4 Dae in Malawi.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 13.
Roete:  Livingstone na Bulawayo, Big Cave Camping.

Ons het weereens vroeg opgestaan en na 'n kits ontbyt, opgepak en die grenspos aangedurf.  Ons wou by die beuaro de change gaan geld ruil het, maar hulle was nog toe.  Ons het 'n paar rand verloor by die informele handelaars, maar is lekker vining deur beide grensposte.

In Zim se kant het my kamera se batterye die gees gegee, en ons het die valle gaan besoek met my selfoon vir fotos.  Gelukkig het Karien haar kamera ook gehad.

Die valle die tyd van die jaar is baie mooier aan Zim se kant as aan Zam se kant.  Zambie het feitlik geen water nie, maar aan Zim se kant is dit steeds asemrowend mooi.
 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    159.2 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    235.1 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    230.1 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    211.1 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    288 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    260.5 KB
  • 11.jpg
    11.jpg
    64 KB
  • 13.JPG
    13.JPG
    68.1 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    164.1 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    109.7 KB
Foto 24:  Een van die mooi fotos van die valle.

Na die besoek aan die valle, het ons gou by die OK gestop en nuwe batterye vir die kamera gekry.  Die gps sê alles van die afstand en aankomstyd ens.  Ons sou 15:17 in Bulawayo wees, en van daar was dit nog so 30min se ry tot by Big Cave wat in die Matopo Hills omgewing lê.  Daar was baie tyd in die dag! :laughing4:

Die omgewing verander redelik baie soos on ry, van boomryk, tot woestynagtige gebied.  Elk het natuurlik sy eie bekoring.
 

Attachments

  • 24.JPG
    24.JPG
    251.5 KB
  • 29.JPG
    29.JPG
    230.1 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    204.1 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    169.7 KB
  • 34.JPG
    34.JPG
    187.5 KB
  • 38.JPG
    38.JPG
    267.3 KB
  • 39.JPG
    39.JPG
    262.9 KB
  • 43.JPG
    43.JPG
    164.7 KB
Ons het, om ons boude 'n kans op oorlewing te gee, elke 100-130km gestop en dan net rondgestaan, gelê of gesit, net so 10 min, dan weer in die pad geval.  Dit het so goed gewerk dat ons die aand daaroor gepraat het; hier by 90km het jou brein jou oortuig dat jou boude nou! gaan afval as jy nie gou! stop nie. :imaposer:  Die brein is darem magtig!!

'n Paar fotos van ons stoppe.
 

Attachments

  • 46.JPG
    46.JPG
    248 KB
  • 51.JPG
    51.JPG
    197.4 KB
  • 56.JPG
    56.JPG
    279.6 KB
  • 58.jpg
    58.jpg
    115.9 KB
Alhoewel ek met Big Cave gepraat het, het ek nooit bevestig dat ons wel daar gaan oorslaap nie, en hoe laat ons daar sal wees nie.  My bekommernis was dat as ons na 17:00 by die hek gaan kom, gaan dit reeds gesluit wees.

Ons het eers 16:00 in Bulawayo ingery en moes proviant koop vir die aand.  Ons wou braai.  Willie wys sy gps wys 'n Spar so 'n ent aan.  Ons volg hom toe getrou, maar hy ry reg deur die stad amper anderkant uit, toe stop hy by 'n Choppies.  Dit was nie die probleem nie, maar dit was toe reeds 16:45.

Willie oortuig ons dat die pad aansluit met die een waarop ons moet wees, maar ek is nie so seker nie.  Terwyl hulle inkopies doen, pas ek die bikes op en begin met 'n man langs my praat.  Ja sê hy, ons moet terug deur die stad en dan regs draai om op die Matopo pad te kom.  Ons is nou op die Plumtree pad wat Botswana toe gaan.

Nodeloos om te sê, Willie sê ons moet aanry op die pad, dan draai ons links op 'n grondpad wat dan baie naby Big Cave se hek gaan uitkom.  Ek het al meer bekommerd geraak oor die hek wat gesluit gaan wees, dan is ons lekker gevurk!

17:08 klim ons op die grondpad, en dadelik vergeet ek die tyd.  Dis so 'n lekker paadjie en terwyl ons ry, sê Stoffies vir my dis dieselfde pad wat ons 2011 van Big Cave na Figtree gery het.  Wat 'n plesier.  Die son wat besig is om te sak, die grondpad en stof van die bikes, maak dit soveel die moeite werd.

Te gou is ons op die teerpad en baie naby aan die hek.
 

