BMW R1150 GS Pannier racks...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

EwaldSchmidt

Pack Dog
Joined
Apr 28, 2014
Messages
226
Reaction score
0
Location
Nylstroom
Bike
BMW R1150GS
Goeiemiddag al die Honne!

Ek beplan om saam met vriende Namibië toe te toer in die Junie vakansie. Een probleempie- vroulief gaan saam, en die standaard BMW Tourer Panniers gaan te klein wees- ons moet nog tent en matrasse en slaapsakke ook êrens pak.

Aangesien vroulief by die Spesiale Skool werk, het ek gedink om die metaalwerk onderwyser te vra om vir my 'n stel pannier rakke te bou. Sal dan besluit oor sagte panniers, moet die goed net van die exhaust afhou... daar was daardie een keer wat die sagte panniers aan my blou Roadster se uitlaatpyp geraak het en uiteindelik die hele pannier links uitgebrand het, wil nie dit weer beleef nie...

1. Het enige iemand dalk 'n stel planne hoe so 'n pannier rak vir die R1150GS lyk?
2. Geld is bietjie van 'n probleem- enige voorstelle oor goeie, bekostigbare sagte panniers/ dalk ATG sakke vasmaak met onse bagasie in?

Laat weet gerus van enige raad om meer bagasie op my fiets vas te maak?

Baie dankie julle!
 
Top