Dag 5: Nieu-Bethesda na Johannesburg
Die volgende oggend toe ons wakker word het Nieu-Bethesda verander in 'n wit sprokieswêreld. Dickie wou gaan motorfiets ry op die grondpaaie om Kompasberg, maar mense ek moet vir hom en julle almal omverskoning vra, maar ek het hom met groot moeite om my pinkie gewen om eerder 'n rustige ontbyt by die Karoo Lamb te gaan eet (weer met 'n kat op die skoot) en na die tyd eerder deur die dorp te stap en kiekies neem. Die aspirant fotograaf in my kon die versoeking nie weerstaan nie. My troefkaart was dat die paaie dalk gevries gaan wees en ons eers vir die son moet wag. En toe teen die tyd wat ons reg is om te ry, was dit te laat en moes ons net reguit N9 toe en huis toe. Ek werk weer more. Maar voor ons daarby kom eers 'n paar kiekies van die dorpie...
Plattelandse katte is rêrig vryerig in die winter...
Kyk, as hierdie 'n dorpie se publieke toilet is kan jy sonder twyfel weet dis 'n fraai plekkie...
Iemand wat spog met hulle tuin. Ek hou baie van hoe ongekunsteld Nieu-Bethesda voorkom in vergelyking met ander soortgelyke dorpies wat ons al besoek het.
Ek loop nou heeltyd met my plastieksak motorfiets boots en geskenkde K-way kouse, dis by vêrre die warmste wat ek my voete kan kry op die oomblik...
Daar was rêrig ys op die paaie, maar ek moet bieg, dit was nou nie die hele pad vol nie...
Glad nie 'n slegte plek om oud te word nie...
Toe ons weer gear aantrek ontdek Dickie ons gashere van gister by die Coldstream Club het vir hom 'n stukkie suurlemoen onder sy binnesool gebêre.
En so is dit die einde van die grondpaaie. Dickie het byna letterlik 'n traan gepik daaroor (Hy sê ek jok, hy het rêrig ‘n traan gepik daaroor). Die berge daar heel regs met die baie dik sneeu is net Oos van waar die Lootsbergpas oorgaan.
Van hier af moet ons binne die volgende twintig uur 823km ry, slaap en by die werk kom.
Laat ons waai.
12h water in Middelburg. 13h20 sjokolade en koffie in Colesberg. 17h Steers in Bloem. Ons staar soos twee zombies oor die hoenderburgers na mekaar. Wat is dit van 'n teerpad wat 'n mens se sitvlak so totaal lam en jou kop so totaal vaag maak? "Is jy nog wakker." Die ding van pillion op ‘n motorfiets is, dis net so uitputtend vir die passasier as vir die drywer. Daar’s nie rêrig iets soos dut ‘n bietjie en neem dan oor by die ryer nie. Ten minste nie vir my nie.
Ons besluit om nog so ‘n uur of wat te ry tot by Ventersburg en dan daar oor te slaap. Die slaapplek is Bundu Camp: matras, warm stort en ‘n ketel; al wat ons nodig het. More oggend val ons weer kort voor 5vm in die pad om betyds te wees vir werk.
Vir daai laaste 1h30 skree ek en Dickie vir mekaar antwoorde oor die interkom op vrae soos die om wakker te bly....
Hoe dink jy oor jou huis, is dit jou koekon of is jou deur altyd oop vir vriende en familie?
Sal jy kinders aanneem?
Hoe sal jy jou kind grootmaak as jy vermoed hulle is gay?
Wat dink jy van ‘n TV in die huis?
Skoonouers?
Oe en die strikvraag, wat dink jy is die rol van ‘n vrou in ‘n gesin?
En my groot bekommernis, wie doen die budget? Want ek vermoed as dit net van Dickie afhang gaan ons heeltyd net vakansie hou en speelgoed koop vir al die stokperdjies en die garage.
Na ‘n goeie nagrus spring ons lank voor die son weg. Hehe, min het ons geweet ons is nog nie klaar met die koue nie. Op die vlaktes tussen Kroonstad en Parys tref ons moontlik die koudste deel op die hele trip. Ons stop by die Kroonvaal Wimpy vir twee mega warmsjokolades elk, een vir tussen die hande en een vir tussen die tone.
En so kom ‘n besondere trip tot ‘n einde. Na 3747km trek Dassie weer onder die afdak in Johannesburg in. Geen groot probleme gegee nie, nooit opstroppolis gewees nie. 'n Perd so na ‘n man se hart, veral Dickie sin.
Ek is net 'n halfuur laat vir werk, en so gou soos nou is ons weer terug op ons hamsterwielietjies. Die middag toe ek in die kar klim oppad huis toe sit ek die radio aan. Martin Bester is weer besig met een van sy riller verkeer verhale. Dankie tog ek het net 15 minute se ry hier waar ek in die binnekring van die snelweë in Randburg woon en werk. My lyf vertrek huis toe en my gedagtes vertrek na 'n kaggel in 'n klein pub in 'n wit en grys karoo dorpie...
Fluit-fluit, my storie is uit.