Attachments

  • 72.JPG
    72.JPG
    206.3 KB
  • 74.JPG
    74.JPG
    210.9 KB
  • 76.JPG
    76.JPG
    185.2 KB
  • 77.JPG
    77.JPG
    192.3 KB
  • 79.jpg
    79.jpg
    79.5 KB
  • 81.JPG
    81.JPG
    223.2 KB
  • 84.JPG
    84.JPG
    178.6 KB
  • 86.JPG
    86.JPG
    205.8 KB
En wonder bo wonder, die hek staan nog oop.  Ons het die kronkel sandpaadjie rustig ingery, en na 'n rukkie sê Stoffies, jy het verkeerd gery, toe kom ons op die kamp terrein af.
 

Attachments

  • 87.JPG
    87.JPG
    165.8 KB
  • 88.JPG
    88.JPG
    211.8 KB
  • 90.JPG
    90.JPG
    265.5 KB
  • 91.JPG
    91.JPG
    233.1 KB
Toe ons stop kom Brown, die "camp manager" ons tegemoet.  Ons het met ons 2011 besoek heerlik saam met Brown gekuier en ek het hom dadelik herken.  Hy het my nie herken nie, want ek het nou 'n vol baard gehad en laas keer nie, maar toe ons eers bietjie gesels, toe onthou hy ons is die twee wat hom komberse gevra het.

Ons kampplekkies is mooi skoongevee deur die hulp wat ons saamgevat het, en di etente het in 2 ticks gestaan.  Intussen het Brown die kampvuur aangesteek (like usaual, sir?) en die braai area in gereedheid gebring.  Die yskas met die drank is oop en jy kan maar uithaal wat jy wil, en dit net opskryf.  More sal ons betaal.

Johan drink nie meer alcohol as nodig nie, maar ek en Willie was dors die aand.  Johan en Willie het die vleis gebraai, ek het die slaai gemaak en Karien het braai broodjies gemaak.  O ja, Willie het ook nagereg aangebied!! :drif:  Ons het ons mae vol geëet en die sterre bekyk terwyl ons die aand sy gang laat gaan het, so om die kampvuur.

Dit was ons laaste aand in Zim, en more sou ons terug wees in RSA.

Einde van dag 13.  Afstand ongeveer 500km.
 

Attachments

  • 95.JPG
    95.JPG
    256.8 KB
  • 96.JPG
    96.JPG
    223.5 KB
  • 98.JPG
    98.JPG
    239.2 KB
  • 99.JPG
    99.JPG
    186.3 KB
  • 101.JPG
    101.JPG
    183.5 KB
  • 102.JPG
    102.JPG
    239.5 KB
  • 103.JPG
    103.JPG
    199.9 KB
  • 104.JPG
    104.JPG
    242.1 KB
  • 106.JPG
    106.JPG
    170 KB
Dag 14:  Roete: Big Cave - Bulawayo na Tshipise vis Beitbrug.

Niemand kan Big Cave besoek sonder om die lodge en omgewing te sien nie.  Nadat ons ontbyt gehad het en klaar die bikes gepak het, het ons omgestap na die lodge toe.  Die manier waarop die lodge in die omgewing ingeweef is, is werklik mooi.
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    223.3 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    252.7 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    258.1 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    255.5 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    179 KB
  • 13.jpg
    13.jpg
    117 KB
  • 16.JPG
    16.JPG
    174.3 KB
  • 18.JPG
    18.JPG
    268.1 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    253.8 KB
Nog fotos van Big Cave.
 

Attachments

  • 21.JPG
    21.JPG
    228.3 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    209.6 KB
  • 25.JPG
    25.JPG
    226.2 KB
  • 28.JPG
    28.JPG
    256.7 KB
  • 30.JPG
    30.JPG
    151.8 KB
  • 33.JPG
    33.JPG
    213.7 KB
  • 35.JPG
    35.JPG
    218.1 KB
  • 36.JPG
    36.JPG
    211.2 KB
Te gou is die tyd te min om nog rond te loop en ons vat die pad terug Bulawayo toe.  Trek geld, gooi petrol en vertrek na Beitbrug.  Dit is warm en Stoffies se jelly babies word langer as wat hulle ontwerp is om te word.

