So ry ons na Rietbron en so soek ek n plekkie vir ontbyt ons almal lekker dun om die middel lyf, kyk altyd uit vir n spot met n scenery.
Ons trek af en nuttig gestraand se orige steak, smeer kaas, beskuit, wors, snack biscuits, rooster brood en spoel dit af met n fiter koffie'tjie.
Daarna stoot ons aan deur Rietbron na die N9, ek't n soet tand en lus n stukkie koek. Die plan was om Willowmore in te ry en daar iets te kry om dan teerpad huis toe te sleep. By die N9 stel Bennie voor ons ry Oppi Vlak Padstal toe vir n soet dingetjie en ry eerder meer grondpad want hy slaan knoppe uit van teerpad ry.
By Oppi Vlak Padstal drink ons weer n koffie'tjie en eet 2 snye van hul tuisgemaakte melktert, gee dit defnitief n try.
Daarna vat ons die stofpad na Miller stasie via Klipplaat, Baroe, Wolwefontein R75 huis toe.
Ek en Oom Boetie groet vir Bennie by die Kirkwood afdraai waar hy nog n uur se ry oor het, ek ry by 16:00 die stoor binne 430 km vir die dag en battery gelaai vir die week se uitdaagings. Totale kilos van die trippy 1140 km.
Dankie Oom Boetie en Bennie staatmaker vir n awesome trippy.