Duster
Race Dog
- Joined
- Apr 23, 2010
- Messages
- 1,398
- Reaction score
- 1
- Location
- Naboomspruit, Limpopo
- Bike
- Yamaha Super Tenere
Na baie beplanning het ek en Stoffies die pad noord gevat om Botswana, Zam en Zim bietjie te leer ken. Ons doel was om net te ry en te kyk, te geniet en 'n belewenis terug te bring, hopelik veilig! Ons het gehoor, baie warm en baie droog. Die reen begin eers November!
Nou ja, ons is veilig terug, nie dat ons wou terug nie, want ons het, behalwe vir die "shlep"by die grensposte, net plesier gehad. Almal was vriendelik en baie hulpvaardig, en ons het nerens bedreig gevoel nie.
Ons het gemiddeld 280km per dag gery, maksimum 386km, minste 87km. Totaal vir die 15 dae 4200km. Roete kortliks was Naboom, Palapye deur Groblersbrug/Martins Drift, Nata, Kazangula, oor die Zambezi na Zambië met die ferry, Livingstone, Choma, Mazabuka, Kafue, Kariba in Zim in, Harare, Nyanga Highlands, Mutare, Masvingo, Bulawayo, Plumtree terug in Bots in, Francistown, weer deur Martins Drift, terug Naboom toe.
Foto 1: Eerste fout, sommer al by die huis, haal Stoffies se inner uit (Onthou - baie warm!)
2: Ons het die voorreg om vir Lodie de Jager (bekend vir sy Naboom to Germany trip solo op sy KLR650 so 2 jaar gelede) te ken en hy het die eerste 80km saam ons gery. Dankie Lodie!
3: Daar gaat ons.
4: In Botswana
5: Tipiese gehuggies en baie droog.