Kort voor lank is ons by Beitbrug en die Zim kant word binne minute afgehandel.  Daar is feitlik geen mense aan die exit kant nie.  Ry deur na die RSA kant en vandat ons gestop het aan die Zim kant tot ons deur die RSA pos is, 20 minute, flat!! :ricky:

 
 

Attachments

  • 39.JPG
    39.JPG
    227.1 KB
  • 42.JPG
    42.JPG
    204.8 KB
  • 45.JPG
    45.JPG
    169.3 KB
  • 46.JPG
    46.JPG
    197.1 KB
  • 47.JPG
    47.JPG
    170.2 KB
  • 49.JPG
    49.JPG
    280.3 KB
  • 50.JPG
    50.JPG
    159.1 KB
  • 53.JPG
    53.JPG
    208.9 KB
  • 56.JPG
    56.JPG
    195.8 KB
Deur die grenspos, is ons na die Spur in Mussina waar ons 'n welverdiende middagete geniet het.  Ons bestemming was Tshipise waar ons ons laaste aand van ons toer sou spandeer.
 

Attachments

  • 59.JPG
    59.JPG
    238 KB
  • 60.JPG
    60.JPG
    196.9 KB
  • 62.JPG
    62.JPG
    208.2 KB
  • 66.JPG
    66.JPG
    257.6 KB
  • 67.JPG
    67.JPG
    241 KB
  • 68.JPG
    68.JPG
    201.9 KB
  • 68b.JPG
    68b.JPG
    198.8 KB
  • 69.JPG
    69.JPG
    263.6 KB
  • 70a.JPG
    70a.JPG
    193.6 KB
  • 71.JPG
    71.JPG
    252.4 KB
Ons het vining kamp opgeslaan en opgestap swembad toe om die toer se memories te bespreek.  Tyd in die swembad was te vining om en ons het die vuur aangesteek, nie vir 'n braai nie, maar sommer net om die vuur te kan hê.  Aandete is uit blikkies en pakkies aanmekaar geslaan en die aand het vining tot 'n einde gekom.

As mens so na die fotos van ons 3 mans kyk, wonder ek wat het elkeen van ons op daardie stadium gedink?  Beplan aan die volgende een?

Einde van dag 14.  Totale afstand was ongeveer 430km
 

Attachments

  • 73.JPG
    73.JPG
    240.5 KB
  • 74.JPG
    74.JPG
    281.7 KB
  • 76.jpg
    76.jpg
    142.9 KB
  • 78.JPG
    78.JPG
    252.3 KB
  • 79.JPG
    79.JPG
    249.5 KB
  • 80.JPG
    80.JPG
    231 KB
  • 82.JPG
    82.JPG
    174.1 KB
  • 83.JPG
    83.JPG
    206.3 KB
  • 84.JPG
    84.JPG
    189.1 KB
  • 88.JPG
    88.JPG
    217.5 KB
Dag 15: Laaste dag van ons amptelike toer.  Roete: Tshipise na Naboomspruit.

Opstaan ,ontbyt, oppak, in daai volgorde soos vir die vorige 14 dae, enigste verskil, ons gaan dit nie weer more oggend doen nie.

Ons roete was basies dieselfde wat ons die eerste dag gery het, net in die teenoorgestelde rigting.  Ons het weer die tonnels deurgery, ook informele besigheid langs die pad gesien en gelukkig die spietkops in Louis Trichardt gesien voor hulle ons gesien het.

In Polokwane het ons weer by die Ultra City iets warms gedrink (was 19grade) en soos ons tradisie van ons lang trips is, by ons huis verby gery en die toer in die Wimpy afgesluit.

 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    287 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    226.6 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    238.9 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    235.9 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    249 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    290.5 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    222.1 KB
  • 15.JPG
    15.JPG
    187.2 KB
  • 17.JPG
    17.JPG
    243.8 KB
  • 19.JPG
    19.JPG
    244.9 KB
By die huis was die honde baie bly om ons te sien, en die gras was amper vrek.  Stoffies en Karien het gou rekenaars opgestel en fotos geruil terwyl ek en Johan vir Willie gehelp het om sy bike te trailer, want hy moes nog Nylstroom toe ry.

Ons het mekaar met seer harte gegroet toe Willie ry, want dis 'n belewenis wat mens nie sommer so afsluit en los nie.  Dit was nog so vroeg dat Johan en Karien besluit het hulle gaan ook deurdruk Potch toe, en skielik is ek en Stoffies alleen! ???

Nou ja, die afpak was gou oor en ek het die bike gewas en gepolish en al die kampgoed op hul plekke gebere.  En die aand heerlik in ons eie bed geslaap, soos Johan hulle ook.  Dis was net Willie wat eers Dinsdag by die huis sou uitkom.

Wat sê mens aan die einde van so 'n trip?  Ek het die aand by Tshipise gevra elkeen moet bietjie dink: Wat was jou verwagting van die trip, jy dink sekere goed moet gebeur en jy moet sekere goed ervaar gedurende die trip, maar het die trip aan jou verwagtinge voldoen?

Niemand het rerig geantwoord nie, want kan jy iets antwoord?

