Daai laaste uur vorie son sak

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
So terwyl my mince ontdooi moet ek julle gou vertel van my 60km trippie wat ek netnou met my “Little Mighty Exaar” gaan ry het.

Dit was n lang dag wat al net na 5am begin het, en na ek teruggekeer het hier rondom  17h45 vanaf my laaste afspraak vir die dag, was ek baie lus om bietjie die werksklere te verruil vir jeans, bootse, helmet, gloves en baadjie.

Die rooi fietsie is verlede week Vrydag aangeskaf, en is net gaan haal daar naby Atlantis, met ‘n 45km rit huistoe, wat hoofsaaklik op die N7 en Philadelphiapad, teen die Kaapse Dokter plaasgevind het. Vrydag het ek meer tyd in vierde rat as vyfde spandeer en baklei om die naald oos van 80km/h te probeer kry.
 
Vanaand was ‘n mooi aand en ek wou die geleentheid gebruik om bietjie die XR se bene te rek, en dalk selfs te kyk wat maak hy op grondpad.

Daar was so ‘n uur sonlig oor toe ek vertrek en gelukkig hoef ek nie eers garage toe te gaan nie, hierdie bikes het gewoonlik petrol in, want dit raak nie so gou op nie. Met een druk van die happy-button en bietjie choke kry ek my sit en ek ry stadig dat hy bietjie hitte kan opbou.

So van my woning reis ek toe uit na Old Tygervalley Road, en vandaar vat ek die pad verby Bloemendal, en oor die koppie daar by Nitida. Soos ek die bult afsak na daai lekker 90grade draai, sien ek vir die eerste keer die pragtige volstruisplaas op linkerkant, en ek besef, mens het nou ‘n slag die die tyd om te kyk daarna.
 
Onderkant Durbanville Hills draai ek regs op die Contermanskloofpad, my amptelike bike toets paadjie.

Soos jy die bult agter die quarry afsak bereik jy so ‘n skerp linkerhander. Op die GS het altyd redelik gemaklik gevoel om daai draai teen so 110km/h. Met die XR het ek nie eers gevoel ek lê teen 90 nie. Ek is beindruk, ook met die stabiliteit van die XR in dwarswinde. Ek weet nie of dit met my ‘n geval is van dat ek hom in sy moer in vassit op die pad nie, maar ek is beindruk, en ek kon ook voel hoe my skills verbeter soos die aand aangaan.

Met die toetslopies van vyf Harley Davidsons om daai draai het ek nooit die guts gehad om meer as 75 daar om te doen nie.  So hierdie XR wen daai battle, teen 10% van die prys van ‘n intreevlak Sportster.

By die kruising met Vissershok gaan ek regoor, in Adderley se rigting en ek voel asof ek sweef tussen Fair Cape se melkplase deur. Lanklaas het ek so breed gesmile. Anderkant Fair Cape begin die grondpad…
 
Nou my ervaring van grondpadry het altyd so begin met die 1150 GSA.
Die GSA se bande was gewoonlik 2.3 voor en 2.6 agter. Daarom stop mens voor die grond begin. So dit was altyd ‘n prosedure van:

Stop. Switch af. Side stand uit, klim af, stoot met al jou krag die bike regop en trek op centre stand. Gloves af, hang helmet om spieéltjie. Vryf jou tricep wat jy pas amper geskeur het.  Grawe in jou baadjiesak vir guage, druk sleutel in saalslotjie, haal seat af. Haal toolbag uit. Tel die tools en patches van die grond af op wat uit die rolsakkie uitgeval het met die oopmaakslag. Soek ‘n stokkie of skerp klippie op die grond om mee te help afblaas. Gaan kniel op een been asof jy die bike vra om te trou en verbrand jou hand teen die exhaustpyp en gebruik minstens een kragwoord.

Dan besef jy jy kannie die valvecap bykom nie, so die bike moet ‘n entjie vorentoe geskuif word.  So daar stoot jy weer vir varkie van die centre stand af, en jou een glove val van die tenk af op die grond. Skeer weer amper jou tricep, maar nou kan jy darem weer onder die exhaust inkruip om by die valve uit te kom. So as jy nou uiteindelik die valve cap af het dan druk jy jou stokkie of klippie in die valve en tel tot by 12 agter, en tot by 7 voor, en dan is albei jou tyres nou 1.8. Dan haal jy die 2-stuk skroewedraaier uit die pakkie, stort weer die puncture patches op die grond uit, en jy draai bietjie die skroefie op die agtersuspension na hard of sag, afhangend van jou behoefte, terwyl jy weereens ‘n paar kragwoorde uiter omdat die blerrie exhaust…..!!!!!!

