African Meander

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Masai said:
Plaasseun said:
Dankie vir die deel Masai :thumleft:

Waar kry jy daardie rooi sakke, iewers laat maak?
[/quo
Ek het dit self gemaak. Waterdigte tipe ripstop materiaal. Stel geel en stel rooi gemaak.

Well done baie nice :thumleft:
 
Vanoggend so by 5h00 wakker geword en opgestaan. Fiets gepak en die pad Ngepi toe geneem. Die pad deur die Caprivi is een lang reguit stuk pad met baie min tussen in. Dit het genoeg gereen die afgelope paar dae. Die swart boere met hulle klein lappies grond is almal aan die ploeg. Twee osse en 'n een skaar ploeg. Een wat agter die ploeg moet hanteer. En dan 'n touleier.

Het by Kongola gestop en whiskey gekoop. Bly elke keer goedkoper om jou eie ietsie te gooi as by die kroeg te koop.

Brandstof by Divundu getap. En toe is dit die grondpad Ngepi toe. Sowat 5 km. Redelike  dik en los sand met n goeie middelmannetjie. Het 'n o fok oomblik gehad. Die fiets se voorwiel het
nes 'n jong Brahmaan besluit om eie rigting te ploeg. En ek het geweet die resultate sou nie watwonders wees. Die uiteinde sou katastrofies wees. Dan kyk jy waarheen jy wil ry en gee
bietjie vet. Is wat die leermeesters jou sal sê. Ek het gekyk. En bietjie kraan oop gedraai. En skielik het die fiets besef dat sy dwaalweë nie goeie gevolge gaan hê en besluit om te gaan waar ek kyk. Word target ficsation genoem.

Was vandag iewers 'n goeie 35 grade. Later lekker afgekoel.
Ngepi het 'n rivier swembad. Dit is 'n hok van sowat 6 meter by 6 meter. Hy dryf op dromme en is met kabels aan die oewer vas gemaak. Dan met 'n houtbalk bruggie stap jy soontoe. Die water vloei is redelik sterk. Maar die water is baie baie lekker. Geen seekoei of krokodil kan jou hier kom uithaal nie.

Iewers het ek karre gehoor wat op die sand paaie jaag. En nader kom. Masjiene wat dreun. Bande wat oor grond vlieg.  Tussen die bome het 4 Porches aangejaag gekom. Dit was Swede. Wat 'n Oos Afrika rally kom doen het. Vanaf Kenia iewers heen. Die rally is klaar maar hulle het besluit hulle ry Kaap toe. En laai dan die karre op 'n boot terug Swede toe. Het lekker met hulle gesels. Wat 'n groot avontuur waarmee hulle mee besig was. Ek het hulle beny.  Almal ouer mense. Een het 'n seun saam gebring. Elke kar het 2 insittendes. Dan is daar 2 support voertuie.

Het vandag verby 'n maer ou man gery met kaaiings aan. Sy klere verflenter. Stukkend. Aan vlarde. Kaaiings. As jy motorfiets ry is dit net jy en jouself met net een kop in die helmet. By
myself gedink aan die ou man en sy kaaing klere. En gewonder of die woord iets te doen het met vark kaaiings. Die stukkies vet of vetvleis wat uitgebraai word. So amper na 'n krisp. Ek onthou uit 'n skoolboek die ou seevaarders het kaaiings in houers saam geneem op hulle vaart togte. Dit hou klaarblyklik baie lank. My oupa het altyd pap en kaaiings geëet. Sy koningskos. Ek ken ook die uitdrukking " jou kaaiings gaan braai" Seker jou vet gaan braai. Jou moeilikheid is geboek.

Beate het haar soos 'n ou biker gedra. Alles in 'n stride gevat. En as dit swaar gegaan het , het sy n bree glimlag opgeplak en gekom.
Ek het saam mer 3 Duitsers gery. Die 650 GS. Die 1200 GS. En Beate. Al drie het maar die einaardighede van rasegte Duitsers. Iewers op die sandpad het ek gedink sy gaan val. Maar gelowig het sy aan die raad vasgehou om voorentoe te kyk. Om op te staan. en vet te gee.
 

