Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Drifter said:
Kom nou Weskus , jy laai nie trokke vandag nie ...skryf, ons wag :pot:
Nee maat, onthou daar is nog vervoer'maatskappye, hier word nooit "nie" trokke gelaai nie  ;D Ek laai fotos, sal vanmiddag weer 'n stuk gooi...
 
Ons het lekker laat gelê die volgende môre, rustig die fietse gepak, opgestok op water en ons was weg.. nog baie van die driffies langs pad gekry..
IMG_2851-1.jpg

Die pad was plek-plek meer uitdagend en die manne wat hierdie paaie in stand hou gooi gate met takke toe, by hierdie spesifieke een het ek agter gery, die manne nader gehardloop om my die regte lyn te wys, klein bietjie laat... Die uit-einde lê Bob onder my bike en ek staan langsaan, video clip baie snaaks..
IMG_2843-1.jpg

Die klip gedeelte in my slogan op ons stickers het hierdie dag redelik van toepassing geword, daar was genoeg klip, vir km's..
IMG_2842-1.jpg

IMG_2839-1.jpg

IMG_0111.jpg

Die pad maak weer lekker oop, met 'n gelaaide fiets sal jy 'n groot k@k hier regkry..
IMG_0093.jpg

En so het dit vir die dag aangehou, regtig, ekt gebid vir sand..net nie klip..
IMG_0109.jpg

IMG_0111.jpg

Die swart-haak het ons maar gepiets en oop visor sonder 'n bril kon jou maklik laat met min-tot geen sig vir die res van jou lewe..
IMG_0151.jpg

IMG_0124.jpg

Die track het maar weggeraak op sekere plekke en Bob gaan soek en laat weet ons kan maar gooi..
IMG_0124.jpg

Ons het 'n vinnige lunch gevat, Bob so 4-5 sigarette gerook en ons gooi weer, nou kry ons die Cunene, Monte Negro misgery..
IMG_2859.jpg

IMG_2861.jpg

Hier kan mens sien die manne het redelik reën gehad, baie van die modder gekry deur rivierlopies..
IMG_2860.jpg

En dan ry ons weer bietjie klip..
IMG_0094.jpg

Hier het Nico 'n af gehad en die fiets het bietjie ongemaklik bo-op die ou gelê, as ek 'n foto sou wou neem sou ek op my mo&r gekry het..
IMG_0123.jpg

Die manne stop, Bob wil rook, hy gooi bietjie Nico se radiator nat..
IMG_0117.jpg

IMG_0116.jpg

IMG_0112.jpg

Dis nou een ding wat ek volgende keer saamry, 'n "wireless" om my nek, ek het gedink ek raak mal toe die Chinese musiekfabriek daar deur die bosse kom..
IMG_0120.jpg

Ons begin kampplek soek..









 
Awesome stuff - looking forward to the rest!  :thumleft:

... makes me ponder... if they can do it fully loaded on little chinese bikes with slicks on then surely I can too!  :)
 
Weskus, siende dat jy in afrikaans skryf; wys ons so nou en dan waar julle was; het 'n goeie idee maar altyd lekker om so bietjie daar met google earth rond te krap...
 
Ek wag al die hele jaar vir so 'n trip van iemand, lekker manne kan nie wag vir volgende verslag nie!
 
Bob, kom jong, doen jy ook iets en laai vir die manne 'n T4A kaart, jy wat so kort-kort opdruk oor 'n RR..
 