As jy klaar is met bande en suspension sit jy die sakkie terug, sit die saal terug en dan soek jy jou bike sleutels vir die volgende twee minute, wat al die tyd in die slotjie onder die saal vassit.

Nou is jy amper gereed vir ry, want jy moet jou timing regkry om as die ABS sensor skree “eee-aaaawww” moes jy al die ABS knop gedruk het…
 
So by die tyd wat jy hierdie paragraaf klaar gelees het was ek vanmiddag al klaar grondpad gery oor Adderley en Occultdale road, en verby Klipheuwel se silo’s tot by die windlaaiers op Slent Road.

Dis my eerste keer op grondpad met so n klein fietsie, en eks nogal verbaas. Die lekkerste ding is, jy daag op by die grondpad en slek nie eers af nie. Jy staan ook nie op nie. En al is my arms elk amper ‘n meter lank, hulle is te kort om op hierdie bike te staan, want sy handlebars is so laag soos ‘n Café-racer s’n,  so ek sit maar eerder.  

Ironies,  vir my, het die bike baie meer stabiel gevoel terwyl ek gesit het as wat ek sou staan. As ek staan op hierdie BMX-met-enjin weet ek my gewig is nie reg nie, en voel alles baie onstabiel. Julle meer ervare lesers moet maar vir my adviseur of ek deur my sit tegniek, wat 103kg op die agterwiel neerforseer, besig is om my eie gat te sien.

Die spoed? Op ‘n goeie grondpad het ek al te lekker getoer op tussen 70-80km/h, en dit het gevoel of my voorwiel baie hard was, so as ek hom bietjie afblaas sal dit seker beter voel.

Ek het so lekker gery dat ek toe op die ou end, met die selfoon, slegs een keer afgeklim het vir ‘n fototjie by die windlaaiers.  Hierna het die son vinnig begin sak en al het ek geweet ek gaan donker tuiskom sou die pad stil wees, so toe ry ek sommer Occultdale Rd en Philadelphiapad om terug ook weer.

Tuisgekom met ‘n moerse bree glimlag, en nie ‘n tintel in my hande of bene van ongemak nie.

Daars groot planne en reise op die spyskaart vir hierdie XR….

Watch this space

Ek dink my mince is ontdooi…
 
Attachments

  • Image0236.jpeg
    Image0236.jpeg
    79.3 KB
Lem said:
Nou my ervaring van grondpadry het altyd so begin met die 1150 GSA.
Die GSA se bande was gewoonlik 2.3 voor en 2.6 agter. Daarom stop mens voor die grond begin. So dit was altyd ‘n prosedure van:

Stop. Switch af. Side stand uit, klim af, stoot met al jou krag die bike regop en trek op centre stand. Gloves af, hang helmet om spieéltjie. Vryf jou tricep wat jy pas amper geskeur het.  Grawe in jou baadjiesak vir guage, druk sleutel in saalslotjie, haal seat af. Haal toolbag uit. Tel die tools en patches van die grond af op wat uit die rolsakkie uitgeval het met die oopmaakslag. Soek ‘n stokkie of skerp klippie op die grond om mee te help afblaas. Gaan kniel op een been asof jy die bike vra om te trou en verbrand jou hand teen die exhaustpyp en gebruik minstens een kragwoord.

Dan besef jy jy kannie die valvecap bykom nie, so die bike moet ‘n entjie vorentoe geskuif word.   So daar stoot jy weer vir varkie van die centre stand af, en jou een glove val van die tenk af op die grond. Skeer weer amper jou tricep, maar nou kan jy darem weer onder die exhaust inkruip om by die valve uit te kom. So as jy nou uiteindelik die valve cap af het dan druk jy jou stokkie of klippie in die valve en tel tot by 12 agter, en tot by 7 voor, en dan is albei jou tyres nou 1.8. Dan haal jy die 2-stuk skroewedraaier uit die pakkie, stort weer die puncture patches op die grond uit, en jy draai bietjie die skroefie op die agtersuspension na hard of sag, afhangend van jou behoefte, terwyl jy weereens ‘n paar kragwoorde uiter omdat die blerrie exhaust…..!!!!!!

As jy klaar is met bande en suspension sit jy die sakkie terug, sit die saal terug en dan soek jy jou bike sleutels vir die volgende twee minute, wat al die tyd in die slotjie onder die saal vassit.