Attachments

  • K22a.jpg
    K22a.jpg
    159.8 KB
  • K23a.jpg
    K23a.jpg
    158.7 KB
  • K24a.jpg
    K24a.jpg
    191.4 KB
  • K25a.jpg
    K25a.jpg
    67.8 KB
  • K26a.jpg
    K26a.jpg
    98.9 KB
  • K27a.jpg
    K27a.jpg
    46.3 KB
  • K28a.jpg
    K28a.jpg
    105.7 KB
  • K29a.jpg
    K29a.jpg
    118.5 KB
  • K30a.jpg
    K30a.jpg
    64 KB
  • K21a.jpg
    K21a.jpg
    23.2 KB
Rusdag. Ngepi. Vanoggend 'n voël toer stap geboek. Was half 7 by ontvangs. Maar geen gids het opgedaag. Al is alles vooraf bespreek. Na 'n halfuur se wag gaan koffie maak en self gestap. 'n Gids so ons meer kon wys en vertel . Maar dit is Afrika
Ons wou ook n wilds rit Mahango toe onderneem.  Maar die minimum vir 'n rit vanaf Ngepi is 4 mense. Jy betaal dan die 4mense. Al is jy net 2. Kos R500 per persoon. Ons het daarteen besluit.
Paul en Liaan het ons gehoor praat. En 'n saam ry geleentheid aangebied. Hulle wou ook Mahango toe. Hy is kleurling van die Kaap. Baie jare gelede Namibië
toe gekom. Werk vir 'n NGO. Dit is 'n Nie Regerings Organisasie. Ek dink. Hy leer mense om vergaderings te hou. En portefeuljes. En wat nog alles. Hy is getroud met 'n Engelse
meisie al die pad van UK. Sy het ook baie lank terug kom onderwys gee in die Kavango. Hulle het 'n seuntjie. Alex. Hy is 8 jaar oud. Hy is swart. Hy is aangeneem. Ek het by
myself gewonder. Drie verskillende rasse in een gesin. Maar dit werk vir hulle. Hulle is liefdevolle en teer teenoor mekaar.

Ons het saam met hulle gery Mahango toe. Ek moet sê dat ek teleurgesteld was. Enkele rooibokkies gesien. Paar Lechwe. En dit is dit. Vir 'n Namibiese burger kos dit R10. Hulle
geld eenheid is Namibia Dollar en is presies dieselfde werd as ons Rand. Ek was half verlig die Magango rit was oor.

Ons het in die hangmatte gaan lê. Met 'n koue bier.En geswem. Later sommer gaan voëls kyk. Hier is heelwat voëls wat nie by ons voorkom. Lekker om hier en daar 'n nuwe een te sien en af te merk op jou lysie. 
Dit het skielik kom reën. So bank wolke het opgebou en sommer 20 minute daarna begin reën. Haastig haastig tente toegemaak en alles in gegooi wat kon nat word. Beate
was pret. Sy geniet kamp.

Iewers deur die dag na die datum gekyk. Net ter wille van oriëntasie. En skielik besef dit is nie meer lank. Dan is ek 63. Groot ouderdom as jy vir iemand oor die getal 63 vra . Gryshare. Maar in my eie kop voel dit nie so. In my eie kop voel ek nog jonk. In my eie kop hoor ek nog die 18 jarige wat die hele wêreld wou gaan oorwin. Hoor ek hom my aanmoedig om steeds te gaandroom. Steeds te gaan leef. 

Ek moes nou die dag hardloop groet. Die een knieg wil kennis gee. Sy kilometers raak te hoog. Dit was n skok. Hartseer dag. Ek kom ook agter my energie raak ietwat minder. Mens
begin deesdae die dag met 'n emmer vol energie. Maar my emmer het al verweer. En die energie sypel oral uit. Ek raak dus meer berekend met die uitdeel en gebruik van
energie. Noukeurig. Probeer meer energie bymekaar maak. Met goeie eet. Genoeg slaap.

Die hardloop met fietsry vervang. Elke druppels energie begin deesdae te tel. Ek raak meer en meer dankbaar vir dinge in my lewe. Meer dankbaar vir gesondheid. Meer
dankbaar vir mooi dinge. Begin al meer om die klein dingetjies op 'n groter manier doen.

Desembermaand is tradisioneel die maand waarin mens dink oor die jaar wat kom. Oor
wat jy wil bereik. Oor wat jy wil verander. Baie van dit het in my kop begin maal.

