Baviaans - Doring Kloof 18/19 Maart (Super Tenere's)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jakkals

Grey Hound
Joined
May 7, 2009
Messages
6,538
Reaction score
146
Location
George Western Cape
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek en BENTAP van Graaf Reinet het gesels en besluit om 'n trippie te maak na Doring kloof in Baviaans die 18/19 de Maart.

Omdat die Super Tenere ook nou al amper 'n jaar op die mark is wil ons graag soveel as moontlik Super Tenere's daar kry maar die trip is oop vir almal. Veral die nuwe ouens met die Africatwins wat nou bygekom het in die George area, vir julle sal die trip verpligtend wees.

Die trip is oop vir almal wat saam wil kom kuier maar ons moet asb getalle kry sodat BENTAP die bespreking kan doen.
Dit sal 'n kamp naweek wees en elke ou dra sy eie kostes.

Laat weet asb wie gaan saam en kom ons kyk hoeveel Super Tenere's kan ons daar kry.
 
Top