Footpeg Diaries

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Nog 'n lekker episode. Ek weet net nie hoekom julle vir Dewald so sensor nie, hy praat die Weskus taal dan so mooi!!:D:D:D :ROFLMAO:
Ek het n paar keer gekyk of sy lippe n p of k vorm na die klapper afgegaan het, lyk na p vir my dus het hy verkaaps anders sou dit normaalweg n k gewees het!!! 😜 :p
 
Lekker om Rickus weer te sien - my groete, ek ja, ek weet ek skuld n besoek.... ;)
En ou John, tjeers vor jpu ook.... mens kan sien jy het ook n goeie lewe - of laat ek so se, duidelik beter as toe jy by die WARR was 😋
Ja nee kyk ons lei nie honger nie!!!! Maar ek is darem nou heelwat ligter tenminste 500gram so daai Klavier van my sal hoëgerer vlieg oor die duine.

Wat julle nou in episode 50 sien was verseker vet pret ry area. My bike wat begin brand het was nie so lekker nie!!!! Maar gelukkig wa shy nie beskadig nie.

Ter interesantheid my 2021 T7 se CAT sit onder teen die sumpgaurd en na die trip praat ek met Zac by Shimwells en hy vertel my dit is ou probleem van die pre 2022 T7 's dat hulle vuur aansteek teen die CAT. My bike is nou CAT free en hopenlik brand bestand.

@Hollywood dit vat die arem mense nou al 7 maande om al ons kru taal uit te sny en steeds lyk dit nie soos 'n 1990's Duitse oorgetaalde polisie storie nie.
 
Top