Maar vir eers het ek die toer geniet
 

Attachments

  • K32a.jpg
    K32a.jpg
    139.8 KB
  • k37a.jpg
    k37a.jpg
    66.2 KB
  • k36a.jpg
    k36a.jpg
    59.3 KB
  • K35a.jpg
    K35a.jpg
    104.4 KB
  • K34a.jpg
    K34a.jpg
    154.3 KB
  • K33a.jpg
    K33a.jpg
    156.3 KB
  • K31a.jpg
    K31a.jpg
    128.2 KB
Dankie vir die spesiale manier van deel Masai.

Dit voel  vir my of jy uit my hart en kop jul ervarings deel  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
Dit het liggies deur die nag gereen. Dan bietjie harder en weer sagter. Ek dink nie dit het baie gereen nie. Miskien 8 mm. Ons het sowat 4:45 opgestaan. Vanaf opstaan na motorfiets se koppelaar los kan tussen 1 uur en 2 ure wees. Dit hang alles af. Van of jy gaan sit en koffie geniet. Of jy eers gaan swem na die oppak. Elke oggend besluit self wat moet gebeur. Vanoggend was 'n vinnige oggend. Alles was half nat en vol water. Beteken daar word nie veel gedoddle. Beate was ook op spoed. Netso entjie ander kant lig word die 6 of wat km se sandpad teerpad toe aangepak. Ek moet sê die sandpad was aan die eenkant  makliker. Aan die ander kant was die sg. harder dele skielik sagter dele en het die groot Duitse fiets makliker weg gesak. Beate se ligter 650 GS het met sy dubbeldoel bande gemaklik gery.
Ons was ietwat warm en gesweet toe die teerpad uiteindelik aanbreek. Van hier af het dit makliker gegaan. Die pad was mooi. Dit was half bewolk. Die fietse het mooi gery. Was oppad Rundu toe. Ons het so bietjie vinniger gery as gewoonlik.

Rundu het gekom. Rundu was besig. Het gaan wors koop. En droë wors. So droë wors met 'n groen pepper byt. Baie lekker.

Die pad gevat Hakusembe toe. Motorfiets ry was lekker. Die stuk grondpad soontoe lekker om te ry.

Hakusembe is baie mooi. Wat 'n ongelooflike oase. Stukkie paradys. Ek dink Suid Afrikaners kan ook 'n Gondwana kaart kry. Kos R500 per jaar. Maar die besparing op kampplek, bootrit, eet ens maak baie gou daarvoor op.
Wou 2 aande oorslaap maar hulle is vol bespreek en sou dus net een aand.

Het 'n boot rit bespreek. Was baie lekker. Oorkant die rivier is Angola. Swart vrouens se was dag. Hulle sit soos hulle geskape is en skrop vir hulle skoon. Kinders word ook gewas.
Het 'n klompie mooi voëls gesien.

In 'n 50 mm plastiese pyp het ons 'n teleskopiese visstokkie. Hy maak maklik met cable ties aan die fiets vas. Het besluit om 'n paar gooie te probeer . Maar die watervlak het maar pas begin styg en hier is nog nie vis nie.
Die weer was aan die opbou. Ons het die Kavango geniet.
Partykeer wonder jy oor die spoed van jou lewe. Jy het die Rev counter maar baie keer tot in die rooi gedruk. En eendag kom jy agter jy moet maar bietjie ankers uitgooi. Hakke in die grond kap. En stadiger leef. Ek het die aftree en die stadiger leef geniet.
Ons het wors gebraai en lekker geeet. En na 'n koffie gaan slaap.

Vandag was die kortste rit van die hele toer. 'n Hele 1 km. Of dalk korter. Het bloot van Hakasumbe geskuif Samsitu toe. Samsitu is die naam vir die Bontvisvanger.

Het poskaarte gekoop en vir elk van my kinders 'n kaart gepos. Sommer maar net.

Samsitu is 'n kamp teen die Kavango. Party mense noem die rivier Okavango. Dit is slegs 'n kamp terrein. Geen chalets. Ook net ongeveer 4 kamp plekke. Ek dink klompie jare terug moes dit baie mooi gewees het. Maar soos alles in die lewe het dit 'n opgang. Dan volg die plato gedeelte. En dan die afgaan deel. Baie min dinge, organisasies, plekke en mense kan die drie fases vermy.

