Stilbaai Solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
ek hoop hy gespaar sal bly is as Kobus Groenewald se trekkerstoor op Droevlakte, net buite Stilbaai gaan oopmaak vir die publiek.

Jy gaan lank wag en jou pa gaan dit strak nie maak nie. :( Daai manne is te besig om die plek klaar te maak. Lui eerder vir Kobus en vra of jy jou pa in Sept kan bring. Ek glo hy sal as jy hom noem tyd is dalk min. Hy hou daarvan as die manne belangstel in sy ysters.
 
Ai my vriend net soos ek jou RR onthou, jy skryf sodat n ou nie anders as om dit saam jou te voel nie... Maater dit was n baie mooi idee wat jy gehad het om vir jou ouers te gaan kuier ek glo hulle het dit waardeer, en op n beter manier kon jy nie...
Ek het lekker saam gery, dankie vir die deel, daai bly maar n mooi stukkie wereld!

Sent from my I3312 using Tapatalk

My pa het tot met sy afsterwe in Stilbaai gebly en ek kan relate met baie in you RR - was lekker om dit te lees en die ou bekende plekke weer te sien.

Het dit geniet om hom partykeer te verras al die pad van Gauteng af - bly ek het die geleenthede gebruik om dit te doen.

    Dankie vir die deel en lekker saamry.Die soort RR's raak al skaarser op die forum.Sterkte vorentoe en kom drink n slag koffie as jy weer verbykom.
 
Baie dankie Lem.  Die storie het baie feel-good skopkrag.  :thumleft:
 
Dutchman81 said:
Ai my vriend net soos ek jou RR onthou, jy skryf sodat n ou nie anders as om dit saam jou te voel nie... Maater dit was n baie mooi idee wat jy gehad het om vir jou ouers te gaan kuier ek glo hulle het dit waardeer, en op n beter manier kon jy nie...
Ek het lekker saam gery, dankie vir die deel, daai bly maar n mooi stukkie wereld!

Sent from my I3312 using Tapatalk

Thanks Rocco  :thumleft:

Soos met jou het ook een of twee lekker oornagtrips by my al vanjaar weens gure weer of siekte deur die mat geval. Ek is dankbaar ek het hierdie keer op Stilbaai besluit. Dit is 'n plek wat soveel van ons so goed ken dat dit moeilik is om iets nuuts daarvan te deel. Vir my hou hierdie spesifieke trip na Stilbaai baie betekenis in. Ek was al honderde  kere daar en sal hierdie een altyd onthou.  :thumleft:
 
Jou storie vind aanklank by my, ook maar so soort van grootgeword. Eerlik en openlik geskryf, wat n mooi lees.

Ek kon selfs daai 1200 in die oog hou. :pot:
 
Ai ou Louis, jy moet tog meer skryf. Roer die hartsnare sommer lekker aan. Ons het dieselfde gedagte gehad. Ek het ook so bietjie van die grid af verdwyn die naweek. Mooiste paaie rondom Herbertsdale gery. Dankie vir die skryf. Het lekker saamgery!
 
Lem said:
Thanks Johan. Ek wil beslis nog daar by jou in die Sarah Baartman distrik kom verken.  :imaposer:

Dankie vir die mooi woorde. My broers was in die posisie om die huisie in die aftreeoord te kon koop, maar ek het groen koring op die land so ek kan darem uithelp met my ouers se mediese bystand binne die oord.

Ai man...ek sal enige dag boerbok vleis bo skaap verkies, want ek is mal oor die smaak. Ek weet egter net nie waar om dit te koop nie. Hier in Durbanville is vleis 'n boetiekbesigheid. Die uitgangspunt van slaghuise is om vir jou te dwing om by die huis gasheer te speel vir "dinner paarties" eerder as om te gaan uiteet. Op daai manier spaar jy darem die car guard geld en jy kannie afgetrek word vir pypie blaas nie.  :thumleft:

maar ja, as jy my kan wys in die rigting van iemand wie in die Kaap boerbokvleis wat met dieselfde etiek as jou bokke grootgemaak is sal ek dit beslis ernstig opneem  :thumleft:
Waar is dié Sarah Baartman plek waarvan jy praat Lem? :peepwall: :pot:

Maar hoor hier, ek ken 'n ou daar naby Graaff-Reinet wat bokvleis kan verskaf.  Laat weet maar as jy sy nommer wil hê. :biggrin:
 
2StrokeDan said:
Jou storie vind aanklank by my, ook maar so soort van grootgeword. Eerlik en openlik geskryf, wat n mooi lees.

Ek kon selfs daai 1200 in die oog hou. :pot:

:imaposer:

Ja nee ou Danie, daai 1200 is eintlik 'n mooi fiets, al is hy nie so mooi soos 'n 1150 nie. Selfs die topboks kon nie my entoesiasme vir die trip demp nie. Gelukkig maak die pragtige Suidkaap op vir enige geite en grille.  :deal:
 
Matewis said:
Ai ou Louis, jy moet tog meer skryf. Roer die hartsnare sommer lekker aan. Ons het dieselfde gedagte gehad. Ek het ook so bietjie van die grid af verdwyn die naweek. Mooiste paaie rondom Herbertsdale gery. Dankie vir die skryf. Het lekker saamgery!

