Gamkaskloof! Ons is oppad Hel toe. Dit het wrintie waar amper 2hre gevat om die 37km te ry.
Hier gaat ons, al langs die lang bult af die vallei in. Die pad is oor die algemeen baie goed met net hier en daar 'n sanderige kol of 'n klipperigheid. Nietemin, geniet Dickie die meer afwissellende styl van ry.
Al is die afstand kort raak die dag se ry al lank en die gape nog langer... Kyk net daai plooie daar in die agtergrond.
Net voor ons die laaste haarnaalde tot onder in die vallei vat beloon die dag ons met die laaste bietjie skuins lig op Die Hel(se) riwwe.
Die afdraend was so lank dat Dassie se agter rem begin pap rak het. Die hidroliese vloeistof het woes warm geword en heeltemal dun geraak. Die laaste end was toe maar meer op die enjin en die voorrem. Toe ons onder in die vallei kom kry ons so 'n vreemde reuk van iets wat baie warm word. Ek verloor eers bietjie moed, bang dat dit ons bagasie is wat weer teen die uitlaatpyp smelt, maar darem nie. Êrens het iets effe oorgeloop en op die uitlaatpyp geland. Dickie loer en besluit dis onskuldig. Dankie tog vir 'n persoonlike mechanic wat ook saamry.
Poegaai en met die laaste skemer lig stop ons onder in die vallei by die mense van Fonteinplaas. Ons het vooruit gebel om te reel vir koue bier en vuurmaak hout by Ouma Sannie se Winkel. Daar ontmoet ons vir Pieter (ek dink dit was sy naam...?), 'n baie interessante mens om mee te gesels. Hy stook sy eie gin en is nou besig om 'n groot ketel te installeer sodat hy op groot skaal kan vervaardig. 'n Baie vindingryke en bedrywige mens. En hy ry elke jaar 'n trekker resies. Liewe heiden, dis nou 'n ding waarvoor 'n mens geduld nodig het! So staan-staan gesels ons een bier leeg voor ons aanstaltes maak na ons slaapplek toe.
Tot dusver het ek twee goed van motorfietsry geleer...
Alles vat langer op 'n motorfiets. Stop vat lank want dis elkekeer die fiets staanmaak en dan van 'n klomp ATGAT ontslae raak. Om foto's te neem is ook 'n hele ritueel van handskoene uittrek en kamera uithaal en weer bêre ensovoorts. Ek het darem naderhand nogal vaardig geraak daarmee om so van vêr af deur my SLR kamera te korrel met die helmet aan. En dan natuurlik om die bagasie te organiseer; als moet sorgvuldig gepak word in die redelik beperkte spasie en dan moet dit ordentlik vasgemaak word.
Die tweede ding is motorfiets ry is uitmergellend. Ek was verstom oor hoe poegaai en lyfseer ek aan die end van elke dag was. My verwysingsraamwerk vir fisiese uitmergelling kom van stap en klim ekspedisies af. En ons het al 'n paar taai goed gedoen rondom dit, maar ek wil amper se hierdie was vir my taaier. Dis net so anders... Na die werk van stap of klim is mens se spiere energie-gewys leeg getap, maar hulle is los en soepel en warm, 'n nagrus sien hulle sommer gou-gou weer reg. Na 'n dag op 'n motorfiets is jou spiere egter yskoud en stokstyf (des te meer in die winter). Jou gewrigte is op soos hulle konstant gehammer word in dieselfde posisie van stremming soos jy impak en versnelling in jou lyf absorbeer. Ek het wrintiewaar soos 'n geroeste windpomp gevoel as ek weer aan die beweeg moet kom na 'n uur of twee se sit op die fiets.
Ek het gewonder of dit dalk erger is vir 'n pillion omdat 'n mens nie rerig 'n vaste punt het om aan vas te hou nie. My uitsig op die pad is ook beperk so ek kan baie minder antisipeer. My maag en rugspiere, en kniee ook, het nogal hard gewerk om nie my kop die heeltyd teen Dickie sin te stamp nie en om 'n stabiele gewig op die fiets te wees. My sye raak moeg van die heeltyd verby sy lyf loer na die pad voor ons. En my nek is beslis nie gewoond daaraan om die massa van 'n helmet vir 'n paar dae aanneen te dra nie. Ek het nuwe respek vir al die dames wat die tipe ding al vir soveel jare saam met hulle manne doen. Dit is nie sommer net hier-jy nie.
En dit bring my by die rede vir die vroeë swig in ons voorneme om soveel as moontlik te kamp. Hier aangekom by Fonteinplaas, na twee dae se pillion-ry en 'n aand se hard en koud slaap, smag my lyf ordentlike na 'n warm bed met 'n matras. Ek oortuig vir Dickie en ons bespreek 'n luukse tent met twee enkelbeddens in.
Dit is 'n baie oulike kamp met 'n ten volle toegeruste opelug kombuis; gas geriewe en 'n lekker vuurmaakplek. Daar is ook 'n opelug stort met 'n gas geyser. Ek vat 'n baie verfrissende en blitsige lyf afspoel in die gedoente. Dit was 'n wipplank tussen yskoud en vuurwarm, maar teen die end kon ek skoon, warm voete in my motorfiets boots terugdruk. Dickie het intussen die vuur aan die gang gekry en dis nie lank nie of ons mage is vol en ons lywe lekker warm. Die blik kondensmelk maak toe ook net een koppie koffie en die res verslind ons vir poeding.
Maar helaas, toe ons die luukse tent oop zip ontdek ons die duvets is nie vreeslik dik nie en die matrasse nog dunner. Vanaand is nog nie ons aand vir sag en warm slaap nie. Ons sit die twee matrasse bo-op mekaar en slaap saam op 'n enkelbed. Ons gooi Dickie se oopgeritsde donsslaapsak ook bo-oor, net vir veiligheid. Haha, dit was nogal 'n afêre die slapery; die matrasse was breër as die bed se basis so kort-kort het een van ons grond toe gemik as ons tot op die rand van die matras rol. So gaan dit maar, nie 'n saai oomblik nie.
Maar genoeg van die klaagliedere... Na alles het ons baie lekker gebly daar.
Hier is ons kampplek toe ons die volgende oggend wakker word...