Ag nee. Rider down !!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Draadwerk

Grey Hound
Joined
Apr 2, 2013
Messages
7,945
Reaction score
0
Location
Nelspruit
Bike
BMW R1200GS Adventure
Hierdie nou net op die nuus gelees:



Motorfietsryer sterf ná hy verkeerslig, sementblok tref
Published: 30 May 2013 11:31
Johannesburg – 'n Motorfietsryer is dood toe hy teen 'n verkeerslig in Kemptonpark in die ooste van Johannesburg vasgejaag het, het paramedici Donderdag gesê.

Die 27-jarige slagoffer is Woensdagaand net voor middernag op die Dann-pad gevind, het 'n woordvoerder vir die ER-nooddienste, Vanessa Jackson, gesê.

"Die jong man het beheer oor sy motorfiets verloor waarna hy teen die verkeerslig gebots en toe 'n sementblok getref het. Die impak het die man deur die lug geslinger," het Jackson gesê.

Volgens Jackson het die man 'n ruk nadat hy gevind is, aan sy beserings beswyk.

Volg Nuus24 op Twitter.
 
Top