Maar dat dit vir my steeds 'n lekker kamp plek bly is waar. Die kamp plek langsaan het 'n inwoner gekry. Dame van ongeveer 55 in 'n Rav 4 met 'n daktent. Sy is ietwat ingerig en gemaklik om haar eie ding te doen.
Aan die ander kant het 2 Toyota bakkies met dubbele dak tente ingetrek . En 8 jong Duitse meisies. Dink niks ouer as 20. Hulle bikinis was klein.Seker omdat hulle pakplek min was.
Die swembad is ronde plaas dam grootte. Een diepte reg deur.

Dag is verwyl in die hangmat en lees. Swem en voëls kyk. Gin en tonic het die dag mellow gemaak.

Ek het motorfiets weer reg gepak. Sommer deur alles gaan en kyk dat dit nog werkbaar is.

My eerste motorfiets was 'n rooi Honda. 50cc. Moet sê dat hy maar meer kere stukkend was as nie. Was 'n, seker, 6de handse fiets. Alles was bietjie gaar aan hom. Maar dit is wat ek kon bekostig. Hy het nie sommer gestart. Jy moes behoorlik die kick start warm skop. Maar met hom kon ek êrens heen. Waar êrens ookal was. Hy was nie op die pad. Dus, geen lisensie. Lankal nie meer. Agterstrate en stil paaie was sy voorland.
As jy hom aan die gang het en die rugsak oor die skouer geswaai het was dit of 'n hele dosis adrenalien in jou bloed los gelaat word. En die feel good dopamine ensieme jou oorheers.
Ek het die toer geniet. Adrenalien was genoeg


 

Attachments

  • k51.jpg
    k51.jpg
    80.9 KB
  • k55.jpg
    k55.jpg
    146 KB
  • k52.jpg
    k52.jpg
    66.7 KB
  • k49.jpg
    k49.jpg
    112.5 KB
  • k48.jpg
    k48.jpg
    25.7 KB
  • k47.jpg
    k47.jpg
    44.2 KB
  • k44.jpg
    k44.jpg
    73 KB
  • k42.jpg
    k42.jpg
    115.2 KB
  • k41.jpg
    k41.jpg
    99.3 KB
  • k45.jpg
    k45.jpg
    93.8 KB
Nog enkele foto's
 

Attachments

  • k60.jpg
    k60.jpg
    77 KB
  • k59.jpg
    k59.jpg
    56.8 KB
  • k58.jpg
    k58.jpg
    112.8 KB
  • k57.jpg
    k57.jpg
    40.6 KB
  • k56.jpg
    k56.jpg
    64.6 KB
Dit was tyd om die waters van die riviere hier in die noorde van Namibië te groet. Tyd om suidwaarts te begin ry.

Ek kom al hoe meer agter dat hier min Suid Afrikaners toer in die noorde van Namibië . By  Ngepi was daar 2 of wat Suid Afrikaners. Meerendeels is die toeriste of Duitsers van oorsee. Of Namibiërs.

Hakusembe het net Namibiërs of uitlanders gehad. Rundu se strate is vol van alle ander karre maar jy gaan soek om 'n republiek kar te kry. Het suid begin ry.
Het by Roy's gestop vir 'n roosterbrood. Altyd 'n lekker stop plek.

By Grootfontein die pad Makalani vlaktes toe. Na die plaas Bonholm. Sowat 90 km van Grootfontein. Die laaste 30  of so km is grondpad. Hier en daar was die grondpad goed. Meerendeels gemiddeld. Iewers het ek begin staan op die fiets. En dadelik het die pad makliker gery. En het die motorfiets hom beter begin gedra.

Vriende van Beate bly hier en boer met bees. Casper en Stephane. Heerlike aangename mense. Ons is soos eregaste ontvang. Geen moeite ontsien. Hulle doen ook akkerbou. Hier is van die grootste Simmentaler bulle wat ek in my lewe gesien het. Ook 'n mooi Borhan kudde. En wit Brahmaan kudde. Ek hou van beeste.Lank terug het ek met beeste geboer. En het my verkyk aan die mooi bees. Mooi plaas. Opgepaste plaas. Sukses plaas. Bewerkte plaas. Lekker plaas. Sou vir 2 nagte hier slaap. Ek kou al 'n rukkie daaraan om die Pedi ram om die plaas te vervang met 'n Meatmaster. Na ek sy klompie Meatmaster skaap gesien het  besluit die tyd is ryp. Hulle maak ook hulle eie botter. En ook besluit sodra die Jersey koei kalf in Februarie se kant gaan ek botter maak.
Heerlike 2 dae gehad op 'n Makelane vlakte plaas. Heerlike mense. Mense wat soos ons lyk en ons dink. Hulle is van ons kraal.

