BASH 2009 : SOME FREESTATE ROUTES!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

SwannieBraai

Grey Hound
Joined
Apr 16, 2008
Messages
5,510
Reaction score
0
Location
Harties!
Bike
AJS (all models)
Ok Menere

Voorlopig weet ek van die volgende biepse wat van die FS af saamgaan.

Bethl : Hentie en Deon
Krd : TK, Hans en Zagser wat vanaf Bloem af kom en by TK dos.
Vbg: Ek en Biela
Hen: Renier
Hoopstad: Janes, Piet, Haba, Milkybar en al die aner raccoons vanaf JHB en omtrekke.

Hier is volgens my  4 potensiele roetes, daar is baie meer, maar dalk die beste om te oorweeg van hierie kant af.

1. Deon roete teer
Bethl - Winb - Bultf alles teer, dan tot op Boshoff gravel, daarvan teer via Kimberley tot bash, afstande soos volg:

Bethl - Winb - bash = 658km vir Hentie en Deon, 335km vir Bethl ouens tot op Boshoff.
Vbg - Winb - bash is 570km vir my, TK en Renier van Hennenman en ons spanlede

2. Willem roete teer
Die Bethl manne kom dan tot op Vbg, ons kap dan Virginia deur Bultft tot Boshoff, 348km vir Bethl manne, slegs 13km langer op die manier Hentie.

3. Willem roete gravel
Dis presies dieselfde as opsie 2 , ry dan net gravel vanaf Boshoff, Douglas, Niekerkshoop oor

4. Hoopstad roete
Ek raai dat julle vanaf Hoopstad sommer direk Hertzogville toe sal ry, behalwe natuurlik as julle gravel (of eerder sand, haha) vat Janes, Piet en Haba en kie ( melkie, hoe ry jy dier?)

Hoe dit ookal sy, Boshoff behoort die gemeenskaplike rendezvous punt te wees, is ek reg Janes?

Hentie praat van 5h ry op Bethl dus kan ons hul so 6h30 op Winburg kry of andersinsdan op Boshoff, Renier so 7h00  by Virginia kry en dan behoort ons  weer op Bultft te gooi so teen 8h00,  afhangende van fuel levels Ons kan dan almal mekaar van Noord en Oos kry op Boshoff so teen 9h00 tot 10h00.

Ek werk maar op gem spoed van 120 op die pad met so 100 average, die Funduro in ag genome.
Dan kan ons almal op Boshoff iets neem vir die innerlike of hoe? Is da keffies da? hehe

Op Boshoff kan ons dan maar ry soos elkeen wil of te minste 2 of 3 groepe, 'n teer groep, hooligan gravel groep (seker die katamme ne HP's wees???) en dan die besadigde "tenkskip" groep . . . hmmmm . . oh sh!t, ek al een met my vragskip, die onoortreflike . . . . drumroll . . . dada . . . GSA!!!!!!!  Sal seker maar weer pillion moet ry, ag toema, seker maar 'n pastor se werk . . . agter die (stadige) skapies en (katams) kyk . . . hehe!!

So wat se julle mede FS honne??

Email my by [email protected] vir die roetes, lyk nie of die attach funksie al werk nie!

Kaniewaggie!!!!!!!  :drif:


 
Top