Baviaans ooskaap trip in beplanning

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Mar 26, 2012
Messages
2,888
Reaction score
1,264
Location
Oudtshoorn
Bike
AJS (all models)
Enige raad vir die baviaanskloof... wanneer is dit reen seisoen? Wil einde Desember daar deur werk.

Blyplek is gereel  in die Baviaanskloof  so die roete is gekies

Dag 1 Oudtshoorn tot by Bo-Kloof gastehuis in die Baviaanskloof

Dag 2 Bo-kloof - Patensie - Jansenville

Dag 3 Jansenville - Pearston - Cradock - Burgersdorp(het meeste van my laerskool dae daar spandeer)

Dag 4 Burgersdorp - Gariep dam - Middelburg - Graaf Reinet

Dag 5 Graaff Reinet - Willowmore - Klaarstroom - Oudtshoorn

Die roete bevat soveel grondpaaie as wat ek kan regkry.
Watse besienswaardighede is daar, of dinge om te doen of enige raad oor lekker paaie om te vat?
 
Top