Gister na 'n Leonard Cohan liedjie geluister op die klein speaker wat verbind met die musiek op my foon.  Wat 'n reus was hy nie. Ek het 2 kerse saam gebring op die motorfiets. Plek is nie baie. En daarom is elke artikel wat jy besluit moet saam 'n kosbare artikel. En gisteraand 'n kers vir Leonard Cohan aangesteek. "So long Marianne"

Our bodies are falling apart
and I think I will follow you very soon
Know that I am so close behind you
that if you stretch out your hand
I think you can reach mine.

En eendag, toe steek Marianne haar hand uit. En roep haar Leonard huis toe. So long Leonard .

Ek het in Hakusembe poskaarte gekoop. En vir elk van my kinders n poskaart gestuur. Het ook aan muyself 'n poskaart gestuur. Om te kyk hoe lank neem dit vanaf Namibia Republiek toe
 

Attachments

  • k64.jpg
    k64.jpg
    69.6 KB
  • k66.jpg
    k66.jpg
    51 KB
  • k65.jpg
    k65.jpg
    62.4 KB
  • k63.jpg
    k63.jpg
    86.3 KB
  • k62.jpg
    k62.jpg
    118.3 KB
  • k61.jpg
    k61.jpg
    49.8 KB
Like you, Piet, I am an ou toppie ( also read Lee Child in lighter moments, and listen to Leonard Cohen to make better sense of the darker moments ...  :biggrin:).

I love the philosophical context of this ride report, the way you seek meaning, the eloquence of your writing, your understated approach to photography.

Ek ry lekker saam...
 
Seker sowat half 8 koppelaar gelos vanuit die Makelane vlaktes terug Grootfontein toe. Die grondpad het reën gekry. Plekke het hy sag geword. Die fiets het hier en daar gesak in die sagte sand in. Het gestaan en ry. Het die grondpad geniet. Die grondpad was bloot te gou verby.
Brandstof getap in Grootfontein. Die brandstof verbruik van die 1200 het maar bly staan op 20 km per liter. Of jy vinnig ry of stadig. Grond of teer. Wind of stil. Koud of warm. Hy bly waar hy bly. Beate se 650 is 'n snuffelaar. Hy snuif net aan die brandstof.Party mense noem 'n kar of 'n motorfiets 'n "sy". Wonder hoekom?

Pad Otavi toe geneem. Okahandja het ook gekom en gegaan. Kalkveld. Omaruru. En het hier by River Lodge kom kamp. Gawe Duitser wat die plek het. Gaste het opgedaag en gevra na die fiets. Hulle was van die BMW klub in Windhoek. Was vir hom lekker om met ander fiets eienaar te praat. Dit het deur die nag liggies gereen. Ek het gewonder of dit hoër op reën. En of die die rivier gaan afkom. Moes met die fiets deur die Omaruru rivierloop terug. En 'n rivier crossing was nie met die fiets in die beplanning.
Daar het 'n klompie rooibek fisante in die boom bokant die tentjie geslaap. En hier van 2 uur in die nag het hulle spraaksamig geword as daar iewers 'n beweging is. Was 'n intressante nag.

Ek het 'n fabriek gehad wat plastiek vervaardig. Eenhonderd ton daarvan elke maand. En vir 21 jaar lank. Was 'n 24 per dag en 7 dae uit die week operasie. Ek dink dat daar seker  23 000 ton plastiek gemaak is deur my. Ek troos my vandag. Al 23 000 ton was van herwonne plastiek. Asblik sakke. Met geen uv protection. Bio degradable het ek atyd gesê. Los hom in die son vir 3 of wat maande en kyk. Stof tot stof. Net brokkies wat jy tussen jou vingers kan vryf na niks.
                                  Of is dit niks?
Gaan koop jou inkopies en kyk hoeveel plastiek gooi jy weg. Alles wat jy koop is verpak in plastiek Deur hoeveel kilogram plastiek gaan jy in 'n jaar.

