jangys
Race Dog
Tref-en-trap eis motorfietsryer
Jun 22 2008 08:01:50:587PM - (SA)
â??n Motorfietsryer is eergister só hard van sy fiets gestamp dat sy liggaam 60 m ver getrek het.
Die 31-jarige motorfietsryer is op die toneel dood nadat hy in die tref-en-trap-voorval betrokke was.
Voordat die voertuig weggejaag het, het hy die slagoffer se motorfiets 600 m ver op die N3-hoofweg gesleep nadat dié aan een van sy voertuig se onderdele vasgehaak het, het hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gesê.
Die polisie is op soek na ooggetuies wat kan help om die bestuurder van die voertuig op te spoor.
Volgens Minnaar het die voorval omstreeks 05:15 net voor die Marlboro-afrit gebeur.
â??Die impak was so hard dat sy (die motorfietsryer se) liggaam 60 m ver geslinger is,â? het Minnaar gesê.
Geen verdere inligting is tot dusver bekend nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om mnr. Johan van Loggerenberg, metropolisiebeampte, te skakel by 082 495 9457. â?? Leané du Plessis en Sapa