sy tent, en het baie plek vir himself gehad! ;)

Einde van dag 10 gewees.  Totale afstand was ongeveer440km.

 

Attachments

  • 46.JPG
    46.JPG
    207.7 KB
  • 48.JPG
    48.JPG
    197.3 KB
  • 50.JPG
    50.JPG
    219.3 KB
  • 52.JPG
    52.JPG
    242.3 KB
  • 57.JPG
    57.JPG
    262.2 KB
  • 59.JPG
    59.JPG
    245.2 KB
  • 60.JPG
    60.JPG
    149.9 KB
Ek sou nogal gedink het dat mens deur Botswana kan sny eerder as Zimbabwe?

n Pad wat ek graag weer wil doen is deur SWA en die Caprivi strook, dan oor die rivier in Zambia in en sommer deur al die pad na Malawi. Sal nog mooi gaan beplan aan daai een!
 
TVB said:
Ek sou nogal gedink het dat mens deur Botswana kan sny eerder as Zimbabwe?

n Pad wat ek graag weer wil doen is deur SWA en die Caprivi strook, dan oor die rivier in Zambia in en sommer deur al die pad na Malawi. Sal nog mooi gaan beplan aan daai een!
TVB, Botswana is definitief 'n opsie, maar is net verder.  As ons meer tyd gehad het, sou ons dit oorweeg het, en dan Beitbrug uitgesny het.  Die kortste pad van Naboom af is Beitbrug, Masvingo, Mutare, oor die grens in Mosambiek in en dan reguit noord na Tete en van daar af direk Blantyre, Mangotchi na die meer toe.  Gaan dit in gedagte hou volgende keer.
 
Dag 11.
Roete"  Petauke na Lusaka, was die beplanning, maar omdat ons gister mooi tyd opgemaak het, het ons besluit om daarop voort te bou en te stoot tot by The Moorings Campsite, naby Monze.

En so het die dag oor ons gebreek, met die belofte van nog 'n geleentheid om alles te geniet wat die Skepper verniet vir ons gee.

Nou was ons mos op 'n pad wat ons net 'n paar dae tevore ook gery het.  Net 'n paar fotos wat ons gesien en ervaar het.
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    221.2 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    156.2 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    185.6 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    198.4 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    232 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    212.9 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    177 KB
Net oor die Luangwa brug het die Zambiese Binnelandse sake 'n padblokkade gehad en ons moes almal ons paspoorte wys.  Dit was ook 'n geleentheid om bene te rek en weer koeldrank te koop.

Die pad Lusaka toe was maar redelik eentonig, en die baie wrakke was weereens opmerklik, dat dit nie weggesleep word nie, maar sommer so langs die pad bly lê.
 

Attachments

  • 19.JPG
    19.JPG
    217.8 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    284.1 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    193.8 KB
  • 26.JPG
    26.JPG
    179.1 KB
  • 32.JPG
    32.JPG
    274.5 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    249.1 KB
  • 36.jpg
    36.jpg
    142.5 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    184.5 KB
Die vorige keer wat ons die oggend uit Lusaka uit weg is, het dit ons 1,5h geneem om deur die stad te ry.  Ons het weer begroot vir dieselfde tyd, maar het eers middagete by Mike Kitchen gaan eet.  Dit was baie lekker en nadat ons die bike ook volgemaak het, baie vinniger deur die stad as wat ons beplan het! :pot:

Toe ons by die garage wegry, sien ek Willie wat voor ry, is haastig, en ek draai om en sê vir Stoffies "Willie moet oppas vir te vining ry!" toe sê sy ek moet oppas, daars 'n spietkop in die pad. :3some:

Nou ja, Willie is mos ons onderhandelaar, en ons staan toe maar in die skaduwee tot hy terugkom en sê ons moet ry, alles uitgesort.  Dit het hom R200 gekos, maar die aanvanklike boete was R600, R200 vir elke bike!!  Ons het hom maar daai aand getreat met 'n koue een!
 