ThomTom said:
Weskus, siende dat jy in afrikaans skryf; wys ons so nou en dan waar julle was; het 'n goeie idee maar altyd lekker om so bietjie daar met google earth rond te krap...
Thom Tom, PM my met jou e-mail adres en ek sal die roete vir jou stuur wat ons gevolg het. Het nie al my tracks gehou nie, aangesien my memory vol was, en ek my Zumo 660 n paar dae voor ons vertrek gekry het,en  nie baie moeite gedoen het om ekstra memory vir tracks te stoor nie. Ons het egter 99% op ons roete gebly, so jy kan alles op google earth sien.
 
weskus said:
Bob, kom jong, doen jy ook iets en laai vir die manne 'n T4A kaart, jy wat so kort-kort opdruk oor 'n RR..
Jaaaaa, man. Gooi nog so n laaste stukkie RR vir die dag
 
weskus said:
Dis nou een ding wat ek volgende keer saamry, 'n "wireless" om my nek, ek het gedink ek raak mal toe die Chinese musiekfabriek daar deur die bosse kom..
IMG_0120.jpg




MY fok.  Dis BA Barakkas van die A team  :eek: :eek:
 
En hier het ons n kenmerkende Piketberg insek , let op die duidelike kalanderkuite.
 

Attachments

  • IMG_2816.jpg
    IMG_2816.jpg
    69.2 KB · Views: 1,708
Hoe moet hy nou voel Fender.
Hy't ook n binneste...............wel diep binne! :pot:
 
Hey Bob, you can attach a MapSource .gdb file to a post if you like.  It's probably the only way we'll get to do such a brilliant trip.
 
Ons maak die 'call' en slaan kamp op in hierdie rivierlopie, alte lekker, ons is lekker moeg maar dis presies hoekom ons gekom het.
IMG_0142.jpg

Ons skink iets, neem 'n paar fotos. Staaldraad gaan soek hout en met sy terugkoms verlang die ou sy vrou en kinders, hy bel voor-die f@k net voor straftyd, daar word 2 rondtes gespeel en sy Red Label maak dit nie...Die manne raak nou snoep en begin hulself straf, wyn raak nou onder die deel-grens.
IMG_0134.jpg

Nico is so bly om nog 'n 1lt Robertson rooi in sy pannier te kry, hy slinger dit hoog die lug in en besef dadelik hy't k@k. Daai grootman hardloop en duik soos Divan Serfontein van ouds maar dis tervergeefs, die boksie bars soos 'n oor-ryp waatlemoen bo-op sy tent..Ek sien die geleentheid vir 'n foto en bied hom 'n silicon pypie in my tooltube aan om die laasste 250mm te red..Ek't my klaar gelag...
IMG_0132.jpg

Op 'n kol het ek bietjie na-aan 'n boom verbygery en my 'pooratech' soft luggage het die hou gevat, my Tabard blik was leeg en hy lyk omtrent soos tannie Toitjie van 104jr oud se Datsun 120Y...Vrot van die duike..
IMG_0130.jpg

Die wyn doen sy ding en ons neem 'n spanfoto.... Die Titel sou lees "Die manne skiet wortel"
IMG_0129.jpg

Bob Marley sal enige'iets doen om besig te lyk.. Hier is die ou besig om die swarthaak se dorings met die leatherman uit te slag..
IMG_0135.jpg

Manne, so moet 'n etenstafel lyk, man-man ons is bevoorreg.. ek begin bekfluitjie speel maar word vinnig afgeraai..
IMG_0140.jpg

Ons gesels lekker en ver'lekker ons aan die Doodsakker se uitdagings.. Ons beplan om die res van die "Slow & Rough" vroeg môre klaar te maak, Iona deur te ry, water te kry en kyk of ons so na aan moontlik aan Fos teen die rivier kan slaap..
Die manne slaan tent op, my verskoning is ek is besig om kos te maak maar eks eintlik f@kken lui, drink net genoeg wyn en slaap sommer op Bobsie se "Cymot" seiltjie..
IMG_2873.jpg

Môre sal ons die besigheid gou kafdraf hoor ek daar uit een van die tente uit...
 
"Die manne skiet wortel"

:imaposer: :imaposer: :imaposer:

Druk toe jou oor BOB - hy korrel - hy korrel....  O0
 

Latest posts

Top