Going to the Tankwa is very expensive

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dorsland said:
Jy moet nou 'n fred beginne van hoe daai seun van joune met se nuwe fiets leer en vorder. Kan my net indink hoe opgewonde die lat moet wees.

Ek hoor nou weer n gebrom-brom hier in die agterplaas. Hy is weer aan die gang.

Ek het hom gister seker n uur lank geleer van clutch control. Het hom duidelik vertel dat enige bobbejaan n throttle kan draai, maar dat ware beheer gaan oor hoe stadig jy kan ry, nie hoe vinnig nie. Het hom laat stop-start teen opdraendes op in die tuin, oor en oor tot hy dit reggekry het.
Toe leer slow turn. Clutch control, oor en oor.
Het hom geleer dat jy die bike nie met jou moet laat weghol of spring nie.

Ons agterplaas grens aan n park en die kerk se parkeerterrein, so daar is lekker baie (onwettige) plek vir hom om te oefen.


 
En die ander twee terroriste wat sê hulle van die bike kopery of stel hulle nie belang in twee wiele?
 
Neil, die oudste, is nie so opgemaak oor bikes nie. Hy ry fiets en doen baie sport. Aard na mamma.
Maar ek dink Cilliè (5) gaan ook sy pappa se jeuk erf vir goed wat raas en rondry.



 
Dis nou n mooi RR, kort en kragtig met mooi fotos en n mooier storie.
Baie geluk aan die jongman met sy nuwe wiele!!
 
Nou vir die eerste 2 dag toer saam met pa. Gaan los bakkie in Laingsburg en ry MoordenaarsKaroo deur Sutherland toe en slaap daar oor. Volgende dag Rammelkop af Merweville toe en dan Koupstasie toe. Steek die bike weg net voor die N1 glip gou Laingsburg toe met die 950 kom terug met die bakkie laai Honda en terug huistoe op die N1. Dan kan jy Cillie pillion. :thumleft:
 
Lekker, ek kry so warm gevoel wanneer ek goed soos hierdie lees en weet sommer jou kinders is baie gelukkig om ‘n pa soos jy te hê!
 
:thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: 

What a lekker report
 
Lekker RR! Dit is wonderlik om n belangstelling in motorfietse met jou seun te kan deel en dan sulkke pa-seun trippies te kan doen.[emoji1690]

Sent from my SM-G780G using Tapatalk

 
Thanks for sharing. The young man will have wonderful memories and a few stories.  :thumleft:
 
Dankie manne.

 
Baie nice RR Kaboef. Hoop die jong man geniet die rooi gevaarte.

PS : Ek sien die Hoenner supervise net , hy maak nie self pap wiele reg nie.:

index.php
 
LouisXander said:
Fark Kaboef, daai highlights is besig om oor te vat!!! [emoji28][emoji23][emoji1787]

As Richard Gere kon grys en sexy wees, dan kan ek dit seker ook probeer. Behalwe die sexy deel.


Hando, ja
Cocky het raad gegee, en Heddles en Rommel het die werk gedoen. Mens kan mos nie drie man aan n pap wiel werk nie.
:laughing7:
 
Nou kyk nou hoe mooi het dit uitgewerk - as ek nie op vakansie weg was nie het jou laaitie nie nou al sy bike gehad nie.
Dis n mooi ding wat julle saam gedoen het  :thumleft:
Ons reel binnekort weer n trippie
 
MildlyWild said:
Nou kyk nou hoe mooi het dit uitgewerk - as ek nie op vakansie weg was nie het jou laaitie nie nou al sy bike gehad nie.
Dis n mooi ding wat julle saam gedoen het  :thumleft:
Ons reel binnekort weer n trippie

Inderdaad!!

Aldo moet vir jou dankie se dat jy nie beskikbaar was nie.
:biggrin:
 
Leeker Kaboef, jy maak hom mooi groot, hy sal die Trip nooit vergeet nie. :thumleft:
 
Dankie vir die mooi skrywe en die oulike foto's.

Rael en Michelle is fantastiese mense. Rael kom gooi altyd 'n oog oor my DR as ek daar oorstop.

Jy is baie reg oor hoe duur 'n Tankwa besoek kan wees: ek en my niggie is vir Nuwejaar na Tankwa Tented Camp toe in die cage. Ek het 2 pap bande op pad soontoe gekry, en een op pad terug. En gaan "getmehome" is my band grootte nie.

Darem het julle duur storie 'n baie gelukkiger einde - ek hoop Aldo ry nog baie lank en baie lekker op daardie motorfietsie :ricky:
 
Top