Die walvisse en die see en die dolfynne en die wild en die aarde steier. Hele plastiek eiland in die see. Berge daarvan.
Plastiek is vals. Dit vernietig. Die nadele is baie meer as die voordele. Dit is nie eg. Dit is kunsmatig. Geen respek.
Wat is eg? Hout is eg. Papier is eg. Leer is eg. Jy ontmoet ook mense ...en dan dink jy: Hulle is eg. Hulle het waarde. Hulle gaan iets toevoeg aan my lewe.
 

Attachments

  • k67.jpg
    k67.jpg
    140.2 KB
the ruffian said:
Like you, Piet, I am an ou toppie ( also read Lee Child in lighter moments, and listen to Leonard Cohen to make better sense of the darker moments ...  :biggrin:).

I love the philosophical context of this ride report, the way you seek meaning, the eloquence of your writing, your understated approach to photography.

Ek ry lekker saam...

Dankie. Jy is goed vir my
 
Pad Otavi toe geneem. Okahandja het ook gekom en gegaan. Kalkveld. Omaruru. En het hier by River Lodge kom kamp.

Jy't my verdwaal hier Masai. Seker eerste Kalkveld, Omaruru en toe Okahandja?

Lyk asof die droogte nie te erg was by Beate se vriende op die plaas?
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Pad Otavi toe geneem. Okahandja het ook gekom en gegaan. Kalkveld. Omaruru. En het hier by River Lodge kom kamp.

Jy't my verdwaal hier Masai. Seker eerste Kalkveld, Omaruru en toe Okahandja?

Lyk asof die droogte nie te erg was by Beate se vriende op die plaas?
[/quot

Is hoe dit is.  ::)

As jy tik en die woorde vlieg kan volgordes by die deur uit
 
Ons was oppad Swakopmund toe. Vir 5 nagte. Beate sou by haar ouers gaan kuier wat hier in Swakopmund hulle aftrede gevind het. 
Ek het 5 nagte in 'n klein gastehuis geboek.
Swakopmund is vir my 'n mooi plek. Die afstand vanaf Omaruru na Swakopmund is ongeveer 250 km. Die pad was mooi. Buite Kalkveld was die dubbeltjies geel in die blom. Dit het die veld 'n mooi aansien gegee. Die fietse het lekker gery. Sowat 50 km voor Swakopmund het die wind begin waai. Hier en daar het die fietse skeef gelê teen die wind. Die 1200 was swaar genoeg dat die wind nie te groot invloed gehad het. Ek dink Beate se 650 is meer rond en bont geluk. Daar was baie verkeer vanaf Swakopmund af terug binneland . Die gemiddelde brandstof verbruik van die 1200 het oor die afgelope 3000 km was steeds 20 kilometer per liter. Die panniers het ook sy bydrae tot wind weerstand. Ek hou van sagte panniers. Dink tog jy kan meer en beter pak in die harde panniers. Maar hulle val nie goed. Nie dat ek dit regtig beplan.Die val.
Die klompie tools, klein kompressor, whiskey,kombuis en dinge wat bietjie gewig het gaan in die saal sakke. . Die topboks kry weer ligte goed. En dit wat jy eerste wil uithaal of byderhand wil hê. Die tankbag is daar vir brille, geld, selfoon en sulke dinge.

Die weer was koel en bewolk. Swakopmund het gekom. Iets van die groet van 'n ou bekende toe ek Swakopmund binne ry. Was lekker om weer hier te wees. Beate het die pad beduie na haar ouers. Sy was opgewonde om hulle te sien. Ek dink hulle kon nie wag dat ons met  die  motorfietse in hulle straat indraai. Dit was bykans 3000 km vanaf ons uit Pretoria vertrek het. Beate se verste rit ooit. Sy was nou 'n ou hand met motorfiets ry.
Maar tog was ek ietwat hartseer. Die toer het te vinnig gegaan. Ons was al ver oor halfpad.

Baie motorfiets ryers nie net om by 'n plek te kom. Hulle ry om te ervaar.

Die bestemming is nooit die eindbestemming. Die bestemming is om nou iewers met 'n motorfiets te ry. Dit is bykans die eind doel.
Ek het 'n geneties geerfde swakheid vir 'n motorfiets. Maar ek is nie 'n stads warrior. Om van robot na robot te jaag. Ek hou van  toer. Die koppelaar  los boendoes se kant toe. Na die saligheid van stilte. En ander mense. En ander kulture.

