Nadat ons in 'n westelike rigting van die "hoofpad" gedraai het het die pret regtig begin, 'n mens moet jouself dwing om kalm te bly. Die terrein is ongelooflik, mooi sand-paadjies, net soos ek die bok-ooi se oor draai spring die afêre kort-kort die vlak vol (die clips wat ek met action'cam gevat het wys dit plek-plek mooi)
Ek en Bob soek skadu en ons wag 'n rukkie vir die ander 2 manne, daar aangekom is Abrie-Staaldraad meer moeg as Nico - na ondersoek sê die ou opdrukkerig "Dis hoekom ek my 1200 by die huis gelos het" en die ou beduie hy moes gereeld optel.
Een "af" was bietjie vinnig en Nico is redelik vol skrapnel-wonde op die knieë rond... Ons plak pleisters en drink 'n wyntjie..
By die rivier aangekom sien ek my vriend Bob Marley spring-spring deur die water soos 'n op-hitte koggelmander maar hys deur en stap dadelik terug - nou om vir my te help glo!! Die bok-ooi gee 'n blêr en loop soos stroop - Ons wag vir ons vrinne en besluit ons slaan kamp op...
Jissie man wat wil ons nou meer hê... Ons kan hare, balle en blaaie was, lekker sê ek julle....
Nou kyk, hierdie man se eetgewoontes is omtrent soos Bob se rookgewoontes, as ons stop vir kamp, eet hy nogsteeds koshuis tyd en dan in paaiemente daarvandaan aan.. Hy brou iets vir sy wurms..
Ons slaan kamp op op die rivier oewer - alte lekker, vanaand gaan ons 'n bpaar duike in daai slapvaatjie drink want die GPS verkondig dat môre glo "Slow and Rough" is.. Ons is so 23km van Monte ***** waar ons honne maats so lekker gekuier het..
Die grootmense begin met hulle dagtake... sit bietjie langs die vuur..
Ons span bietjie uit..
Jis man, die Sofie Terblanche word in 'n koel plek bewaar vir optimale bediening..
Ons gooi 'n steak'tjie op die kole en besluit vanaand sal dit op vars roosterkoek wees... Lekker Furrburger..
Elke aand word hof gehou en elke man kry 'n kans om 'n ander man te straf - mense draai maar op mekaar, maar gelukkig is die trip nog lank, ons straf 'n 2de rondte ook..
Ek grawe 'n paar bar-ones uit en Nico gee vla... Ons sit peoding ook voor!
Volgende môre kry ons dit reg om vir Staaldraad aan te sit met skottelgoed, life's good..