Thanks Jaco  :thumleft:

Ja daai Herbertsdale omgewing is juis my Pa se grootwordgrond. Ek is mal oor daardie deel van die wereld. Daai mense weet van vasbyt, want die reen is maar skaars. As julle die Heuningklip Loop gery het het julle juis verby die plaas gery waar hy as 5jarige deur sy oom en tannie verder grootgemaak is.  Ek gaan hulle nog eendag ook so op my eie tempo verken.
 
Dorsland said:
Lem said:
Thanks Johan. Ek wil beslis nog daar by jou in die Sarah Baartman distrik kom verken.  :imaposer:

Dankie vir die mooi woorde. My broers was in die posisie om die huisie in die aftreeoord te kon koop, maar ek het groen koring op die land so ek kan darem uithelp met my ouers se mediese bystand binne die oord.

Ai man...ek sal enige dag boerbok vleis bo skaap verkies, want ek is mal oor die smaak. Ek weet egter net nie waar om dit te koop nie. Hier in Durbanville is vleis 'n boetiekbesigheid. Die uitgangspunt van slaghuise is om vir jou te dwing om by die huis gasheer te speel vir "dinner paarties" eerder as om te gaan uiteet. Op daai manier spaar jy darem die car guard geld en jy kannie afgetrek word vir pypie blaas nie.  :thumleft:

maar ja, as jy my kan wys in die rigting van iemand wie in die Kaap boerbokvleis wat met dieselfde etiek as jou bokke grootgemaak is sal ek dit beslis ernstig opneem  :thumleft:
Waar is dié Sarah Baartman plek waarvan jy praat Lem? :peepwall: :pot:

Maar hoor hier, ek ken 'n ou daar naby Graaff-Reinet wat bokvleis kan verskaf.  Laat weet maar as jy sy nommer wil hê. :biggrin:

Ja dis seker nie jou bokke se vleis nie, so ek is maar skepties  :lol8:. Hulle kom mos almal met hulle eie sonar album en doopseels. Jy sal dit seker nie oor jou hart kry om die pragtige diere vir wie jy saans bybelstories lees te slag nie  :peepwall:
 
Jy skryf mooi diep Lem. Laat mens opnuut besef wat meer moet saak maak in die wereld.

Dankie vir die deel.

Jou fuel gauge issue, soek dit op youtube op: 'R1200RT R1200GS Fuel sensor film type error "zapping' repair.' quick and easy
 
Louis my ou maat, weereens n fees om te lees, skrywer, digter, denker, filosoof, dis tyd jy begin jou boek/e skryf broer!
Seen en sterkte vir jou ouers en julle kwaggas vorentoe!
 
Dankie vir die heerlike rr en fotos Len dit was so  mooi geskryf met al die ou herhinneringe. Ek verlang nou so terug na my ouers want voor mens  weet is hulle tydjie op aarde verby. Dis baie spesiaal dat jy viir hulle n vleisie gaan braai het en sommer n heerlike ry rit daarby in gewerk het.
 
Man from Nam said:

Baie dankie vir die gawe woorde.  :thumleft:

Dit was nou wel nie 'n T-bone nie, maar ek het met hulle gepraat oor steak volgende keer. My pa se porsie sizes vir vleis in sy bord is deesdae maar klein, maar ek sal dan vir hom 'n ladies rump of so iets braai  :lol8: of 'n fillet opsny in wiele.  :thumleft:
 
Wat 'n lekker Ride Report, en mooi foto's !  :thumleft:
 
Ai wat 'n mooi storie.
Het my sommer weer laat dink aan my ou moeder en my laaste besoek aan haar.
Ek was mos Marion Eiland toe vir die jaar 2006 / 2007.
My moeder was 'n verskriklike sterk vrou wat moes uitspring toe my vader oorlede is aan longkanker toe ek 9 was.
Maar soos dit gaan moet ons almal maar die LAASTE pad stap.
In haar laaste jare was sy aan die bed gekluister en ook aan Alzheimer's gelei.
Toe die skip terugkom van die eiland af het ons besluit om af te ry Ramsgate toe en vir haar te gaan kuier.
Maar dit sou eers oor 3 weke gebeur as die skoolvakansie daar is.
Die Maandag oggend se ek vir my vrou...Ek gaan NOU vir my ma kuier....ons kan ander keer as familie weer saam gaam.
Net daar spring ek op die bike en ry af Ramsgate toe.
Daar het my hard sommer verskriklik seer gekry om die eens sterk vrou so in die bed te sien le.  Ergste is dat sy jou nie eers herken nie.
Maar ons het daar deur geworstel en 'n lekker kuier gehad.
Woensdag het ek weer pad gevat huis toe.......en daai Vrydag is sy oorlede.
Moenie uitstel as jy DAAI gevoel kry nie. :'(

Hoop jy sal jou ouers nog 'n paar keer kan besoek.
 
Ai Dankie vir die lekker lees RR Lem. Ons het vir 12 jaar die Spar op Stilbaai gehad so ek ken omtrent al die grondpaaie ( is eintlik teerpaaie met gruis op as jy dit vergelyk met Namibia se grond/sand paaie deesdae) rondom Stilbaai en omgewing. het baie saam met Francois en Chris gery. Verlang nou erg na daai wereld. Beste DS ryplek in SA.
 
dankie vir die deel Lem, so 'n mooi storie  :thumleft:
 
Top