Om deur 'n klein dorpie te ry waar kinders kaalvoet in stofstrate speel.
 
Maar tog was ek ietwat hartseer. Die toer het te vinnig gegaan. Ons was al ver oor halfpad.
Skryf bietjie stadiger en rek die storie vir nog so maand uit asb.Ek kry nie genoeg van die lekker lees nie!Ek wil ook nie he die RR moet al halfpad wees nie  :thumleft:
 
Lekr pad, lekr company, wat kan kan nou beter wees…. :thumleft:

 
Joue is beslis een van die bes bewoorde RR's wat ek al gelees het.
Dankie vir die deel en jou moeite daarmee - Wens jy was nou eers by die huis weg.
 
'n Reis van duisend myle begin altyd met die eerste tree. 'n Duisend myl gaan jou verby plekke neem. Dit gaan jou verby geskiedenis neem. Dit gaan jou van gister vertel. Van mense vertel. Wat hier in die dorre aarde 'n lewe kom vestig het. Maar hy gaan jou dit slegs vertel as jy wil luister. As jy bereid is om stil te gaan staan en te luister na dit wat nie gese word. As jy bereid is om te kyk na dit wat jy nie kan sien nie. Om met jou verbeelding te kyk en te luister. Om na gister te kyk met gister se bril.

Ek ry verby 'n diere plaas waar daar geen diere meer is. Net 'n paar wit verbleikte bene. Ek ry verby 'n saai plaas waar daar geen saai meer is. Net 'n paar ou trekker bande. Ek ry verby 'n boer se huis waar daar geen boer meer is. Net 'n paar verlate geroeste sinkplate. En uiteindelik het die ry ons Swakopmund toe gebring.

Vanoggend kon ek laat slaap. Sudoku uithaal met 'n koppie koffie. Hoef nie op te spring tentjie en tentjie plat te maak. Het die diesel Toyota gaan haal by Beate se pa wat ek kon leen.  En besluit om eers die dorp te gaan verken. Daarna uitgery  Goanikontes toe. Melkskommel en sjokelade koek gaan eet.

Het 'n stukkie van die Swakop rivierloop terug kus toe gery. Die rivierloop ry was lekker.

Die Duitse kerk het 18h00 op ou Kersaand hulle diens. Besluit om dit te gaan bywoon.
Dit is 'n Gereformeerde Lutherse kerk. Daar was seker sowat 220 mense in die kerk. Die diens was in Duits

Het sommer na die duine gery en die skoonheid van die woestyn geniet. Die duine van Namibië is hierdie magiese wilde byna romantiese wêreld met sy ewigdurende verandering van kleure in palet skakering. Hier kom die legandariese woestyn olifant voor. Ou reuse wat soos skimme verskyn. Dit is so asof hierdie woestyn  geheime het wat wag om ontdek te word. Die duine sal diere soos gemsbokke, bruin hiëna, leeus en ander lewer wat jy nie gaan verwag. Oeroue welwitcha plante gaan jou verras. En Swakopmund is een van die belangrikste kusdorpe van die woestyn.
Die droë rivierlope is stukkies oases in die harde landskap. Daarom is hierdie woestyn allermins 'n dooie plek. Eerder 'n lewendige woestyn. Iewers het iemand my vertel van riviere wat letterlik onder die oppervlak vloei. Hoe dit werk weet ek nie.
Die wind vorm op baie plekke die mooiste duine. Ek kon nie genoeg van die mooi indrink. Het besluit om iewers in die jaar 'n verlate skip in die woestyn te skilder. Sodat ek dit kan onthou.
Ek het weereens besef. Ek voel tuis.
 

Attachments

  • k68.jpg
    k68.jpg
    74.2 KB
  • k69.jpg
    k69.jpg
    106.6 KB
  • k70.jpg
    k70.jpg
    79.1 KB
  • k71.jpg
    k71.jpg
    66.2 KB
  • k73.jpg
    k73.jpg
    75.2 KB
  • k74.jpg
    k74.jpg
    64 KB
  • k75.jpg
    k75.jpg
    72.6 KB
  • k76.jpg
    k76.jpg
    170.5 KB
  • k77.jpg
    k77.jpg
    100.9 KB
  • k78.jpg
    k78.jpg
    79.7 KB
Top