Attachments

  • 44.JPG
    44.JPG
    227.8 KB
  • 47.JPG
    47.JPG
    220.1 KB
  • 49.JPG
    49.JPG
    230.2 KB
  • 51.JPG
    51.JPG
    176.6 KB
  • 52.JPG
    52.JPG
    245.4 KB
Net vir belangstelling, die foto op die vorige post van die petrol pomp se lesings, is 15lt wat Johan in sy 1200GS gegooi het na ongeveer 330km se ry.

The Moorings is 'n beesplaas tussen Lusaka en Livingstone en ek en Stoffies het in 2011 se toer ook daar oornag.  Ons was vroeg genoeg daar om daglig nog tent op te slaan en te settle met 'n paar koues.

Iets waaraan ons nog moet gewoont raak, en op die trip het ons dit 'n paar keer ervaar, is dat die kamp opsigters dieselfde storte as besoekers gebruik.  En dan wag hulle nie tot almal gaan slap het nie, hulle stort sommer dieselfde tyd as ons.  Maar dis mos hulle plek, en hulle is anders as hier by ons, houding gewys.

Ons het lui lekker op die groot stoep rond gelê en chill, aandete uit die tasse gemaak en baie rustig tente toe gedwaal.

Foto nr 74 wys Willie hoe lyk 'n biker as hy heeldag in die saal was, en 75 is nog een van my persoonlike gunsteling fotos van die toer.

Einde dag 11.  Totale afstand gery:  600km.
 

Attachments

  • 60.JPG
    60.JPG
    207.5 KB
  • 62.JPG
    62.JPG
    272.2 KB
  • 66.JPG
    66.JPG
    272.2 KB
  • 66a.JPG
    66a.JPG
    197.9 KB
  • 67.JPG
    67.JPG
    231 KB
  • 69.JPG
    69.JPG
    255.8 KB
  • 70.JPG
    70.JPG
    257.4 KB
  • 74.JPG
    74.JPG
    307.3 KB
  • 75.JPG
    75.JPG
    227.2 KB
  • 76.JPG
    76.JPG
    248.2 KB
Die aand was vir my gekenmerk deur die varke wat so deur die nag geraas het, (plaasvarke) en die honde wat redelik geblaf het.  Ek het daai aand nie so lekker geslaap nie.  Maar die volgende oggend het ons redelik vars opgestaan en uitgesien na die pad wat voorlê.

Ons was elke oggend dou voor dag wakker, en vanoggend het ek weer my kamera gegryp en die foto van die sonopkoms geneem.  Wat 'n voorreg.

Ons het ontbyt gemaak, opgeslaan en soos ons elke oggend gemaak het, kringetjie gestaan, Sy beskerming oor ons dag gevra en toe in die pad geval.  Die plaaspaadjie moes ons deel met die beeste, en daardie heerlike reuk van vars beesmis en stof sal ek lank onthou.

In Choma het ons gestop en watersakke volgemaak en die res van die pad aangedurf Livingstone toe.

 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    191.3 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    233.9 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    278.1 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    191.3 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    164.6 KB
  • 11a.JPG
    11a.JPG
    190.8 KB
  • 11b.JPG
    11b.JPG
    202.2 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    174.4 KB
  • 14.JPG
    14.JPG
    149.7 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    249.5 KB
Karien het die fotos van die bikes se voorwiele geneem om te wys hoe vuil die bikes was.  Maar ons toer mos, hulle kan nie heeltyd skoon bly nie!!

Die pad wes na Livingstone was sonder voorvalle, maar my boude het rerig begin seer word.  Die ouens wat al blasé onder die voete gehad het, weet mos hoe dit voel as jy jou voet optel en die pressure van die blaas afhaal??  My alie het so gevoel elke keer as ek gemeerkat het.  Dit het kompleet gevoel of die vel wegtrek van die vleis af.  Maar ons is mos nie sissies nie, en het dit gevat soos 'n man!!  Die vrouens het nie so gekla soos ek nie, weet nie hoe hulle boude gevoel het nie!?

Ons het so elke 100-150km gestop om bene te rek.
 