Nou is jy amper gereed vir ry, want jy moet jou timing regkry om as die ABS sensor skree “eee-aaaawww” moes jy al die ABS knop gedruk het…

Met 'n hanteerbare bike druk mens sommerso met die regterduim die ou fietsie oor op die sidestand en draai die wiel met die linkerhand effens om die valve by te kom. En draai sommer in net daar waar jy wil om bietjie te speel op die klein grondpaadjies... :ricky:
 
That little Scoot,.... sure has a really BIG heart :thumleft: :thumleft:

Thanks for sharing :thumleft:
 
Nice Lem

Jy beskryf die paaie presies soos ek hulle ook hier vanaf Kenridge aanvat. Dis 'n lekker paar draaie daardie

Maar meeste paaie om D'ville vat ek sommer so met die stywe tyres aan  >:D Ek is lekker luigat vir wiele afblaas en doen dit net as ek langpad grond ry.

Ek is bly jy hou van die fiets. Lekker bly maar lekker...
 
Lekker Lem! Daai is van my favorite paadjies ook. Ek kom sommer party oggende aspris laat vir werk want ek "detour" eers daarom vir bietjie sielsrus.  :ricky:
 
'n Pel van my het 'n Yamaha XTZ 125 gekoop vir R9000 met 6000km op die klok. Hy kon op plekke kom waar ons met KLRs en BMWs net van kon droom.

Kleiner bikes is heelwat meer pret as groter swaar bikes, en goedkoper om te onderhou  ;D

chrisL said:
Langman ek hoop hulle maak jou weer heel :deal:
:3some: Ek het ook raakgelees hy't 'n val gehad en toe die RR hier kom lees. Word gou gesond LEM  :thumleft:
 
Lem said:
Nou my ervaring van grondpadry het altyd so begin met die 1150 GSA.
Die GSA se bande was gewoonlik 2.3 voor en 2.6 agter. Daarom stop mens voor die grond begin. So dit was altyd ‘n prosedure van:

Stop. Switch af. Side stand uit, klim af, stoot met al jou krag die bike regop en trek op centre stand. Gloves af, hang helmet om spieéltjie. Vryf jou tricep wat jy pas amper geskeur het.  Grawe in jou baadjiesak vir guage, druk sleutel in saalslotjie, haal seat af. Haal toolbag uit. Tel die tools en patches van die grond af op wat uit die rolsakkie uitgeval het met die oopmaakslag. Soek ‘n stokkie of skerp klippie op die grond om mee te help afblaas. Gaan kniel op een been asof jy die bike vra om te trou en verbrand jou hand teen die exhaustpyp en gebruik minstens een kragwoord.

Dan besef jy jy kannie die valvecap bykom nie, so die bike moet ‘n entjie vorentoe geskuif word.   So daar stoot jy weer vir varkie van die centre stand af, en jou een glove val van die tenk af op die grond. Skeer weer amper jou tricep, maar nou kan jy darem weer onder die exhaust inkruip om by die valve uit te kom. So as jy nou uiteindelik die valve cap af het dan druk jy jou stokkie of klippie in die valve en tel tot by 12 agter, en tot by 7 voor, en dan is albei jou tyres nou 1.8. Dan haal jy die 2-stuk skroewedraaier uit die pakkie, stort weer die puncture patches op die grond uit, en jy draai bietjie die skroefie op die agtersuspension na hard of sag, afhangend van jou behoefte, terwyl jy weereens ‘n paar kragwoorde uiter omdat die blerrie exhaust…..!!!!!!

As jy klaar is met bande en suspension sit jy die sakkie terug, sit die saal terug en dan soek jy jou bike sleutels vir die volgende twee minute, wat al die tyd in die slotjie onder die saal vassit.

Nou is jy amper gereed vir ry, want jy moet jou timing regkry om as die ABS sensor skree “eee-aaaawww” moes jy al die ABS knop gedruk het…

:imaposer: :imaposer: :imaposer:
Dit is wragtig 'n "classic" beskrywing!!!

Ai man, nou moet ons vanoggend die slegte nuus hoor! Sterkte ou LEM!!! :(
 
Baie Nice Report Lem!

nou met jy net gesond word sodat ons die paadjies saam kan gaan ry. :thumleft:
 
Buks said:

:imaposer:  :laughing4:  :imaposer:  :laughing4:

Baie mooi beskrywing  :thumleft:

Word gou gesond ou Lem  :3some:
 
Top