My antwoord is net:  Ek maak die trip, die trip maak dit nie vir my nie!  Het ek die trip gemaak wat ek dit wou gehad het?  Onomwonde ja!!

Dit was awesome, saam met die mooiste vrou aan my sy, en die beste vriende wat ons vergesel het!  Dankie julle 5, Meraai, Johan, Karien, Willie en Sonja, julle het die trip vir my die moeite werd gemaak.

Ek hoop julle sal dit ook lank onthou en eendag stories op die stoep vir julle kleinkinders wil vertel.

Einde van dag 15.  Afstand ongeveer 340km.

In my hart, vrede, vreugde en dankbaarheid vir die genade wat ons ervaar het.

Lekker lees en dankie dat ons dit met julle kon deel.
 

Attachments

  • 22.JPG
    22.JPG
    262 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    221.3 KB
  • 26.jpg
    26.jpg
    139.7 KB
  • 27.JPG
    27.JPG
    209.9 KB
  • 29.JPG
    29.JPG
    233 KB
  • 31.JPG
    31.JPG
    240.2 KB
  • 34.jpg
    34.jpg
    152 KB
Ai dit was so lekker rr ek is amper spyt dis verby, seker omdat ons ook die trippie wil doen :)
Dankie Duster en Stoffies dit was werklik mooi en nou is ek eers vuur en vlam om volgende jaar te gaan.
Dankie vir die deel en baie mooi fotos
 
Dankie vir die deel met ons. :thumleft:
Ek moet weer Malavie toe gaan. :deal:
 
Dankie vir die res van die storie ...... Ongelooflik lekker  ......!! :thumleft:

Moet nou net nie te vinnig te hard werk nie !!
 
Ag nee man, nou is die mooi RR ook klaar! Dankie julle, ek het die nou regtig baie geniet man!  :thumleft:
 
Ek kan nie anders om my stilswye te verbreek nie!

Wat se mens aan die einde van so 'n volledige ride report? Mater, dankie vir 'n herlewing van ons wonderlike trip! Die RR is weereens 'n weerspieeling van hoe goed die hele toer deur jou en Stoffies beplan was!

Ek was bang om enige kommentaar by te las want ek het net so lekker saam gelees en kon nie wag vir die volgende hoofstuk van 'n verhaal/ toer wat ek met jul kon deel nie.

Ek wil wel die volgende lesse wat ek geleer het deel:

[sub]Die lande waardeur ons gereis het gebruik hoofsaaklik VISA bankkaarte.
        Maak seker jy het genoeg ekstra kontant iewers weggesteek op jou fiets vir noodgevalle.
        Weet hoe ver afstand jy op een tank petrol kan ry.
        Beplan so dat jy weet hoe ver die petrolpompe uitmekaar is.
        Sorg dat iemand in die groep n spaarsleutel van jou motorfiets het.

As jy ooit gedroom het van so 'n trip....DOEN DIT!

Cheers........

 
YATAR said:
Ek kan nie anders om my stilswye te verbreek nie!

Wat se mens aan die einde van so 'n volledige ride report? Mater, dankie vir 'n herlewing van ons wonderlike trip! Die RR is weereens 'n weerspieeling van hoe goed die hele toer deur jou en Stoffies beplan was!

Ek was bang om enige kommentaar by te las want ek het net so lekker saam gelees en kon nie wag vir die volgende hoofstuk van 'n verhaal/ toer wat ek met jul kon deel nie.

Ek wil wel die volgende lesse wat ek geleer het deel:

[sub]Die lande waardeur ons gereis het gebruik hoofsaaklik VISA bankkaarte.
        Maak seker jy het genoeg ekstra kontant iewers weggesteek op jou fiets vir noodgevalle.
        Weet hoe ver afstand jy op een tank petrol kan ry.
        Beplan so dat jy weet hoe ver die petrolpompe uitmekaar is.
        Sorg dat iemand in die groep n spaarsleutel van jou motorfiets het.

As jy ooit gedroom het van so 'n trip....DOEN DIT!

Cheers........
Dankie Yatar, dit was lekker om dit weer te herleef terwyl ek die rr geskryf het.  Net dat die manne nie dink ons het gaan staan sonder petrol nie, dis belangrik wat Yatar sê, want ons moes eendag 340km ry sonder brandstof en ons het op die trip eers uitgevind dat dit baie maklik haalbaar was teen 100km/h, selfs met die 1200's.  Ons het darem nerens gaan staan sonder petrol nie.

Dankie vir jou insette, Willie.
 
So soet soos stroop was dit nou ;D

Dit maak my baie opgewonde vir ons eie reise, dankie vir die deel!
 
Top