Attachments

  • 17.JPG
    17.JPG
    277.9 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    243.4 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    254.5 KB
  • 20.JPG
    20.JPG
    180.7 KB
  • 22.JPG
    22.JPG
    295.8 KB
  • 27.JPG
    27.JPG
    184 KB
  • 28.JPG
    28.JPG
    188.6 KB
  • 29.JPG
    29.JPG
    172.9 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    212.3 KB
  • 32.JPG
    32.JPG
    138.2 KB
11:15 was ons in Livingstone en het reguit na The Waterfront toe gery waar ons getent het.  Ons het ook al hier geslaap en weet dat die dek die plek is om te ontspan met 'n yskoue bier en middagete.  En dis wat ons toe gedoen het.
 

Attachments

  • 35.JPG
    35.JPG
    233.5 KB
  • 36.JPG
    36.JPG
    199.6 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    296.6 KB
  • 40.JPG
    40.JPG
    225.3 KB
Nog pics. van op die dek.
 

Attachments

  • 43.JPG
    43.JPG
    270.5 KB
  • 44.JPG
    44.JPG
    264.6 KB
  • 46.JPG
    46.JPG
    205.9 KB
  • 47.JPG
    47.JPG
    301.8 KB
  • 51.JPG
    51.JPG
    222.3 KB
  • 52.jpg
    52.jpg
    129 KB
  • 53.JPG
    53.JPG
    226.3 KB
  • 54.JPG
    54.JPG
    234.2 KB
  • 56.JPG
    56.JPG
    227.2 KB
  • 57.JPG
    57.JPG
    226.4 KB
Ons het na ete gou die bikes gevat en sommer net so met kortbroeke en plakkies na die brug toe gery waar hulle bungy jump.  Teen die tyd was dit snikkend warm en die bikes se temp meters het onderskeidelik 41,5 en 43 grade Celsius gewys.  Ons is eers by die doeane in om dagpasse te kry en toe rustig, elk met 'n roomys in die hand, oorgestap na Zim kant toe.

Dit laat my altyd dink aan die ou wat die eerste keer by die bungy jump gaan staan het, en toe hy so oor die kant loer, vra hy die gids: "En julle wil hê ek moet betaal om hier af te spring??"  Toe antwoord die gids: "Net as jy wil hê ons moet die toue aan jou voete vasmaak, meneer!" :imaposer:
 

Attachments

  • 59.JPG
    59.JPG
    260.5 KB
  • 61.JPG
    61.JPG
    224.7 KB
  • 62.JPG
    62.JPG
    167.9 KB
  • 66.JPG
    66.JPG
    171.4 KB
  • 70.JPG
    70.JPG
    202.2 KB
  • 71.JPG
    71.JPG
    263.3 KB
  • 77.JPG
    77.JPG
    272.8 KB
  • 78.JPG
    78.JPG
    247.1 KB
  • 79.JPG
    79.JPG
    210.3 KB
  • 80.JPG
    80.JPG
    220.3 KB
Daarna het ons gaan curio shopping doen om vir die kinders elkeen ietsie van ons toer saam te neem.  Die aand is rustig op die dek ontspan en die wonderlike sonsondergang beleef.  Ek en Willie het die dag se hitte in die swembad gaan afwas.

Dit was 'n heerlike kort dag op die bikes en ons het lekker rustig die omgewing ervaar.  Ongelukkig nie olifante gesien nie, maar wel die mis en spore, ook van seekoeie.

Einde van dag 12.  Totale afstand vir die dag was so 315km.
 

Attachments

  • 87.JPG
    87.JPG
    219.9 KB
  • 91.JPG
    91.JPG
    269.3 KB
  • 93.JPG
    93.JPG
    207.7 KB
  • 97.JPG
    97.JPG
    176.2 KB
  • 98.JPG
    98.JPG
    174.2 KB
  • 99.JPG
    99.JPG
    142.9 KB
  • 100.JPG
    100.JPG
    206 KB
  • 104.JPG
    104.JPG
    165.9 KB
Top